Jou toekoms—Wie kan dit voorspel?
DIT is maklik om die toekoms te probeer voorspel. Dit is nie so maklik om dit akkuraat te doen nie. Voorspellings wat nie uitkom nie, is geheel en al nutteloos, soos die bygaande voorbeelde duidelik toon.
Die mens probeer al van vergange se dae af om uit te vind wat die toekoms inhou. Selfs vandag wil die meeste van ons graag weet wat môre gaan gebeur. Hierdie soeke na kennis oor toekomstige gebeurtenisse het daartoe gelei dat die mens ’n magdom van metodes op die proef stel. Die menslike liggaam is byvoorbeeld al ondersoek vir leidrade in gelaatstrekke, kontoere van die skedel en lyne op die handpalm. Die mens het al diere bestudeer—die bewegings van muise of slange, die vlug van voëls, selfs die manier waarop ’n hoenderhaan koringkorrels van die grond af oppik. Party het voorwerpe gebruik soos kristalballe, speelkaarte, dobbelstene, teeblare of koffiemoer. Daar is soveel tegnieke as wat daar mense, gebruike en tydperke is, maar die resultate is altyd dieselfde: mislukking.
Maar daar is Iemand wat die toekoms akkuraat kan voorspel. Wie? Jehovah God. Jehovah is uitsonderlik omdat hy ‘van die begin af die einde verkondig’. Selfs al het gebeurtenisse nog nie heeltemal afgeloop nie, kan God voorspel wat die klimaks sal wees. Ja, Jehovah kan die toekoms, nie net ’n paar dae nie, maar eeue voor die tyd, voor die mens se oë laat ontvou!—Jesaja 46:10.
Die soeke na kennis oor die toekoms hoef dus nie vergeefs te wees nie. God se Woord, die Bybel, het die belangrikste aspekte vir ons geskets. Wat presies is die vooruitsigte wat dit vir die mensdom voorhou?
[Prente op bladsy 3]
“Swaarder-as-lug-vliegmasjiene is onmoontlik.”—Lord Kelvin, Britse wiskundige, fisikus en President van die Britse Koninklike Vereniging, c. 1895.a
[Voetnote]
a Hierdie aanhalings kom uit die boek The Experts Speak, deur Christopher Cerf en Victor Navasky.
“As ons wil begin om die lewe te probeer verstaan soos dit in 1960 sal wees, moet ons allereers besef dat voedsel, klere en onderdak net so min soos lug sal kos.”—John Langdon-Davies, Britse joernalis en lid van die Koninklike Antropologiese Instituut, 1936.
“Dit is die onnoselste ding wat ons nog gedoen het Die bom sal nooit ontplof nie en ek praat as ’n plofstofdeskundige.”—Admiraal William Leahy, wat die Amerikaanse President Harry Truman geadviseer het oor die Amerikaanse atoombomprojek, 1945.
[Erkenning]
U.S. National Archives