Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 6/1 bl. 27
  • Baan die grootpad na die Paradys

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Baan die grootpad na die Paradys
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sendelinge se gesindheid​—die sleutel tot sukses
  • ’n Nuwe tuiste vir die Gilead-Sendingskool
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Gileadgegradueerdes begin ’n lonende leefwyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Gileadskool—Floreer nog ná 50 jaar!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Gileadgegradueerdes aanvaar die gawe van sendingdiens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 6/1 bl. 27

Baan die grootpad na die Paradys

OP ’N helder, koel dag in Maart in New Jersey het sowat 4 300 by die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in die stad Jersey bymekaargekom. Hulle het van dwarsoor die Verenigde State sowel as van talle ander lande gekom. Hierdie spesiale vergadering was die gevolg van gebeure wat 43 jaar gelede plaasgevind het toe ’n spesiale opleidingskool vir sendelinge opgerig is onder die leiding van die destydse President van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap, Nathan H. Knorr.

Hierdie vergadering in Maart was die gradeplegtigheid van die 80ste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead. Maar wat het so ’n skare die gradeplegtigheid laat bywoon? Dit was die verwagte gehalte van die program.

Sendelinge se gesindheid​—die sleutel tot sukses

Die voorsitter vir die program was Karl Klein, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies. Hy het die eerste spreker, ’n voormalige sendeling in Japan, Lloyd Barry, wat nou ’n lid van die Bestuursliggaam is, voorgestel en hy het oor die tema “Voeg werke by julle geloof” gepraat. Hy het gemaan: ‘Na vyf maande van intensiewe Gilead-opleiding is julle liefde en geloof ongetwyfeld baie sterk. Nou moet julle, wanneer julle na julle toewysings vertrek, werke daarby voeg’ (Jakobus 2:22, 23). Hy het gesê dat hulle, soos Jehovah, “vroeg” moet opstaan en ’n vol dag in sy diens moet benut.​—Jeremia 7:25.

Daniel Sydlik, nog ’n lid van die Bestuursliggaam, het aanmoedigende raad gegee oor “Jy kan ’n regte gesindheid aankweek”. In enige situasie, het hy gesê, kan jy òf ’n positiewe òf ’n negatiewe gesindheid aanneem. Hy het sy kommentare op Maleagi 3:15, 16 gebaseer en getoon hoe maklik dit is om in ’n nuwe land foute te vind. “Moenie gou fout vind nie”, het hy voorts gesê. “Openbaar ’n vreugdevolle gesindheid wat God se seën sal meebring.”

Ander sprekers, onder andere Ulysses Glass, die skool se registrateur, het nadruk gelê op die nodigheid vir volharding, bevrediging en moed. Jack Redford, ’n voormalige sendeling en een van die skoolinstrukteurs, het praktiese raad gegee oor hoe om onbevooroordeeld te bly. Onthou, het hy gesê, dat “verstandige mense van gedagte verander, dwase nooit nie!” Hy het die nuwe sendelinge dus aangeraai om aanpasbaar te wees soos die apostel Paulus, wat selfs plaaslike digters kon aanhaal (Handelinge 17:28). “Bloei waar julle geplant word. . . . Bly onbevooroordeeld”, het hy afgesluit.

Die vernaamste toespraak van die gradeplegtigheid is gehou deur die President van die Wagtoringgenootskap, Frederick W. Franz, nou 92 jaar oud. Onder die tema “Baan nou ’n grootpad terug na die Paradys op aarde” het hy herinneringe opgehaal oor die stigting van die Gileadskool, “’n oorlogsbaba en ’n geloofskind” wat te midde van die Tweede Wêreldoorlog begin het. Hy het Jesaja 62:10 as sy temateks gebruik en getoon hoe hierdie nuwe sendelinge sou deelneem aan hierdie groot werk om ’n breë, stewige grootpad te bou waarop nuwelinge in ware aanbidding op pad na die herstelde Paradys kan wandel. Die oggendprogram is afgesluit met die oorhandiging van diplomas aan die 24 gegradueerdes.

Gedurende die middagsessie het die gegradueerdes ’n vermaaklike hersiening gelewer van dinge wat hulle by die skool geleer het, sowel as ’n voorskouing van uitdagings waarvoor hulle te staan sou kom. Die program is afgesluit met ’n Bybeldrama in volle toneeldrag wat lewend uitgebeeld het hoe Ragab, en later die Gibeoniete, geloof getoon het wat tot redding gelei het.​—Josua, hoofstukke 2 tot 6 en 9.

Met inbegrip van die 24 gegradueerdes van hierdie 80ste klas van die Gileadskool is altesaam 6 234 sendelinge dwarsoor die wêreld uitgestuur om die leiding te gee in die predikingswerk ter vervulling van Mattheüs 24:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel