Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 11/1 bl. 2-3
  • Sal daar altyd oorloë wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal daar altyd oorloë wees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Straaltjies van hoop
  • Die oorlog om ’n einde aan orloë te maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Is oorloë onvermydelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die einde van alle oorloë—Is dit moontlik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • ‘Hy laat die oorloë ophou’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 11/1 bl. 2-3

Sal daar altyd oorloë wees?

OP 1 JULIE 1916 het die Eerste Slag van die Somme in die aangename landboustreek Pikardie in Noord-Frankryk begin. Na hewige artilleriebombardemente en lugaanvalle het die Britse en die Franse leërs ’n aanval begin in die hoop dat hulle ’n beslissende deurbraak deur die ingegraafde Duitse linies aan die oorkant sou maak. Maar daar was geen deurbraak nie. In plaas daarvan het 20 000 Britse soldate op die eerste dag gesneuwel. Terwyl die weke voortgesleep het, het die slag voortgeduur sonder dat daar ’n deurbraak was. In Oktober het stortreëns die slagveld in ’n moddersee verander. Teen middel-November het die Geallieerdes ’n skrale agt kilometer gevorder. Intussen het 450 000 Duitsers, 200 000 Franse en 420 000 Britte gesneuwel. Meer as ’n miljoen soldate, waarvan die meeste jong manne was, het in daardie slag omgekom!

Dit was maar net een episode in die Eerste Wêreldoorlog. En die Eerste Wêreldoorlog was net een—hoewel die ergste tot op daardie tydstip—van die ontelbare oorloë wat deur die geskiedenis heen gevoer is. Wat ’n sinlose uitwissing van menselewe!

Waarom hou mense aan om mekaar so dood te maak? Daar is talle faktore hierby betrokke, waaronder selfsug, ambisie, hebsug, asook ’n begeerte na mag en prestige. ’n Ander oorsaak van oorlog is nasionalisme. Trouens, oorlog weerspieël die akkuraatheid van die opmerking oor die mensegeskiedenis wat in die Bybel gevind word: “Die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.”—Prediker 8:9.

Ook godsdiens het dikwels oorlog aangestook. Die kruistogte van die Middeleeue is deur godsdienstige nasies om ’n sogenaamd godsdienstige rede gevoer: om Palestina vir die Christendom terug te win. In beide wêreldoorloë van hierdie eeu het geestelikes van verskillende kerkverbande probeer om die godsdiensgevoelens van die soldate in te span ten einde hulle gewilliger te maak om hulle godsdiensgenote aan die ander kant dood te maak. En in sommige van die konflikte wat nou woed, speel godsdiens ’n groot rol.

Straaltjies van hoop

Is daar enige hoop dat oorloë eendag sal ophou? Ja, daar is. Jesus Christus word die “Vredevors” genoem. Toe hy aarde toe gekom het, het hy hierdie naam hooggehou en mense geleer om hulle naaste soos hulself lief te he. Hy het selfs vir hulle gesê om hulle vyande lief te hê (Jesaja 9:5; Mattheüs 5:44; 22:39). Gevolglik het diegene wat in die eerste eeu op sy leringe ag geslaan het ’n vreedsame, internasionale broederskap geword. Dit was vir hulle ondenkbaar om teen mekaar oorlog te voer. Maar ongelukkig is die suiwer geloof van hierdie eertydse Christene later besoedel. Die kerke het hulle mettertyd met die politiek bemoei, en hulle hande het bevlek geword met bloed van die oorloë van die nasies.

Die wind van verandering het veel later oor Europa begin waai. Dit het gelyk asof die mensdom moeg begin word het vir voortdurende oorlogvoering. In 1899 en weer in 1907 is internasionale konferensies in Den Haag, Nederland, gehou. By die konferensie van 1899 is ’n ooreenkoms aangegaan vir die “Pasifieke [vreedsame] Skikking van Internasionale Geskille”. Met die koms van die 20ste eeu het talle dus gehoop dat die wêreld geleidelik sy neiging tot oorlogvoering sal ontgroei. Sulke verwagtinge is egter verydel deur die skote van die Eerste Wêreldoorlog. Het dit beteken dat die mens se hoop op vrede nooit vervul sal word nie?

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Voorblad: Oorgeteken van Franklin booth se kunsvakwerk

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel