Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 11/15 bl. 7
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Navolgenswaardig
  • ’n Kroon des aanstoots
  • Goud—die geheimsinnige bekoring daarvan
    Ontwaak!—1998
  • Die blywende aantrekkingskrag van goud
    Ontwaak!—2005
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soek na iets wat baie beter is as goud
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 11/15 bl. 7

Insig in die nuus

Navolgenswaardig

’n Brief wat onlangs in die New Haven Register, ’n koerant van Connecticut, gepubliseer is, het ’n paar objektiewe waarnemings oor die byeenkomste van Jehovah se Getuies bevat. Die brief, wat aan die redakteur gerig was, het gesê: “Jehovah se Getuies het pas hulle jaarlikse konferensies in die Coliseum gehou. Nie een van die ander groepe wat dit gebruik, is so welkom of gewild soos hulle nie. Die Coliseum sal nooit so skoon wees, voor hulle byeenkom, of so netjies wees, wanneer hulle huis toe gaan, soos dit sedert hulle laaste besoek was nie.”

Die skrywer van die brief het ook melding gemaak van ’n byeenkoms wat die Getuies ’n paar jaar gelede gehou het en bygevoeg dat “75 000 Getuies in die Yankee-stadion byeengekom het, met nog 20 000 wat met behulp van luidsprekers buite geluister het, tydens ’n aanbiddingsfees wat New York dronkgeslaan het. Tweehonderd polisiemanne is die eerste dag daarheen gestuur, die gewone aantal vir so ’n skare. Net twee is die daaropvolgende dae gestuur om met die verkeer te help. Die stad New York het higiëniste, spyseniers en polisie- en brandweerbeamptes daarheen gestuur om hierdie ongelooflik doeltreffende organisasie te bestudeer en daarby te leer. Nie ’n enkele kosspatseltjie of papiertjie kon gesien word toe hulle daar weg is nie, al het hulle hul lidmate van kos voorsien. Hetsy jy ’n ander vorm van teologiese mistiek aanhang of hulle almal verwerp, . . . kan jy nie anders as om bewondering te hê vir hulle toegewydheid, hulle goeie inbors, hulle uitstekende voorbeeld van goeie gedrag en ’n heilsame leefwyse nie. Ons almal kan gerus die wonderlike eienskappe wat hierdie nederige en toegewyde mense aan die dag lê, nadoen en uitlewe.”

Hoewel talle die gedrag van Jehovah se Getuies as buitengewoon beskou, weet die Getuies dat ware Christene ‘deur die gees moet lewe’ en ‘ordelik deur die gees moet wandel’. Dit is God se gees wat die vrugte “liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing” in hulle voortbring. Sulke eienskappe is inderdaad navolgenswaardig.—Galasiërs 5:22, 25, vgl. NW.

’n Kroon des aanstoots

Honderde inwoners van Malaga, Spanje, het bygedra tot ’n openbare kollekte om ’n swierige goue kroon vir die gewilde plaaslike maagd, “Onse Liewe Vrou van Hoop”, te laat maak. “Een gram goud vir die [maagd]” was die slagspreuk wat twee jaar gelede gesmee is om bydraes te werf. Sedertdien is oorbelle, medaljes, trouringe en selfs goue tande geskenk. Hierdie voorwerpe is tot 1,5 kilogram suiwer goud versmelt, genoeg om ’n kroon van soliede goud vir die beeld te maak.

In Junie 1988 is “Onse Liewe Vrou van Hoop” gekroon tydens ’n plegtige seremonie, waaroor die pouslike gesant en etlike prominente biskoppe in Spanje toesig gehad het. ’n Klomp Katolieke het egter ernstige bedenkinge teen hierdie kroning gehad. Die Spaanse koerant El País berig dat ongeveer 20 seminariste in ’n ope brief gevra het: “Is ons nie nog steeds ’n skandalige struikelblok vir gelowiges en ongelowiges met ons holle ritusse nie?” Ander Katolieke groepe het die aandag gevestig op ’n onlangse pouslike ensikliek wat die gelowiges aangemoedig het om “hulle rykdomme aan die armes te gee”. Met die oog hierop het hierdie Katolieke hulle “onveranderlike gewetensbeswaar ten opsigte van die geadverteerde, weelderige seremonie” en die “duur kroon” uitgespreek.

Dit is nouliks verbasend dat opregte mense besware het teen die versiering van ’n lewelose beeld. God self voel ook so. Eeue gelede het hy die Israeliete vir presies dieselfde gebruik gestraf. Jehovah het by monde van sy profeet Esegiël gesê: “Hulle was so trots op hulle versiersels, so ingenome daarmee, dat hulle daarvan vir hulle gode gemaak het, afskuwelike, walglike goed” (Esegiël 7:20, NAV). Om hierdie rede slaan liefhebbers van waarheid wyslik ag op die Bybel se tydige raad om te “vlug vir die afgodediens”.—1 Korinthiërs 10:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel