Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 1/15 bl. 8-9
  • Op soek na die verlorenes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Op soek na die verlorenes
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Op soek na dié wat verlore is
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Verheug oor die sondaar wat berou toon
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Sal jy God se barmhartigheid navolg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • “Leer by my”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 1/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Op soek na die verlorenes

JESUS soek ywerig na diegene wat God nederig sal dien. Daarom praat hy met almal, onder andere berugte sondaars, oor die Koninkryk. Sulke persone kom nou nader om na hom te luister.

Die Fariseërs en skrifgeleerdes sien dit en kritiseer Jesus omdat hy met mense omgaan wat in hulle oë onwaardig is. Hulle mompel: “Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.” Dit is ver benede hulle waardigheid! Die Fariseërs en skrifgeleerdes behandel die gewone mense soos grond onder hulle voete. Trouens, hulle het die Hebreeuse uitdrukking ‛am ha·’aʹrets, “mense van die aarde [land]”, gebruik om te toon hoe hulle sulke mense verag.

Jesus daarenteen behandel almal met waardigheid, goedhartigheid en medelye. Gevolglik is baie van hierdie geringes, onder andere persone wat oral daarvoor bekend is dat hulle verkeerde dinge beoefen, gretig om na hom te luister. Maar wat van die Fariseërs se kritiek teen Jesus omdat hy diegene probeer help wat in hulle oë onwaardig is?

Jesus antwoord op hulle beswaar deur ’n gelykenis te gebruik. Hy praat vanuit die Fariseërs se eie oogpunt, naamlik dat hulle regverdig en veilig in God se stal is, terwyl die veragtelike ‛am ha·’aʹrets die weg byster geraak het en in ’n verlore toestand is. Luister na wat hy sê:

“Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die negen-en-negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers. En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.”

Jesus toon dan wat die toepassing van sy verhaal is deur te verduidelik: “Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.”

Die Fariseërs beskou hulleself as regverdig en meen dus dat hulle hul nie hoef te bekeer nie. Toe party van hulle Jesus ’n paar jaar tevore gekritiseer het omdat hy saam met tollenaars en sondaars geëet het, het hy vir hulle gesê: “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” Die eiegeregtige Fariseërs, wat nie besef dat hulle hul moet bekeer nie, veroorsaak geen blydskap in die hemel nie. Maar waarlik berouvolle sondaars doen dit wel.

Jesus wil die gedagte beklemtoon dat die herstel van verlore sondaars rede tot groot vreugde is en vertel dus nog ’n gelykenis. Hy sê: “Watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.”

Jesus pas dit op soortgelyke wyse toe en sê: “So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

Hoe merkwaardig is hierdie liefdevolle besorgdheid van God se engele oor die herstel van verlore sondaars tog! Dit is besonder merkwaardig aangesien hierdie eens geringe, veragte ‛am ha·’aʹrets uiteindelik in aanmerking kom vir’n posisie in God se hemelse Koninkryk. Gevolglik verkry hulle ’n posisie in die hemel wat hoër is as dié van die engele self! Maar pleks van jaloers of gekrenk te voel, erken die engele nederig die feit dat hierdie sondige mense lewensituasies beleef en oorkom het wat hulle in staat sal stel om as simpatieke en genadige hemelse konings en priesters te dien. Lukas 15:1-10; Mattheüs 9:13; 1 Korinthiërs 6:2, 3; Openbaring 20:6.

◆ Waarom gaan Jesus met mense om wat as sondaars bekendstaan, en watter kritiek lok dit van die Fariseërs uit?

◆ Hoe beskou die Fariseërs die gewone mense?

◆ Watter gelykenisse gebruik Jesus, en wat kan ons daaruit leër?

◆ Waarom is die engele se blydskap merkwaardig?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel