Godsdiens en Nazisme
“Hitler . . . het ’n Katolieke vise-kanselier gehad, en Franz von Papen het van feitlik die eerste dag van die bewind af die reklamemaker geword om Katolieke faksies oor te haal om die nuwe Ryk te steun. In elke deel van die Ryk kon daar gehoor word hoe Von Papen die gelowiges tot blindelingse gehoorsaamheid aan Adolf Hitler aanspoor.”
“Vroeg in 1933 is die volgende amptelike aankondiging gedoen deur die regspersoon van Katolieke aksie en denke in Duitsland, wat toe deur [Franz] von Papen gelei is: ‘Ons, Duitse Katolieke, sal Adolf Hitler en sy Regering met ons hele wese en volle oortuiging steun. Ons verwonder ons oor sy vaderlandsliefde, sy energie en sy wysheid as staatsman. . . . Duitse Katolisisme . . . moet aktief betrokke wees by die opbou van die Derde Ryk.’”
Franz von Papen was behulpsaam met die bekragtiging van ’n konkordaat tussen die Nazi-regering, wat hy in Duitsland gedien het, en die Vatikaan in Rome. Die konkordaat is op 20 Julie 1933 onderteken. ’n Spesiale communiqué het gesê: “Kardinaal en minister van buitelandse sake Pacelli [later pous Pius XII] het vandag die Grootkruis van die Orde van Pius aan vise-kanselier Von Papen toegeken . . . vise-kanselier Von Papen het die Kardinaal en Minister van Buitelandse Sake ’n Madonna van wit Meissenporselein as ’n geskenk van die Ryksregering aangebied. . . . Op al die geskenke was die inskripsie: ‘’n Aandenking aan die Rykskonkordaat 1933.’”—Alle aanhalings is geneem uit Franz von Papen—His Life and Times, deur H. W. Blood-Ryan.