Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 3/15 bl. 30
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Selfsugtige motief
  • Loteryverloorders
  • Loterye—Wie wen? Wie verloor?
    Ontwaak!—1991
  • Loterye—Waarom so gewild?
    Ontwaak!—1991
  • Wat is daarmee verkeerd om te dobbel?
    Ontwaak!—2002
  • Nuwe dobbelaars—Jongmense!
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 3/15 bl. 30

Insig in die nuus

Selfsugtige motief

Kort nadat Nazi-leier Adolf Hitler in 1933 aan bewind gekom het, het hy ’n konkordaat met die Katolieke Kerk aangegaan. Hierdie konkordaat het Hitler die reg gegee om die nominasie van Duitse biskoppe te veto en in ruil daarvoor het die kerk sekere voorregte ontvang. Maar watter party sou die meeste hieruit voordeel trek? ’n Nuwe Franse Katolieke ensiklopedie verskaf ’n reguit antwoord op hierdie vraag.

“Pous Pius XI het dit self . . . as absoluut noodsaaklik beskou om die beveiliging van die Duitse kerk deur middel van ’n konkordaat te verseker. Onderhandelinge hieroor het tussen April en Julie 1933 plaasgevind. Hoewel hierdie konkordaat formeel in die Katolieke Kerk se guns was, was dit eintlik vir Hitler ’n oorwinning, aangesien dit erkenning verleen het aan sy regime. En omdat Hitler dit voortdurend verbreek het, is die pous daarvan beskuldig dat hy Katolieke gewetens gesus en die biskoppe weerloos gemaak het deur ’n dwase ooreenkoms aan te gaan.”

Vandag word die Katolieke Kerk, veral in Frankyk en Duitsland, openlik gekritiseer vir sy hiërargie se kompromisse gedurende die Nazi-regime. Hierdie probleme ontstaan wanneer kerkleiers nie ag slaan op die woorde en voorbeeld van Jesus Christus nie, wat van sy ware volgelinge gesê het: “Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie” (Johannes 17:16). Sulke kompromisse deur kerkleiers het weliswaar die politieke elemente se guns weggedra, maar wat het dit aan hulle verhouding met God gedoen? Toe Jesus se dissipel Jakobus aan mede-Christene geskryf het, het hy gewaarsku: ‘Die vriendskap van die wêreld is vyandskap teen God.’—Jakobus 4:4.

Loteryverloorders

Die kanse dat jy ’n lotery sal wen, is ongeveer 1 uit 14 miljoen. Nogtans neem miljoene mense gereeld deel aan staatsondersteunde loterye, berig The Globe and Mail, ’n Kanadese koerant. Navorsing toon dat loterye geen ander aantrekkingskrag het as die hoop om die boerpot te wen nie, wat dikwels aangeblaas word deur reklame wat die klem lê “op die prys en op die skade as jy nie ’n kaartjie koop nie”. Aangesien die lotery daarop gemik is om winste te maak en min wenners te hê, gebruik uitsaai-adverteerders elke dag slim verkoopstaal in “die hoop dat hulle gewoontekopers van mense sal maak”.

Werk dit? Ja! In die tydskrif American Health doen dr. Durand Jacobs verslag oor die toename in dobbelary onder tieners en wys hy daarop dat hulle deur loterye met dobbelary in aanraking kom “omdat dit goedkoop en toeganklik is en as ‘in die haak’ bestempel word”. Hy voeg by: “Die lotery is die Rottevanger wat adolessente na ander vorme van ernstige dobbelary lei.” Een Kanadese gesaghebbende oor kompulsiewe dobbelary sê: “Enigiemand wat vir jou probeer sê dat loterye nie dobbelary is nie, hou hom onnosel, of hy is onnosel. . . . Ons bestee honderde miljoene dollars aan loterye in die hoop dat ons iets gaan wen. Dit is dobbelary.”

Loterye moedig geldgierigheid aan. Dr. Marvin Steinberg, president van die Connecticutse Raad oor Kompulsiewe Dobbelary, het gesê dat probleemdobbelaars onder tieners hulle etegeld gebruik, geld gesteel en selfs winkels beroof het om met hulle dobbelgewoonte te kon aanhou. Die woorde van die apostel Paulus is beslis waar: “Die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle . . . hulleself met baie smarte deurboor.”—1 Timotheüs 6:9, 10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel