Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 4/1 bl. 23
  • Die goeie nuus word in België aanvaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die goeie nuus word in België aanvaar
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Van depressie tot geluk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soeke na die waarheid beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • “Uit die mond van kinders”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Vasbeslote om volgens Jehovah se sedelike standaarde te lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 4/1 bl. 23

Koninkryksverkondigers berig

Die goeie nuus word in België aanvaar

“WIE het sulke dinge gesien?” sê die takkantoor van Jehovah se Getuies in België. (Vergelyk Jesaja 66:8.) Hierdie pragtige land rapporteer ’n hoogtepunt van 24 464 verkondigers vir die 1989-diensjaar. Daar was gemiddeld ook 4 persent meer wat elke maand aan die predikingswerk deelgeneem het.

◻ ’n Katolieke priester het erkenning gegee aan die goeie nuus wat Jehovah se Getuies verkondig deur gedurende ’n Sondagmis vir sy gemeentelede te sê: “Maak julle deur wyd oop vir Jehovah se Getuies as hulle na julle toe kom. Hulle het die waarheid!” Dit is presies wat een dame gedoen het. Toe die Getuies gekom het, het sy haar deur wyd oopgemaak en die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aanvaar. Later het sy die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe gevra. ’n Bybelstudie is met haar begin, maar haar man het nie saam met haar gestudeer nie. ’n Broer het hom dus gebel en gevra of hy graag saam met sy vrou in ’n beter wêreld wil woon? Gevolglik het hy ook begin studeer. Die twee het saamgelewe sonder om wettig getroud te wees, maar hulle het hulle verbintenis gewettig en hulle weldra laat doop.

◻ Die waarheid het die lewe van ’n jong meisie verander. Sy was nog nie eers 14 nie toe sy aan haar eie lot oorgelaat is. Sy het ’n jong seun ontmoet en saam met hom in die “punk”-wêreld gewoon, waar hulle dwelms gebruik en ’n gewelddadige gees geopenbaar het. Toe het die seun sy lewe in ’n motorongeluk verloor. Die meisie het as gevolg hiervan ’n ernstige senu-ineenstorting gehad en het dit oorweeg om selfmoord te pleeg. ‘Waar kan ek ’n oplossing vir my probleme vind?’ het sy gewonder. Sy het ’n spiritis ontmoet wat haar laat glo het dat sy met haar afgestorwe metgesel in verbinding kon tree. Hulle het met hipnotisme en buitesintuiglike waarneming geëksperimenteer. Omdat sy nie hierin die vertroosting gevind het waarop sy gehoop het nie, het sy weer in diep depressie verval. Sy het haar etlike maande lank geheel en al afgesonder. Toe het een van Jehovah se Getuies haar ontmoet en haar geestelik probeer help. Dit is ’n ruk lank per brief gedoen, en haar probleme is mettertyd uitgestryk na baie inspanning en moed aan haar kant. Sy was toe vry van demoniese invloed, van die tabakgewoonte en van diep skuldgevoelens. Met verloop van tyd het meer Bybelkennis en Jehovah se gees haar grootliks gehelp. Die vergaderinge het haar ook versterk aangesien sy ywerig daarvoor voorberei het. Nou is sy gedoop en het sy die pioniergees. Sy hou reeds ’n paar Bybelstudies, onder andere met haar ma, wat nou party vergaderinge bywoon. Jehovah het haar waarlik gehelp!

◻ Diegene wat geleenthede by die skool benut, behaal goeie sukses met die verkondiging van die goeie nuus. Een jong suster op skool in België moes ’n onderwerp vir mondelings kies. Sy het besluit om oor Jehovah se Getuies en hulle opvattings te praat, en het haar materiaal gebaseer op die brosjure Jehovah se Getuies in die twintigste eeu. Haar onderwyser was beïndruk. Nadat sy haar toespraak aan die klas voorgedra het, is die leerlinge toegelaat om vrae te stel. Verskeie klasmaats het agterna gevra wat hulle moet doen om in God se Paradys, waarvan sy in haar toespraak melding gemaak het, te lewe. Talle, waaronder die onderwyser, het eksemplare van die verskillende brosjures gevra wat die suster gehad het. Ander klasse het brosjures en meer informasie gevra, en ’n godsdiensonderwyser het die brosjures ondersoek en dit by sy klas aanbeveel.

Die moedige optrede van ons jong suster is geseën. Drie-en-twintig brosjures is onder twee onderwysers en talle leerlinge versprei; een leerling, wat van die voordrag gehoor het, het om die materiaal gevra om die werk van Jehovah se Getuies in haar klas te verduidelik.

Baie mense in België aanvaar die goeie nuus. Hulle aanvaar God se Woord “nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo”.—1 Thessalonicense 2:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel