Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 9/1 bl. 30-31
  • ’n Man se werk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Man se werk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Gee kinders die nodige aandag
    Ontwaak!—2005
  • Werk hard vir die redding van julle huisgesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Hoe om kinders in die dissipline van God groot te maak
    Ontwaak!—2004
  • Groot gesinne verenig in God se diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 9/1 bl. 30-31

’n Man se werk

“¡Ropa, zapato, casa, y comida!” Hierdie woorde is uit ’n ou Spaanse lied geneem wat die vier basiese dinge noem wat ’n man aan sy gesin moet voorsien: klere, skoene, ’n huis en kos. En die meeste verantwoordelike mans probeer trots om daardie verantwoordelikheid na te kom.

Maar as jy ’n gesinsman is, sien jy om na die belangriker geestelike behoeftes van jou gesin? Of dink jy, soos baie mans, dat dit nie werklik ’n man se werk is om na geestelike sake by die huis om te sien nie? In party kulture word daar nie eens van mans verwag om tyd opsy te sit om hulle kinders van God en die Bybel te leer nie.

Dit is veral aan die man in die huis wat die Woord van God die verantwoordelikheid opdra om ’n liefde vir God en ’n grondige waardering vir goddelike standaarde by sy gesin in te skerp. Byvoorbeeld, in Efesiërs 6:4 word Christenmans soos volg vermaan: “Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

Al ken hulle hierdie woorde, besef party dalk nie ten volle dat die teks spesifiek aan die vader, die man in die huis, gerig word nie. Spaans- en Portugeessprekendes dink byvoorbeeld dalk dat die woorde in Efesiërs 6:4 aan beide die vader en die moeder gerig word. In hierdie tale is die woord vir “vaders” en die woord vir “ouers” dieselfde. Maar Paulus het in vers 1 van Efesiërs hoofstuk 6 gepraat van beide die vader en die moeder deur die Griekse woord go·neuʹsin, afkomstig van go·neusʹ, wat “ouer” beteken, te gebruik. Maar in vers 4 is die Griekse woord wat gebruik is pa·teʹres, wat “vaders” beteken. Ja, Paulus het in Efesiërs 6:4 sy woorde uitdruklik aan die man in die gesin gerig.

As daar nie ’n man in die gesin is wat die leiding kan neem nie, moet die vrou natuurlik hierdie verantwoordelikheid aanvaar. Baie moeders het met Jehovah se hulp hulle kinders goed grootgemaak in die tug en vermaning van Jehovah. Maar as daar ’n Christenman in die gesin is, moet hy die leiding neem. As hy hierdie verantwoordelikheid verwaarloos, is dit moeiliker vir die res van die gesin om ’n goeie geestelike voedingsprogram te volg. En so ’n man sal aan Jehovah verantwoording moet doen vir sy nalatigheid.

God se beskouing van hierdie saak blyk duidelik uit die skriftuurlike vereistes wat vir opsieners en bedieningsknegte in die Christengemeente uiteengesit is. Die Bybel wys dat die persoon wat in so ’n posisie aangestel word ’n man moet wees “wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?”—1 Timotheüs 3:4, 5, 12; Titus 1:6.

Die gesinsman moet bereid wees om plesier en persoonlike gerief ter wille van sy kinders se geestelike welsyn prys te gee. Hy sal dalk soms die tyd wat hy aan ander bedrywighede bestee, moet verminder sodat hy gereeld ’n redelike hoeveelheid tyd saam met sy kinders kan deurbring (Deuteronomium 6:6, 7). Hy sal nogtans nie hierdie godgegewe opdrag aan ander oorlaat nie. Sy liefde vir en sy belangstelling in sy kinders sal verder strek as om net klere, skoene, ’n huis en kos aan hulle te voorsien.

Dit is ’n groot uitdaging om kinders “in die tug en vermaning van die Here” groot te maak. Dit is waarom dit hoofsaaklik die man se verantwoordelikheid is. Wanneer die Christenvader sy werk goed doen, kan hy sy godvresende kinders as ’n seën van Jehovah beskou. Hy kan soos die psalmis sê: “Soos pyle in die hand van ’n held, so is die seuns van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het!”—Psalm 127:4, 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel