Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 10/1 bl. 2-4
  • Het die mensdom werklik ’n messias nodig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het die mensdom werklik ’n messias nodig?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom ly soveel mense honger?
  • Is daar geen oplossing nie?
  • Kinders in ’n krisis
    Ontwaak!—1992
  • Kan die mens blywende vrede en veiligheid bring?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • ’n Voortgesette soeke na oplossings
    Ontwaak!—2000
  • Wat sê die Bybel oor voedseltekorte in ons dag?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 10/1 bl. 2-4

Het die mensdom werklik ’n messias nodig?

“DIE WÊRELD HET ’N MESSIAS NODIG, SÊ AMPTENAAR”

Daardie opskrif het in 1980 in The Financial Post van Toronto, Kanada, verskyn. Die amptenaar wat aangehaal is, is Aurelio Peccei, die president en stigter van die welbekende dinksentrum met die naam Klub van Rome. Volgens die Post meen Peccei dat “net ’n charismatiese leier—hetsy ’n wetenskaplike, ’n politieke of ’n godsdiensleier—die wêreld sal kan red van die sosiale en ekonomiese omwentelinge wat dreig om die beskawing te vernietig”. Wat dink jy? Is hierdie wêreld werklik in so ’n benarde toestand dat die mensdom ’n messias nodig het? Kom ons kyk na net een van die probleme waarmee hierdie wêreld te kampe het—honger.

TWEE groot, bruin oë staar na jou uit ’n foto in ’n koerant of ’n tydskrif. Dit is die oë van ’n kind, ’n dogtertjie wat nog nie eers vyf jaar oud is nie. Maar hierdie oë laat jou nie glimlag nie. Daar is geen kinderlike glans, geen gelukkige verwondering, geen onskuldige vertroue in hulle nie. Hulle is eerder gevul met verwesenheid, pyn, wanhoop en honger. Die kind is besig om van die honger te sterf. Pyn en honger is al wat sy nog ooit geken het.

Soos baie ander hou jy miskien nie daarvan om na sulke foto’s te kyk nie en daarom blaai jy vinnig om. Dit is nie dat jy onverskillig staan nie, maar jy voel gefrustreerd omdat jy vermoed dat dit reeds te laat is om iets vir hierdie dogtertjie te doen. Die uitgeteerde ledemate en opgeblaasde magie is tekens dat haar liggaam al klaar begin het om homself te verteer. Teen die tyd dat jy haar foto sien, is sy waarskynlik reeds dood. Wat dit nog erger maak, is die wete dat haar geval alles behalwe uitsonderlik is.

Presies hoe wydverspreid is die probleem? Wel, kan jy jou 14 miljoen kinders voorstel? Die meeste van ons kan nie; die getal is net te groot om te visualiseer. Stel jou dan ’n stadion voor wat sitplek bied vir 40 000 mense. Stel jou nou voor dat dit stampvol kinders is—die een ry op die ander, ’n see van gesigte. Selfs dit is moeilik om te doen. Nogtans sal 350 sulke stadions vol kinders nodig wees om op 14 miljoen uit te kom. Volgens UNICEF (Verenigde Nasies se Kinderfonds) is dít die skokkende getal kinders onder vyf jaar wat elke jaar in ontwikkelende lande aan ondervoeding en maklik voorkombare siektes sterf. Dit kom daarop neer dat daar elke dag byna een stadion vol kinders sterf! Voeg hierby die aantal honger volwassenes en jy kry wêreldwyd altesaam sowat een miljard mense wat kronies ondervoed is.

Waarom ly soveel mense honger?

Hierdie planeet produseer tans meer voedsel as wat mense verbruik, en dit het die vermoë om meer te produseer. Tog sterf 26 kinders elke minuut weens ondervoeding en siekte. Gedurende daardie selfde minuut bestee die wêreld $2 000 000 aan oorlogsvoorbereiding. Kan jy jou voorstel wat al daardie geld—of net ’n deel daarvan—vir daardie 26 kinders kan doen?

Dit is duidelik dat ’n gebrek aan voedsel of geld nie al rede vir die wêreld se honger is nie. Die probleem lê baie dieper. Soos Jorge E. Hardoy, ’n Argentynse professor, dit gestel het: “Die wêreld as geheel het ’n kroniese onvermoë om rykdom, krag, tyd, middele en kennis met diegene te deel wat hierdie dinge nodiger het.” Ja, die probleem lê nie by die mens se middele nie, maar by die mens self. Dit lyk asof hebsug en selfsug oorheersende kragte in die mensegemeenskap is. Die mees gegoede vyfde van die aarde se bevolking geniet ongeveer 60 keer meer middele en dienste as die armste vyfde.

Party mense probeer weliswaar opreg om voedsel by diegene te kry wat honger ly, maar die meeste van hulle pogings word gekniehalter deur faktore buite hulle beheer. Hongersnood teister dikwels lande wat deur burgeroorlog of oproer verskeur word, en dit is nie ongewoon dat vyandelike magte verhoed dat noodvoorrade by die hulpbehoewendes uitkom nie. Albei kante is bevrees hulle sal die vyand van kos voorsien as hulle toelaat dat voedsel die verhongerde burgerlikes in die vyand se gebied bereik. Regerings sal selfs uithongering as ’n wapen gebruik.

Is daar geen oplossing nie?

Ongelukkig is die probleem van miljoene wat honger ly nouliks die enigste krisis wat die hedendaagse mensdom teister. Die toenemende vernietiging en vergiftiging van die omgewing, die voortdurende plaag van oorlog wat miljoene lewens verswelg, die gewelddadige misdaadepidemies wat oral vrees en wantroue saai en die sedelike klimaat wat steeds versleg en wat blykbaar die oorsaak van baie van hierdie euwels is—al hierdie wereldkrisisse werk as ’t ware saam en bevestig dieselfde naakte waarheid—die mens kan nie met sukses oor homself heers nie.

Dit is ongetwyfeld waarom baie mense sonder hoop is dat hulle ooit ’n oplossing vir die wêreld se probleme sal sien. Ander huldig dieselfde mening as Aurelio Peccei, die Italiaanse geleerde na wie ons aan die begin verwys het. Hulle redeneer dat, indien daar ’n oplossing is, dit van ’n buitengewone—miskien selfs bomenslike—bron moet kom. Daarom vind die idee van ’n messias groot byval. Maar is dit realisties om op ’n messias te hoop? Of is so ’n hoop blote wensdenkery?

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Cover photos: Top: U.S. Naval Observatory photo; Bottom: NASA photo

[Foto-erkenning op bladsy 3]

WHO photo by P. Almasy

[Foto-erkennings op bladsy 4]

WHO photo by P. Almasy

U.S. Navy photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel