Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 2/15 bl. 7
  • Verheug jou oor die skoon aarde wat op hande is!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verheug jou oor die skoon aarde wat op hande is!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Paradys of vullishoop—Watter een verkies jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Die uitroeiing van besoedeling Uit die hart en die verstand
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Jehovah is lief vir skoon mense
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Reinheid—Wat beteken dit werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 2/15 bl. 7

Verheug jou oor die skoon aarde wat op hande is!

HOE verheug kan ons tog wees dat Jehovah, ’n God van orde en sindelikheid, sy oorspronklike voorneme sal vervul om die aarde in ’n wêreldwye paradys te omskep! (Jesaja 11:6-9). Hy beloof: ‘My woord wat uit my mond uitgaan, sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag.’ ‘Dit is onmoontlik dat God sou lieg’, en daarom is hierdie woorde nie ydel woorde nie.—Jesaja 55:11; Hebreërs 6:18.

Ons kan verlig voel dat Jehovah op ’n liefdevolle wyse sal ingryp voordat mense so baie besoedeling veroorsaak dat die ekologie heeltemal vernietig word!—Openbaring 11:18.

Jehovah sal ontslae raak van besoedelaars wat onberouvol is en na willekeur besoedel en van mense wat sy beginsels van orde en sindelikheid op ’n rebelse wyse ignoreer. Niemand sal toegelaat word om die herstelde Paradys in gevaar te stel nie.—Spreuke 2:20-22.

Gedurende God se Koninkryksheerskappy, onder die leiding van Christus Jesus, sal mense geleer word hoe om enige oorblywende oorsake van fisiese besoedeling uit te roei. Dan—nie nou nie—sal dit noodsaaklik wees dat al God se knegte daadwerklik betrokke raak by persoonlike en gesamentlike maatreëls wat tot ’n ongeëwenaarde wêreldwye opruiming sal bydra.—Vergelyk Esegiël 39:8-16.

Diegene wat die einde van die teenswoordige goddelose stelsel van dinge oorleef, sal hierdie fisiese opruimingsprogram steun met dieselfde toegewydheid en ywer waarmee hulle vandag aan die geestelike opruimingskampanje deelneem.—Psalm 110:3.

’n Gereinigde aarde sal beslis ’n werklikheid word, en dit sal voorafgegaan word deur die grootste opruimingskampanje van alle tye wat deur God se Koninkryk tot stand gebring gaan word. Alle spore van besoedeling sal uitgewis word. Daar sal nêrens graffiti wees nie. Daar sal geen ou bottels, blikkies, plastieksakke, kougom- en lekkergoedpapiertjies, koerante en tydskrifte wees wat enige strand of paradysagtige plek na ’n vullishoop sal laat lyk nie.

Verheug jou oor die skoon aarde wat op hande is!

[Prent op bladsy 7]

Sal jy aan die komende wêreldwye opruiming deelneem?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel