Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 8/15 bl. 4-7
  • Hoe om die huweliksband te verstewig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om die huweliksband te verstewig
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorsiening in die Mosaïese Wet
  • Die enigste geldige rede vir ’n egskeiding
  • Die saadjies van gesinsprobleme word gesaai
  • Praat dinge uit
  • Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Respekteer “wat God . . . onder een juk saamgevoeg het”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Maak julle huwelik ’n blywende verbintenis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 8/15 bl. 4-7

Hoe om die huweliksband te verstewig

“IS DIT ’n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?” het die Fariseërs wat die Groot Onderwyser, Jesus Christus, probeer versoek het, gevra. Hy het hulle geantwoord deur na die eerste mensehuwelik te verwys en het ’n standaard vir die huwelik gestel: “Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.”

Die Fariseërs het aangevoer dat Moses voorsienings vir egskeiding gemaak het deur te beveel dat “’n skeibrief” gegee moes word. Jesus het hulle geantwoord: “Moses [het] weens die hardheid van jul harte julle toegelaat . . . om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie. Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ’n ander een trou, pleeg egbreuk.”—Mattheüs 19:3-9.

Oorspronklik was die huwelik veronderstel om ’n permanente verbintenis te wees. Selfs die dood sou nie die eerste egpaar geskei het nie, want hulle was as volmaakte mense geskep met ewige lewe in die vooruitsig. Hulle het egter gesondig. Hulle sonde het die huweliksreëling vir die mens geskend. Die vyand die dood het egpare begin skei. God beskou die dood as die einde van ’n huwelik, soos ons in die Bybel lees: “’n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here” (1 Korinthiërs 7:39). Dit verskil hemelsbreed van godsdiensidees soos sutti, waar ’n vrou ten tye van haar man se dood oorreed of gedwing word om haar te laat verbrand omdat daar geglo word dat hulle steeds in die hiernamaals in die huwelik verbind sal wees.

Voorsiening in die Mosaïese Wet

Toe die Mosaïese Wet gegee is, het huweliksverhoudinge reeds so agteruitgegaan dat Jehovah, vanweë die hardheid van die Israeliete se harte, ’n voorsiening vir egskeiding gemaak het (Deuteronomium 24:1). God wou nie gehad het dat die Israeliete hierdie wet moes misbruik deur op grond van geringe tekortkominge van hulle vrou te skei nie, soos duidelik blyk uit sy bevel dat hulle hulle naaste moes liefhê soos hulleself (Levitikus 19:18). Selfs die gee van ’n skeibrief het gehelp om egskeidings te beperk, aangesien die man wat die egskeiding wou hê aangestelde manne moes raadpleeg as deel van die proses om die skeibrief te skryf, en hulle sou ’n versoening probeer bewerkstellig het. Nee, God het nie hierdie wet gegee sodat iemand die reg sou hê om “oor allerhande redes” van sy vrou te skei nie.—Mattheüs 19:3.

Die Israeliete het egter mettertyd die gees van die wet verontagsaam en hierdie voorsiening misbruik om ’n egskeiding te verkry om enige rede wat hulle op daardie oomblik gepas het. Teen die vyfde eeu v.G.J. het hulle ontrou gehandel teenoor die vrou van hulle jeug en om allerhande redes van hulle geskei. Jehovah het onomwonde vir hulle gesê dat hy egskeiding haat (Maleagi 2:14-16). Dit was teen hierdie agtergrond dat Jesus egskeiding soos die Israeliete dit in sy dag beoefen het, veroordeel het.

Die enigste geldige rede vir ’n egskeiding

Jesus het egter een geldige rede vir ’n egskeiding gemeld: hoerery (Mattheüs 5:31, 32; 19:8, 9). Die woord wat hier met “hoerery” vertaal word, sluit alle vorme van ongeoorloofde geslagsomgang buite die skriftuurlike huwelik in, hetsy dit met iemand van dieselfde geslag of van die ander geslag of met ’n dier is.

Desnieteenstaande het Jesus nie aangemoedig dat daar van ontroue huweliksmaats geskei word nie. Die onskuldige huweliksmaat moet die gevolge goed oorweeg en besluit of hy of sy ’n egskeiding wil hê. Vrouens wat dit om hierdie skriftuurlike rede oorweeg om van hulle man te skei, moet ook in ag neem wat God gesê het toe hy sy oordeel oor die eerste vrou uitgespreek het weens haar sonde. Buiten die doodstraf wat God oor haar uitgespreek het, het hy spesifiek vir Eva gesê: “Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers” (Genesis 3:16, NAV). Die Commentary on the Old Testament, deur C. F. Keil en F. Delitzsch, beskryf hierdie ‘hunkering’ as “’n begeerte wat byna soos ’n siekte is”. Hierdie hunkering is nou wel nie so sterk in elke getroude vrou nie, maar wanneer ’n onskuldige vrou ’n egskeiding oorweeg, moet sy die emosionele behoeftes wat vroue van Eva geërf het in ag neem. Maar aangesien buite-egtelike geslagsomgang deur ’n ontroue huweliksmaat daartoe kan lei dat ’n onskuldige huweliksmaat met seksueel oordraagbare siektes, waaronder vigs, besmet word, het party besluit om ooreenkomstig Jesus se verduideliking van hulle huweliksmaat te skei.

Die saadjies van gesinsprobleme word gesaai

Mense se hardkoppigheid het ontstaan by die sonde wat die eerste mensepaar teen God gepleeg het (Romeine 5:12). Die saadjies van gesinsprobleme is gesaai toe die eerste mensepaar teen hulle hemelse Vader gesondig het. Hoe so? Toe die eerste vrou, Eva, deur die slang verlei is om van die verbode boom te eet, het sy sonder meer voortgegaan en die vrug geëet. Eers nadat sy daardie gewigtige besluit geneem het, het sy haar man vertel wat die slang vir haar gesê het (Genesis 3:6). Ja, sy het opgetree sonder om haar man te raadpleeg. Hier is die prototipe van probleme waarmee baie gesinne vandag te kampe het—’n gebrek aan openhartige kommunikasie.

Later, toe Adam en Eva met die gevolge van hulle sonde gekonfronteer is, het hulle albei dieselfde taktieke gebruik wat baie egpare vandag gebruik wanneer hulle probleme ondervind, naamlik om mekaar te blameer. Die eerste man, Adam, het sy vrou en Jehovah blameer vir wat hy gedoen het deur te sê: “Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.” Die vrou weer het gesê: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.”—Genesis 3:12, 13.

Jehovah se oordele oor Adam en Eva het nog ’n faktor aan die lig gebring wat verband gehou het met die probleme wat sou ontwikkel. Aangaande haar verhouding met haar man het Jehovah vir Eva gesê: “Hy sal oor jou heers.” Baie mans, soos Isao wat in ons eerste artikel gemeld is, heers vandag meedoënloos oor hulle vrou sonder om haar gevoelens in ag te neem. Baie vrouens hunker nietemin steeds na hulle man se aandag. Wanneer daardie hunkering nie bevredig word nie, dring vrouens dalk aan op daardie aandag en tree hulle selfsugtig op. Omdat baie mans oor hulle vrou heers en baie vrouens na hulle man se aandag hunker, heers daar selfsug en vlieg vrede by die venster uit. In ’n verhandeling met die titel “Hoe om vandag se egskeidings te analiseer” het Sjoensoeke Serizawa gesê: “As ons die neiging ignoreer wat die kern is van hierdie kwessie om ‘jou sin te kry’, naamlik om voorkeur aan ’n mens se eie belange te gee, sal dit skielik onmoontlik wees om vandag se egskeidings te analiseer.”

Jehovah het egter riglyne in sy Woord voorsien sodat gehoorsame egpare ten spyte van hulle onvolmaakte toestand ’n mate van geluk in die huwelik kan smaak. Isao het God se raad gevolg en geniet nou ’n gelukkige gesinslewe. Kom ons kyk hoe Bybelbeginsels mense help om die huweliksband te verstewig.

Praat dinge uit

In baie huwelike maak ’n gebrek aan kommunikasie, die neiging om ander te blameer en selfsugtige gesindhede dit moeilik vir die man en vrou om mekaar se emosies te verstaan. “Intimiteit, waarvan ’n voorvereiste is dat ’n mens oor jou gevoelens praat, vereis volkome vertroue. En vandag is daar ’n groot gebrek aan vertroue”, sê die navorser Caryl S. Avery. Wanneer ’n mens gereeld oor jou diepste gevoelens praat, bou dit sodanige vertroue op. Dit vereis openhartige kommunikasie tussen man en vrou.

Spreuke gebruik ’n illustrasie om ’n mens aan te moedig om oor intieme gedagtes te praat: “Die raad in die hart van ’n man mag diep waters wees, ’n man van verstand [“onderskeidingsvermoë”, NW] sal dit tog uitskep” (Spreuke 20:5). Getroude persone moet onderskeidingsvermoë aan die dag lê en die diep gedagtes uit hulle huweliksmaat se hart optrek. Gestel jou huweliksmaat is ontsteld. Pleks van te sê: “Ek het self ’n moeilike dag agter die rug”, kan jy vriendelik vra: “Het jy ’n moeilike dag gehad? Wat het gebeur?” Dit sal dalk tyd en moeite verg om na jou huweliksmaat te luister, maar dit is gewoonlik aangenamer, bevredigender en ’n besparing van tyd om tyd so deur te bring as om jou huweliksmaat te ignoreer en met gelaaide emosies te kampe te hê wat later tot uitbarsting kom.

As ’n mens vertroue wil opbou, moet albei eerlik wees en hulle gevoelens so probeer uitdruk dat die ander huweliksmaat dit kan verstaan. “Spreek die waarheid”, spoor God se Woord aan, “want ons is mekaar se lede” (Efesiërs 4:25). Om die waarheid te praat, verg onderskeidingsvermoë. Gestel ’n vrou voel dat haar man nie na haar luister nie. Voordat sy daaroor praat, moet sy oor hierdie spreuk nadink: “Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ’n man van verstand [“onderskeidingsvermoë”, NW]” (Spreuke 17:27). Pleks van haar man te beskuldig: “Jy luister nooit na my nie!” sal dit baie beter wees om haar gevoelens op ’n kalm manier uit te druk voordat frustrasie en teleurstelling in haar opbou. Dalk kan sy toon hoe sy voel deur iets te sê soos: “Ek weet jy is besig, maar dit sal my baie gelukkig maak as ek ’n bietjie meer tyd saam met jou kan deurbring.”

Dit is ’n feit dat “planne misluk sonder beraadslaging” (Spreuke 15:22). Jou huweliksmaat het jou lief, maar dit beteken nie dat sy jou gedagtes kan lees nie. Jy moet op ’n taktvolle wyse vir jou huweliksmaat sê hoe jy voel. Dit sal julle, as ’n Christenegpaar, help om liefdevolle aanpassings te maak “om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede”.—Efesiërs 4:2, 3.

Neem die voorbeeld van Kazuo, ’n man wie se vrou hom oorheers het en wat ’n swakheid vir dobbelary gehad het. Hy was diep in die skuld, wat honderdduisende rande beloop het. Hy het geld geleen om sy skuld af te betaal en homself net dieper in die moeilikheid gedompel. Toe het hy die Bybel begin bestudeer en uiteindelik die moed bymekaargeskraap om sy vrou van sy probleme te vertel. Hy het hom daarop voorberei om haar beskuldigings aan te hoor. Dit het hom egter verras toe sy vrou, wat die Bybel langer as hy bestudeer het, kalm geantwoord het: “Kom ons kyk hoe ons die skuld kan afbetaal.”

Die volgende dag is hulle na hulle skuldeisers toe en het hulle hulle skuld begin afbetaal en selfs hulle huis verkoop. Dit het bykans ’n jaar geneem om die skuld af te betaal. Wat het sy vrou, Kimie, laat verander? Sy sê: “Die woorde in Filippense hoofstuk 4, verse 6 en 7, is beslis waar. ‘Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.’” Sy sê verder: “’n Vriendin van my, wat verbaas was om te sien hoe opgeruimd ek ten spyte van my probleme was, het die Bybel saam met my begin studeer.” Kazuo en sy vrou is sedertdien gedoop en geniet nou ’n gelukkige gesinslewe.

Die mans en vrouens wat die bogemelde ondervindinge gehad het, het nie net vertroue in mekaar gestel deur die waarheid te vertel nie, maar hulle het iets gedoen wat egpare help om hulle huweliksprobleme op te los. Hulle het met die Insteller van die huweliksreëling, Jehovah God, gekommunikeer. Ondanks die druk en probleme waarvoor egpare te staan kom, sal hy hulle seën met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan as hulle hulle bes doen om sy beginsels toe te pas en die res in sy hande laat. Dit is veral goed om saam te bid. Die man moet die leiding neem en ‘sy hart uitstort’ voor God en God se leiding en hulp vra met enige probleem wat hy en sy vrou het (Psalm 62:9). Jehovah God sal beslis sulke gebede verhoor.

Ja, dit is moontlik om die huweliksband te verstewig. Selfs nou, terwyl ons met al ons onvolmaakthede in ’n onstuimige gemeenskap lewe, kan egpare aansienlike vreugde uit hulle verhouding put. Jy kan verdere praktiese wenke en Goddelike raad kry in die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou, wat deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc., uitgegee word. Daarbenewens het egpare wat hard probeer om Bybelbeginsels toe te pas die hoop om in liefde verenig te wees in die nuwe wêreld wat God binnekort gaan bring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel