Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 10/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Is die gawe van tale deel van die ware Christelike geloof?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Gelei deur God se gees in die eerste eeu en vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Kom alle wonderdadige genesings van God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 10/15 bl. 31

Vrae van lesers

Beteken die uitdrukking “met die gees begaaf” wat in 1 Korinthiërs 14:37 (NW) voorkom dat ’n persoon die heilige gees ontvang het in die sin dat hy gesalf is, of beteken dit dat hy ’n wonderbaarlike gawe van die gees het?

In die New World Translation of the Holy Scriptures lees hierdie vers soos volg: “As iemand dink dat hy ’n profeet is of met die gees begaaf is, laat hom dan die dinge erken wat ek aan julle skryf, want hulle is die Here se gebod.”—1 Korinthiërs 14:37.

Vir ’n leser kan die frase “met die gees begaaf”, verwys na die feit dat eerste-eeuse Christene deur die gees verwek is en geestelike seuns van God geword het. Of die frase kan betrekking hê op iemand wat ’n spesiale gawe van die heilige gees ontvang het. Die agtergrond help ons om te sien dat die laasgenoemde waarskynlik die regte betekenis is.

Die apostel Paulus het hier die Grieks pneu·ma·ti·kosʹ, met die grondbetekenis “betrekking hê op die gees, geestelik”, gebruik. Wisselvorme hiervan word gebruik in die beskrywings “geestelike liggaam”, “geestelike seëninge”, “geestelike insig” en “geestelike huis”.—1 Korinthiërs 15:44; Efesiërs 1:3; Kolossense 1:9; 1 Petrus 2:5.

In daardie gevalle bepaal die Bybel die onderwerp (liggaam, seëninge, insig, huis) wat deur “geestelik” beskryf word. Maar in ander gevalle moet die betekenis en gepaste gebruik van “geestelik” uit die konteks bepaal word. Eerste Korinthiërs 2:14, 15 kontrasteer byvoorbeeld die gesindheid van ’n fisieke mens met dié van ho pneu·ma·ti·kosʹ, wat logieserwys “die geestelike mens” beteken.

Eerste Korinthiërs hoofstukke 12 tot 14 bespreek die wonderbaarlike gawes van die heilige gees. God het hierdie gawes aan sommige van die vroeë Christene gegee om te toon dat hy natuurlike Israel nie langer gebruik nie, maar dat sy seën nou op die Christelike “Israel van God” rus (Galasiërs 6:16). Paulus het aangaande hierdie gawes geskryf: “Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees” (1 Korinthiërs 12:4). Besondere wysheid, kennis en geloof het onder die gawes van die gees getel, asook die vermoë om te profeteer, in tale te praat en tale uit te lê.—1 Korinthiërs 12:8-11.

Die Christene in Korinthe aan wie Paulus geskryf het, is met God se heilige gees gesalf. Paulus het gesê: “Maar julle het julle laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God” (1 Korinthiërs 6:11; 12:13). Ja, hulle almal het “die Gees as onderpand” ontvang (2 Korinthiërs 5:5). Hulle het egter nie almal ’n spesiale gawe deur heilige gees ontvang nie. En dit wil voorkom asof baie van hulle gefassineer is met die vermoë om in tale te praat en ’n oordrewe waarde aan hierdie gawe geheg het. Paulus het aan hulle geskryf om hulle denke reg te stel en het hulle daarop gewys dat tale nie soveel mense sou bevoordeel as die gawe van profesie nie. Aan die end van hoofstuk 12 het Paulus die Korinthiërs vermaan: “Beywer julle met die oog op die beste gawes.”—1 Korinthiërs 12:28-31.

Toe, aan die begin van hoofstuk 14, het hy hulle aangespoor: “Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op [ta pneu·ma·ti·kaʹ], maar veral om te profeteer.” Waarvoor moes hulle hulle beywer? Daardie Christene het nie nodig gehad om die salwing met die gees na te streef nie, want hulle het dit reeds gehad. Paulus het logieserwys “gawes” van die gees bedoel, wat hy hulle aan die end van hoofstuk 12 aangespoor het om na te streef. Die New World Translation of the Holy Scriptures vertaal 1 Korinthiërs 14:1 dus soos volg: “Beywer julle nogtans voortdurend om die geestelike gawes te verkry.” Ander Bybelvertalings gee ta pneu·ma·ti·kaʹ hier weer as “die geestelike gawes” of “die gawes van die Gees”.

Met daardie agtergrond in gedagte merk ons op dat Paulus profesie en pneu·ma·ti·kosʹ aan die end van hoofstuk 14 met mekaar verbind. Soos in vers 1 toon die konteks dat hy die gawe van die gees in gedagte gehad het. The New Testament in Modern Speech, deur R. F. Weymouth, gee dit soos volg weer: “As enigiemand meen dat hy ’n profeet of ’n man met geestelike gawes is, laat hom dan dit wat ek nou skryf as die Here se gebod erken.”

Ja, alle Christene, hetsy hulle die gawe van profesie of enige ander gawe van die gees gehad het, moes Paulus se raad aangaande reëlings in die gemeente aanvaar en volg.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel