Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 11/1 bl. 24-25
  • Kom op ’n uitstappie na die See van Galilea!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kom op ’n uitstappie na die See van Galilea!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • A7-D Belangrikste gebeurtenisse van Jesus se lewe op die aarde – Jesus se groot bediening in Galilea (Deel 2)
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Jesus laat ’n storm op die see bedaar
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Gennesaret—‘uitsonderlik en wonderskoon’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Hoe het die skares Jesus gehoor?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 11/1 bl. 24-25

Tonele uit die Beloofde Land

Kom op ’n uitstappie na die See van Galilea!

DAAR is min plekke wat makliker by Bybellesers opkom as die See van Galilea. Maar kan jy jou oë toemaak en hierdie varswatersee visualiseer en belangrike plekke voor jou geestesoog sien, soos waar die Jordaanrivier in- en uitvloei of waar Kapernaüm en Tiberias geleë is?

Neem tyd om die lugfoto hier onder te bestudeer en vergelyk dit met die inlassleutel. Hoeveel van die genommerde plekke kan jy identifiseer? Hoe meer van hulle jy ken, des te meer sal jou Bybel vir jou lewe en sin hê. Kom dus saam op ’n kort, leersame uitstappie.

Hierdie lugfoto is in ’n noordoostelike rigting geneem. Kom ons begin met #1. Watter deel van die see is dit? Ja, die suidelike punt, waar die Jordaan uitvloei en dan tussen Samaria en Gilead suidwaarts vloei tot waar dit in die Dooie See uitmond. Op die foto links, wat ook in Jehovah se Getuies se kalender vir 1993 verskyn, kan jy hierdie punt van die see van naderby sien.

Die See van Galilea lê diep in die Skeurvallei, ongeveer 200 meter laer as die Middellandse See. As jy die lugfoto van naderby bekyk, sal jy berge langs die oostelike kuslyn sien (in die omgewing van #7). Daar is ook heuwels en berge langs die duskantste, of westelike, kuslyn, wat beklemtoon dat hierdie see, wat ongeveer 21 kilometer lank en hoogstens 12 kilometer wyd is, in ’n kom lê. Op die oewers was daar plek vir dorpe en selfs stede, soos Tiberias (#2). Onthou dat ’n skare die see in bote oorgesteek het van Tiberias na die plek waar Jesus 5 000 mense wonderdadig gevoed het.—Johannes 6:1, 10, 17, 23.

Wanneer ’n mens noord van Tiberias met die kus langs opbeweeg, gaan jy by die vrugbare streek Gennesaret (#3) verby.a Jesus het in hierdie gebied die Bergpredikasie gelewer, en dit was moontlik op die strand daar naby waar hy Petrus en drie ander genooi het om “vissers van mense” te word, soos hier uitgebeeld word (Mattheüs 4:18-22). Verder noordwaarts kom jy by Kapernaüm (#4), wat ’n sentrum van Jesus se bedrywighede was en selfs “sy eie stad” genoem is (Mattheüs 4:13-17; 9:1, 9-11; Lukas 4:16, 23, 31, 38-41). As jy verder ooswaarts om die see beweeg, kom jy by die plek (#5) waar die boonste loop van die Jordaan in die see uitmond (onder). Dan kry jy die gebied van Betsaida (#6).

Ons kan selfs net hierdie paar plekke gebruik om te toon hoe jou kennis van die See van Galilea jou kan help om Bybelverslae te volg en te visualiseer. Nadat Jesus die 5 000 in die gebied van Betsaida gevoed en ’n skare hom koning probeer maak het, het hy die apostels per boot na Kapernaüm gestuur. Tydens hulle reis het stormwinde skielik van die berge af opgesteek en golwe veroorsaak, wat die apostels met vrees vervul het. Maar Jesus het oor die see na hulle toe geloop en die storm stilgemaak, en hulle kon gevolglik veilig naby Gennesaret aan wal gaan (Mattheüs 14:13-34). Dié wat van Tiberias af gekom het, het die see weer oorgesteek om na Kapernaüm te gaan.—Johannes 6:15, 23, 24.

Wanneer jy nou verder om die oostekant van die see beweeg, gaan jy by die plek verby wat waarskynlik “die land van die Gergeseners [of, Gadareners]” genoem is. Onthou dat Jesus hier demone uit twee mans uitgedryf het. Daardie geeste het op ’n sadistiese wyse in ’n groot trop varke ingevaar, wat van ’n krans af gestorm het in die see in. Een van die mans het daarna ’n getuienis in die nabygeleë Griekssprekende stede van die Dekapolis gegee. Jesus het per boot oor die See van Galilea na hierdie gebied gereis en op dieselfde wyse daarvandaan vertrek.—Mattheüs 8:28–9:1; Markus 5:1-21.

Wanneer jy aan die einde van jou uitstappie die onderste punt van die see bereik, gaan jy naby ’n groot rivier (wat die Jarmoek genoem word) verby wat baie water aan die onderste loop van die Jordaanrivier voorsien.

Die Bybel sê nie spesifiek waar sommige van die gebeure om die See van Galilea plaasgevind het nie, soos waar Jesus ná sy opstanding aan Petrus en ander apostels verskyn het terwyl hulle visgevang het (onder). Dink jy dit was naby Kapernaüm? Hoe dit ook al sy, jou kennis van hierdie belangrike see help jou om daardie moontlikheid te visualiseer.

[Voetnoot]

a Sien die artikel “Gennesaret—‘uitsonderlik en wonderskoon’” in Die Wagtoring van 1 Januarie 1992.

[Prente op bladsy 24]

1

2

3

4

5

6

7

N

S

O

W

[Foto-erkenning op bladsy 24]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

[Foto-erkenning op bladsy 24]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

[Foto-erkenning op bladsy 24]

Garo Nalbandian

[Foto-erkenning op bladsy 25]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel