Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 12/1 bl. 25-27
  • Gileadopleiding in die allerheiligste geloof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gileadopleiding in die allerheiligste geloof
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Studente ontvang verdere onderrigting
  • Aangestel as sendelinge
  • Meer sendelinge vir die wêreldoes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • ’n Nuwe tuiste vir die Gilead-Sendingskool
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Van suksesvolle studente tot suksesvolle sendelinge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Graduering van die 83ste Gileadklas waarlik ’n feestelike geleentheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 12/1 bl. 25-27

Gileadopleiding in die allerheiligste geloof

“ONS studente is goed opgelei in die allerheiligste geloof.” Dit was die openingswoorde tydens die gradueringsprogram van die 95ste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead wat op Sondag, 12 September 1993 gehou is. Daardie oggend het George Gangas die 4 614 genooide gaste en Bethelgesinslede wat in die Jersey City-Byeenkomssaal vergader het in ’n openingsgebed voorgegaan. Broer Gangas is al 65 jaar ’n lid van die Bethelgesin, en op 97 is hy die oudste lid van die Bestuursliggaam.

Albert Schroeder, ook ’n lid van die Bestuursliggaam en die programvoorsitter, het gesê: “Die Gileadkursus was vyf maande lank op die allerheiligste geloof gegrond.” Maar wat is die “allerheiligste geloof”? Hy het verduidelik dat hierdie “allerheiligste geloof”, waarvan daar in Judas 20 gepraat word, die hele omvang van Bybelwaarheid is. Die Gileadkursus is dus gegrond op Jehovah se Woord, die Bybel, wat die kursus se vernaamste handboek is.

Studente ontvang verdere onderrigting

John Stuefloten van die Watchtower Farms-komitee was die eerste spreker, en hy het gepraat oor die tema: “Word ten goede deur die wyses beïnvloed.” Die Bybel sê: “Gaan met die wyse om, dan word jy wys” (Spreuke 13:20). Gedurende die Gileadkursus het die studente meer as 900 uur daaraan bestee om die Bybel te bestudeer. Broer Stuefloten het die studente gevra: “Hoe sal Jehovah se invloed julle in die toekoms raak? Julle gaan na 18 lande toe wat ’n bevolking van ongeveer 170 miljoen het. Watter invloed sal julle dus op daardie mense hê?” Deur Jehovah se wysheid te weerspieël, sal die nuwe sendelinge ander kan help om aanbidders van Jehovah, die Bron van onbeperkte wysheid, te word.

“Word alles vir alle mense” was die tema van die volgende toespraak wat deur Lloyd Barry van die Bestuursliggaam ontwikkel is (1 Korinthiërs 9:22, King James Version). Broer Barry was sowat 45 jaar gelede self ’n student in die 11de klas van Gilead. Die 95ste klas het dit nou waardeer om praktiese raad te kry by ’n voormalige sendeling met jare se ondervinding in ’n ander land. Hy het die studente aangemoedig om hulle gou met die mense in hulle nuwe buitelandse gebied te identifiseer deur die plaaslike kultuur te leer ken en die taal aan te leer. Hy het gesê die beste manier om dit te doen, is deur met die plaaslike mense te meng en saam met hulle te werk, asook deur hulle gebruike te leer en aan te neem wanneer dit gepas is.

Daarna het Dean Songer van die Fabriekskomitee oor die boeiende tema “Vry van ander diens” gepraat. Broer Songer, wat al langer as 35 jaar in die voltydse diens is, verstaan wat dit beteken om ’n doelgerigte, eenvoudige lewe te lei en jou toe te lê op die werk wat gedoen moet word, vry van materiële sorge. En dit was die kern van sy raad aan die studente. Die sangers by Jehovah se tempel was vry van die gewone dienste van die ander Leviete sodat hulle hulle ten volle op hulle spesiale toewysing kon toelê (1 Kronieke 9:33). Die Gileadsendelinge is eweneens vry van gewone dinge soos sekulêre werk sodat hulle hulle op hulle spesiale diens kan toelê. Broer Songer het met hierdie raad afgesluit: “Bly doelgerig en hou julle lewe eenvoudig. Julle verantwoordelikheid as diegene wat vry is van ander diens is om dag en nag in die werk besig te wees en Jehovah te loof.”

Daarna was Daniel Sydlik, ’n lid van die Bestuursliggaam, aan die beurt met die tema: “Leer ander om die lewe ten beste te benut.” Hy het die studente aangemoedig “om mense nie net leerstellings te leer nie, maar ook moedig genoeg te wees om vir hulle te toon wat hulle moet doen om hulle lewe in ooreenstemming met God se wil te bring”. Goeie onderrigters moet ander inspireer en motiveer. “Stel julle daarop in om mense Christelike waardes te leer en nie net reëls en regulasies nie”, het hy gesê en ter afsluiting bygevoeg: “Bowenal, liewe broers, moet julle julleself en ander leer hoe om lief te hê, want dit is die volmaakte band van eenheid.”—1 Korinthiërs 13:1-3; Kolossense 3:14, NW.

Ná maande se opleiding het die studente baie geheg geraak aan hulle twee Gileadinstrukteurs. Jack Redford, wat voorheen self ’n sendeling was, het eerste gepraat oor die onderwerp “Julle het die regte keuse gedoen”. In die eertydse Joodse wêreld het Paulus, voordat hy ’n Christenapostel geword het, ’n posisie, prestige, invloed en finansiële sekuriteit gehad. Maar in Filippense 3:8 het Paulus dit alles as “drek”, of “vullis”, volgens die Phillips-vertaling, beskryf. Hy was heelhartig in die bediening, en hy het die regte keuse gedoen. Daarenteen toon die meeste mense vandag deur hulle keuses in die lewe dat hulle materiële besittings vir hulle kosbaarder as die ewige lewe is. Gileadsendelinge het die regte keuse gedoen. Jack Redford het afgesluit deur te sê: “Die Duiwel se wêreld kan julle niks bied wat met die sendingdiens vergelyk kan word nie. Bewaar hierdie onskatbare voorreg, en laat die wêreld se vullis aan hulle oor!”

Ulysses Glass is al die afgelope 32 jaar ’n Gileadinstrukteur. Hy het die studente afskeidsraad met die tema “Net God kan ’n boom maak” gegee en sy toespraak op Psalm 1:3 gegrond. Die moderne tegnologie kon nog nooit ’n boom namaak wat deur God ontwerp is nie. Ware Christene is in ’n sekere sin soos bome wat deur Jehovah geplant en natgelei word. Broer Glass het gesê dat die studente vyf maande lank “gereeld natgelei is uit die fontein van lewegewende water in God se Woord”, soos bome in ’n geestelike boord of paradys. Tog moet hulle as sendelinge hulle “geestelike wortelstelsel teen beskadiging” beskerm. Hulle is aangespoor om ‘die water van die lewe van Jehovah af aan te hou drink omdat net God ’n boom kan maak’.

Die laaste toespraak is deur Carey Barber, ’n lid van die Bestuursliggaam, gehou. Ná 70 jaar van voltydse diens kon broer Barber op oortuigende wyse oor die onderwerp “Gee Jehovah uitsluitlike toegewydheid” praat. Die meeste mense het nie aan Jehovah hulle uitsluitlike toegewydheid gegee nie (Deuteronomium 5:9, NW). Maar soos broer Barber getoon het, kan ons, ondanks ons onvolmaaktheid, “wel ten volle aan God toegewyd wees”. Hy het bygevoeg: “Niemand kan werklik sê: ‘Die Duiwel het my dit laat doen nie.’” Maar die Duiwel kan ons oorwin as ons hom nie weerstaan nie (Jakobus 4:7). Om in Jehovah se werk besig te bly, is die beste manier om Satan en sy wêreld te weerstaan en uitsluitlike toegewydheid aan Jehovah te gee.

Aangestel as sendelinge

Die oggendprogram is afgesluit met die amptelike aanstelling van al 46 die studente as sendelinge. Die 23 egpare het diplomas ontvang wat ten dele sê dat hulle “spesiaal toegerus is om opvoedkundige werk te doen, welwillendheid te bevorder en te arbei ten behoewe van permanente vrede en die wet van volmaakte orde en geregtigheid onder alle volke”. Die 95ste klas van Gilead sal beslis daarna streef om hierdie verhewe sending te vervul in die 18 lande waarheen hulle gestuur is. Hulle het regoor die wêreld toewysings ontvang, onder andere in lande in Asië, Afrika, Europa, Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande.

Nadat Charles Woody van die Diensafdelingkomitee die middag ’n verkorte Wagtoring-studie gehou het, het die nuwe Gileadgegradueerdes hulle studenteprogram aangebied met die tema: “Gilead het ons voorberei om as sendelinge te onderrig.” Die sessie is afgesluit met die drama: “Die keuses waarvoor ons staan.”

Ná die stimulerende program was die nuwe sendelinge gereed om na die vier uithoeke van die aarde toe gestuur te word om die “allerheiligste geloof” aan ander bekend te maak.

[Venster op bladsy 26]

Klasstatistiek

Aantal lande verteenwoordig: 7

Aantal lande waarheen gestuur: 18

Aantal studente: 46

Aantal egpare: 23

Gemiddelde ouderdom: 30,06

Gemiddelde jare in die waarheid: 12,92

Gemiddelde jare in die voltydse bediening: 9,4

[Prent op bladsy 26]

95ste Gradueringsklas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead

In die lys hieronder word rye van voor na agter genommer, en name word van links na regs in elke ry aangegee.

(1) Buelow, D.; Donzé, V.; Innes, S.; Fulk, N.; Billingsby, M.; Hoddinott, L.; Nygren, B.; Eriksson, L. (2) Boker, J.; Thomas, M.; Stedman, S.; Billingsby, D.; Waugh, I.; Purves, M.; Luttrell, M. (3) Jacobsen, T.; Boker, J.; Martínez, L.; Nilsson, E.; Purves, P.; Holt, L.; Larsen, M.; Jones, L. (4) Numminen, P.; Numminen, H.; Buelow, M.; Olson, W.; Holt, S.; Donzé, G.; DesJardins, C.; DesJardins, D. (5) Larsen, K.; Martínez, D.; Nygren, P.; Waugh, P.; Jones, D.; Hoddinott, J.; Thomas, G. (6) Innes, B.; Fulk, R.; Eriksson, A.; Nilsson, S.; Stedman, J.; Olson, K.; Jacobsen, F.; Luttrell, J.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel