Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 8/15 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Drukker wat sy stempel afgedruk het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Waarom na die waarheid soek?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Christene aanbid met gees en waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Kan godsdienswaarheid gevind word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 8/15 bl. 31

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Indien wel, sal jy dit interessant vind om die volgende te onthou:

▫ Kan godsdienswaarheid gevind word?

Jesus Christus het gesê: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Jesus het getoon dat die waarheid nie net gevind kan word nie, maar dat ons dit moet vind as ons God wil aanbid. Hy het vir ’n Samaritaanse vrou gesê dat “ware aanbidders die Vader met gees en waarheid sal aanbid” (Johannes 4:23).—4/15, bladsy 5.

▫ Wie was Robert Estienne, en hoe het hy sy stempel afgedruk?

Robert Estienne was ’n drukker wat in die 16de eeu geleef het. Hy het sy lewe aan die publisering van die Heilige Skrif gewy en daarna gestreef om die woorde van die Bybel weer te gee soos dit oorspronklik geskryf is. Die stelsel waarvolgens hy die Bybelteks in genommerde verse ingedeel het, is die stelsel wat vandag wêreldwyd gebruik word.—4/15, bladsye 10, 14.

▫ Hoe vind ons baat by daaglikse Bybellees?

Die Skrif neem voortdurend vir ons nuwe betekenis aan, en profesieë oor die laaste dae word indrukwekkender in die lig van wat ons gesien, gehoor en persoonlik ervaar het. Namate ons meer lewensondervinding opdoen en probleme die hoof bied, waardeer ons die Bybel se raad meer (Spreuke 4:18).—5/1, bladsy 14.

▫ Hoe kan ’n mens Bybeltekste onthou?

Terwyl jy die Bybel lees, moet jy gekose tekste wat jy wil onthou, merk of op kaarte skryf en hierdie kaarte sit waar jy dit elke dag sal sien. Terwyl jy die verse probeer memoriseer, moet jy oor hulle peins en hulle gebruik. Moenie te veel op ’n slag probeer memoriseer nie, miskien net een of twee per week.—5/1, bladsye 16, 17.

▫ Watter inligting bevat die Evangelie van Lukas wat nie deur die ander Evangelieskrywers voorsien is nie?

Hoewel baie van dít wat Lukas opgeteken het met Matteus se verslag ooreenkom, is 59 persent verskillend. Lukas het ses wonderwerke opgeteken wat net in sy boek aangetref word, en hy het meer as twee keer soveel van Jesus se illustrasies gemeld wat nie deur ander Evangelieskrywers gemeld word nie.—5/15, bladsy 12.

▫ Watter merkwaardige flits van die lig van waarheid is in 1935 geopenbaar?

Daardie jaar het Jehovah se volk besef dat die groot skare wat in Openbaring 7:9, 14 gemeld word nie betrekking het op ’n ondergeskikte hemelse klas nie, maar op diegene wat ’n aardse hoop het (Johannes 10:16).—5/15, bladsy 20.

▫ Op watter praktiese maniere kan ons bedroefdes vertroos?

Luister. Stel hulle gerus. Wees beskikbaar. Neem die inisiatief wanneer dit gepas is. Skryf ’n bemoedigende brief of kaartjie. Bid saam met hulle (Jakobus 5:16). Hou aan om hulle te help.—6/1, bladsye 13, 14.

▫ Wat kan geestelike broers en susters doen om diegene in godsdienstig verdeelde gesinne te help om te volhard?

Praat gereeld op ’n opbouende, positiewe en vertroostende manier met hulle (1 Tessalonisense 5:14). Dit verkwik hulle verstandelik en liggaamlik. Wanneer dit prakties en gepas is, kan jy hulle gerus by jou teokratiese en sosiale bedrywighede insluit. Meld hulle in jou gebede (Romeine 1:9; Efesiërs 1:16).—6/1, bladsy 29.

▫ Watter belonings bring dit mee as ’n mens geduld beoefen terwyl jy aan die veldbediening deelneem?

Geduld help die Koninkryksverkondiger om enige onverskilligheid of teenstand te verduur. Geduldige bedienaars sal nie met toornige huisbewoners stry nie, maar sal eerder ’n sagmoedige antwoord kan gee of kalm omdraai en dus hulle vrede en vreugde behou (Matteus 10:12, 13). Daarbenewens sal skaapgeaardes na die Koninkryksboodskap getrek word.—6/15, bladsy 12.

▫ Waarom is kennis van Bybelwaarheid so waardevol?

Kennis van die waarheid bevry ons van leuens, bedrog en bygelowigheid. Wanneer ons daarvolgens lewe, versterk die waarheid ons om ontberinge te verduur en besiel dit ons met hoop wat ons in staat stel om toetse te deurstaan.—7/1, bladsy 8.

▫ Watter fundamentele verantwoordelikheid het die gesalfde Christengemeente van natuurlike Israel oorgeneem?

Die voorreg om onder die nasies van Jehovah se grootheid te getuig (Jesaja 43:21; 1 Petrus 2:9).—7/1, bladsy 19.

▫ Wat impliseer die apostel Petrus se woorde dat ’n man aan sy vrou ‘eer moet toeken’? (1 Petrus 3:7)

Die man wat sy vrou eer, verneder of kraak haar nie af nie. Hy toon eerder deur sy woorde en dade—privaat en in die openbaar—dat hy haar hoogag (Spreuke 31:10-31).—7/15, bladsy 19.

▫ Waarom kan daar gesê word dat dit liefdevol is om ’n onberouvolle oortreder uit die Christengemeente te sit?

Uitsetting is ’n blyk van liefde vir Jehovah en sy weë (Psalm 97:10). Dit toon liefde vir dié wat ’n regverdige weg volg omdat dit iemand wat ’n slegte invloed op hulle kan hê uit hulle midde verwyder; dit beskerm ook die reinheid van die gemeente (1 Korintiërs 5:1-13).—7/15, bladsy 25.

▫ Hoe kan “die getroue en verstandige slaaf”, van wie Jesus in Matteus 24:45-47 praat, vandag geidentifiseer word?

Hulle word hoofsaaklik geïdentifiseer deur die werk wat hulle doen om Bybelse publikasies te voorsien, te onderrig en die “goeie nuus van die koninkryk” te verkondig en deur die feit dat hulle nougeset by God se Woord, die Bybel, bly (Matteus 24:14; 28:19, 20).—8/1, bladsy 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel