‘Is ek vir God van belang?’
“IS EK van enige belang? Gee God om?” Dit is die titel van ’n artikel wat in Christianity Today verskyn het. “’n Groot deel van my loopbaan as skrywer het om die probleem van pyn gedraai”, sê Philip Yancey, die skrywer van die artikel. “Ek kom herhaaldelik terug tot dieselfde vrae, asof ek aan ’n ou wond bly voel wat nooit heeltemal gesond word nie. Ek hoor van lesers van my boeke, en hulle angswekkende verhale oortuig my van die werklikheid van my vrese.”
Miskien het jy ook al gewonder of God in jou lewe belangstel. O, jy is dalk vertroud met Johannes 3:16 wat sê dat “God . . . die wêreld so liefgehad [het] dat hy sy enigverwekte Seun gegee het”. Of jy het dalk al Matteus 20:28 gelees wat sê dat Jesus gekom het “om sy siel te gee as ’n losprys in ruil vir baie”. Jy vra dalk nietemin: ‘Sien God my raak? Gee hy vir my as individu om?’ Soos ons sal sien, is daar goeie rede om te glo dat hy wel omgee.