Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 6/15 bl. 3
  • Kan jy God werklik liefhê?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy God werklik liefhê?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wandel met die ware God
  • Ons moet “tere geneentheid vir mekaar hê”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Jy moet die God liefhê wat jou liefhet
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Wat beteken dit om God lief te hê?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Leer die uitnemende weg van liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 6/15 bl. 3

Kan jy God werklik liefhê?

“GEEN mens kan My sien en bly lewe nie”, sê God (Exodus 33:20). En daar is sedert Bybeltye geen getuienis van enige mens wat regstreekse kommunikasie met hom gehad het nie. Lyk dit nie asof dit moeilik—selfs onmoontlik—is om ’n diepe toegeneentheid vir iemand aan te kweek wat jy nog nooit regstreeks gesien of gehoor het nie? Is ’n liefdevolle verhouding met die Skepper van die heelal werklik moontlik?

Daar behoort by ons geen twyfel te wees dat ’n mens wel ’n hartlike persoonlike verhouding met God kan aankweek nie. In Deuteronomium 6:5 lees ons dat die nasie Israel beveel is: “Jy [moet] die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.” Jesus Christus het hierdie wet later herbevestig en voorts vir sy volgelinge gesê: “Dit is die grootste en eerste gebod” (Matteus 22:37, 38). Sou die Bybel ons aanspoor om God lief te hê indien so ’n verhouding onmoontlik is?

Maar verwag Jehovah dat ons hom moet liefhê bloot omdat hy dit beveel? Nee. God het die eerste mensepaar met die vermoë geskep om hom lief te hê. Adam en Eva is nie gedwing om ’n liefdevolle verhouding met hulle Skepper te hê nie. God het hulle eerder in ideale omstandighede geplaas waarin hulle ’n diepe toegeneentheid vir hom kon aankweek. Dit was hulle keuse—hulle kon nader aan God kom of hulle van hom vervreem.

Adam en Eva het gekies om in opstand te kom (Genesis 2:16, 17; 3:6, 7). Hulle nakomelinge sou egter die vermoë hê om ’n liefdevolle verhouding met die Skepper aan te kweek.

Wandel met die ware God

In die Bybel word daar byvoorbeeld van Abraham as God se “vriend” gepraat (Jakobus 2:23). Maar Abraham was hoegenaamd nie die enigste een wat ’n intieme verhouding met God geniet het nie. Die Bybel praat van baie ander onvolmaakte mense wat ware toegeneentheid vir Jehovah geopenbaar en “met God gewandel” het.—Genesis 5:24; 6:9; Job 29:4, NW; Psalm 25:14, NW; Spreuke 3:32, NW.

God se knegte van die ou tyd is nie met liefde en toegeneentheid vir God gebore nie. Hulle moes dit aankweek. Hoe? Deur sy persoonlike naam, Jehovah, te leer ken (Exodus 3:13-15, NW; 6:2, 3, NW). Deur van sy bestaan en Godheid bewus te wees (Hebreërs 11:6). Deur dikwels oor sy liefdevolle dade te peins (Psalm 63:7). Deur hulle diepste gedagtes in gebed tot God uit te spreek (Psalm 39:13). Deur van sy goedheid te leer (Sagaria 9:17, NW). Deur ’n gesonde vrees te ontwikkel om hom te mishaag.—Spreuke 16:6.

Kan jy ’n vriend van God word en met hom wandel? Jy kan weliswaar nie God sien of sy stem hoor nie. Nietemin nooi Jehovah jou om ‘in sy tent te vertoef’, om sy vriend te wees (Psalm 15:1-5). Dit is dus vir jou moontlik om God lief te hê. Maar hoe kan jy ’n intieme en liefdevolle verhouding met hom aankweek?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel