Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 5/15 bl. 21
  • Eerlikheid per toeval of uit eie keuse?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eerlikheid per toeval of uit eie keuse?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet jy ’n tandarts besoek?
    Ontwaak!—2007
  • Verkry ’n hart waarin Jehovah behae het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Hoe jy ’n mooi glimlag kan behou
    Ontwaak!—2005
  • Het jy ‘’n hart om Jehovah te ken’?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 5/15 bl. 21

Eerlikheid per toeval of uit eie keuse?

“AL IS ek nie van nature eerlik nie, gebeur dit soms per toeval dat ek eerlik is.” So sê die deugniet Autolycus in The Winter’s Tale deur William Shakespeare. Dit lig ’n basiese menslike tekortkoming toe—ons neiging om verkeerd te doen, wat die gevolg is van ’n ‘bedrieglike hart’ (Jeremia 17:9; Psalm 51:7; Romeine 5:12). Maar beteken dit dat ons geen keuse in die saak het nie? Is deugsame gedrag bloot ’n saak van toeval? Geensins!

Voor die kinders van Israel die Beloofde Land binnegegaan het, het Moses met hulle gepraat terwyl hulle laer op die vlaktes van Moab opgeslaan was. Hy het twee duidelike keuses voor hulle gestel. Hulle kon God se gebooie gehoorsaam en sy seën ontvang of dit verwerp en die wrange vrugte van sonde pluk (Deuteronomium 30:15-20). Dit was hulle keuse.

As mense met wilsvryheid het ons ook ’n keuse. Niemand—God inkluis—dwing ons om goed of sleg te doen nie. Maar party vra dalk tereg: ‘Hoe kan ons doen wat goed is as ons hart tot slegtheid geneig is?’ Wel, ’n tandarts ondersoek tande versigtig om slyting of bederf raak te sien voor dit te ver gevorder het. Ons moet eweneens ons figuurlike hart ondersoek om na swakhede en sedelike bederf te soek. Waarom? Want “uit die hart kom daar . . . goddelose redenasies, moorde, egbreuk, hoererye, diefstalle, valse getuienisse, lasteringe”, het Jesus gesê.—Matteus 15:18-20.

Om ’n tand te red, moet enige bederf wat gevind word geheel en al verwyder word. Daadwerklike optrede is eweneens nodig om die hart van “goddelose redenasies” en verkeerde begeertes te reinig. As ons God se Woord, die Bybel, lees en daaroor nadink, leer ons nie net ons Skepper se weë ken nie, maar ons leer ook om te doen wat reg is.—Jesaja 48:17.

Israel se koning Dawid het gebruik gemaak van ’n verdere noodsaaklike hulpmiddel in die stryd om te doen wat reg is. Hy het gebid: “Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees” (Psalm 51:12). Ja, deur biddend op Jehovah God te vertrou, kan ons ook ons neiging om verkeerd te doen te bowe kom en ’n “vaste gees” aankweek om goed te doen. Op hierdie manier sal ons nie eerlikheid aan toeval oorlaat nie. Dit sal uit eie keuse wees.

[Prent op bladsy 21]

Soos in die geval van Dawid kan gebed tot Jehovah ons help om te doen wat goed is

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel