Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 7/1 bl. 3
  • Vind wonderdadige genesings nog plaas?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vind wonderdadige genesings nog plaas?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Die wonderdadige genesing van die mensdom is op hande
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Hoe geloof die siekes kan help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • ‘Wonderdadige genesings’ vandag—Kom dit van God af?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Keur God geloofsgenesing goed?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 7/1 bl. 3

Vind wonderdadige genesings nog plaas?

“GLO in Jesus en word genees!” Slagspreuke soos dié het Alexandre, ’n lidmaat van ’n Evangeliese kerk, laat glo dat dit ’n gebrek aan geloof sou openbaar as hy medisyne vir sy siekte neem. Hy het daarvan oortuig geword dat sy geloof alleen die wonderdadige genesing sou meebring wat hy nodig gehad het. Benedita, ’n vroom Katoliek, is diep geraak toe sy gehoor het van wonderdadige genesings in die heiligdom van Aparecida do Norte, in die staat Sao Paulo, Brasilië. Deur ’n paar towerspreuke te gebruik wat haar tante haar geleer het, het Benedita tot Die Maagd van Aparecida, Antonius en ander “heiliges” vir krag gebid om die siekes gesond te maak.

Selfs laat in hierdie 20ste eeu glo baie mense blykbaar nog steeds aan wonderdadige genesings—maar waarom? Party voel moontlik gefrustreerd wanneer dokters nie veel kan doen om die siekte, pyn en lyding van hulle geliefdes, veral hulle kinders, te verlig nie. Diegene wat deur chroniese siektes geteister word, meen dalk dat dit met die oog op die hoë koste van die moderne geneeskunde nie skade kan doen om geloofsgenesing te probeer nie. Party sien op TV hoe verskillende kerke en individue sê dat hulle vigs, depressie, kanker, kranksinnigheid, hoë bloeddruk en baie ander kwale kan genees. Hetsy hulle sulke verklarings glo of nie, hulle kies dit dalk as laaste uitweg. En ander wat glo dat hulle siekte deur bose geeste veroorsaak word, meen dalk dat gewone geneesmiddels nie die krag het om hulle te help nie.

Daarenteen is daar mense wat sterk gekant is teen die idee van wonderdadige genesings deur afgestorwe “heiliges” of lewende genesers, en hulle veroordeel dit selfs. Volgens die Jornal da Tarde is die immunoloog Dráusio Varella van mening dat die opvatting “die geloof van die onbehoedsames en die wanhopiges verydel”. Hy voeg by: “Aangesien hulle hulle hoop op wonderwerke vestig, sal baie dalk dringende mediese behandeling laat vaar weens hierdie bedrieërs.” En The New Encyclopædia Britannica verduidelik: “Onortodokse genesings is in die verlede met heilige plekke en godsdiensritusse in verband gebring, en die mediese wetenskap is geneig om al sulke genesings toe te skryf aan die normale proses van suggestie wat onder gunstige toestande werk.” Tog is daar baie wat glo dat hulle werklik deur ’n wonderwerk genees is. Vir hulle het die genesing gewerk!

Diegene wat met die Bybel vertroud is, is daarvan bewus dat Jesus Christus die siekes by baie geleenthede deur die “krag van God” genees het (Lukas 9:42, 43). Gevolglik wonder hulle dalk: ‘Is God se krag vandag nog steeds in werking en verrig dit wonderdadige genesings?’ Indien wel, waarom bring pogings om mense te genees nie die beloofde resultate mee nie? Is dit omdat die pasiënt nie genoeg geloof het nie of omdat sy bydrae nie groot genoeg is nie? Is dit gepas vir ’n Christen om ’n wonderdadige genesing te probeer verkry as hy aan ’n pynlike of miskien ongeneeslike siekte ly? En sal onfeilbare wonderdadige genesings, soos dié wat Jesus verrig het, weer plaasvind? Jy kan die antwoorde op hierdie belangrike vrae in die volgende artikel vind.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel