Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 8/1 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus genees ’n seun in wie daar ’n demoon is
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • ’n Besete seun word genees
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • ’n Demonbesete seun word genees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 8/1 bl. 30

Vrae van lesers

Volgens Matteus 17:20 kon die apostels ‘weens hulle kleingelowigheid’ nie ’n geteisterde seun genees nie. Maar in Markus 9:29 word hulle onvermoë met die nodigheid van gebed verbind. Waarom word verskillende redes in verskillende Evangelieverslae gegee?

Die twee verslae is eintlik aanvullend, nie teenstrydig nie. Kyk eerstens na Matteus 17:14-20. ’n Man het vertel dat sy seun aan epilepsie ly en dat Jesus se dissipels nie die kind kon genees nie. Jesus het toe die seun genees deur ’n demoon uit te dryf wat hom geteister het. Die dissipels het gevra waarom hulle nie die demoon kon uitdryf nie. Volgens Matteus se verslag het Jesus geantwoord: “Weens julle kleingelowigheid. Want voorwaar, ek sê vir julle: As julle geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Verplaas jou hiervandaan daarnatoe’, en hy sal hom verplaas, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Blaai nou na Markus 9:14-29, waar ons meer besonderhede vind. Markus 9:17 verskaf byvoorbeeld die besonderheid dat die epileptiese aanvalle in hierdie geval deur ’n bose gees veroorsaak is. Dit is noemenswaardig dat die Bybel op ’n ander plek sê dat Jesus epilepsielyers en demoonbesetenes genees het (Matteus 4:24). In hierdie unieke situasie is die aanvalle veroorsaak deur ’n “stom en dowe gees”, dit wil sê ’n bose gees, wat deur die geneesheer Lukas bevestig word (Lukas 9:39; Kolossense 4:14). Let in Markus 9:18 op na die frase: “Waar hy [die demoon] hom ook al gryp.” Die seun is dus nie gedurig deur die demoon geteister nie, net nou en dan. Nietemin kon die dissipels die demoon nie uitdryf en die seun genees nie. Toe hulle vra waarom nie, het Jesus geantwoord: “Hierdie soort kan deur niks anders uitgaan as deur gebed nie.”

As ons egter Markus se verslag sorgvuldig lees, toon dit dat daar geen teenstrydigheid is met wat Matteus opgeteken het nie. In Markus 9:19 lees ons dat Jesus die ongeloof van daardie geslag betreur het. En in vers 23 sê dit dat hy vir die seun se vader gesê het: “Alles is immers vir ’n mens moontlik as jy geloof het.” Markus beklemtoon dus ook die belangrikheid van geloof. Dit is net dat Markus in vers 29 ’n ekstra besonderheid meld. Markus voeg by wat Jesus oor gebed gesê het, wat nie deur Matteus of Lukas ingesluit is nie.

Wat kan ons dan sê? By ander geleenthede het die 12 apostels sowel as die 70 dissipels bose geeste uitgedryf (Markus 3:15; 6:13; Lukas 10:17). Maar in hierdie geval kon die dissipels nie die demoon uitdryf nie. Waarom nie? As ons die besonderhede wat in die verskillende verslae genoem is in verband bring, kom ons tot die slotsom dat hulle in hierdie geval nie voorbereid was om dit te doen nie. Miskien was die soort demoon wat hier betrokke was deel van die probleem, aangesien dit lyk of demone verskillende persoonlikhede, belange en selfs vermoëns kan hê. Met hierdie een was dit nodig om besondere sterk geloof te hê en ernstig tot God om hulp te bid. Jesus het natuurlik sulke geloof gehad. Hy het ook die steun gehad van die Hoorder van gebed, sy Vader (Psalm 65:3). Nie alleen het Jesus die vermoë gehad om die geteisterde seun te genees deur die demoon uit te dryf nie, maar hy het dit ook gedoen.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel