Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 5/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • ’n Demonbesete seun word genees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • ’n Besete seun word genees
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Geesteskwelling—Wanneer ’n Christen dit ervaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 5/1 bl. 31

Vrae van lesers

Beteken dit noodwendig dat ’n Christen deur demone aangeval word as hy stemme hoor?

Nee. Hoewel demone blykbaar mense al op hierdie manier aangeval het, het baie mense wat stemme hoor of ander onverklaarbare, ontstellende sensasies ondervind, ná ’n ondersoek uitgevind dat hulle ’n mediese probleem het.

Selfs in die eerste eeu is daar klaarblyklik besef dat demoonaanvalle en gesondheidsprobleme soms soortgelyke uitwerkings het. In Matteus 17:14-18 lees ons van ’n jong seun wat deur Jesus genees is. Hoewel die seun simptome van ernstige epilepsie gehad het, is sy lyding in werklikheid deur ’n demoon veroorsaak. Maar by ’n vorige geleentheid, toe ’n menigte mense met siektes en kwale na Jesus toe gebring is, was daar “demoonbesetenes en epilepsielyers” onder hulle (Matteus 4:24). Daar is klaarblyklik besef dat sommige epilepsielyers nie demoonbesete was nie. Hulle probleme was fisies van aard.

Party wat aan skisofrenie ly, ’n siekte wat dikwels met medikasie behandel kan word, hoor moontlik stemme of ondervind ander simptome wat kan lyk of dit van bonatuurlike oorsprong is.a Ander fisiese toestande kan ook geestesverwarring veroorsaak wat sommige verkeerdelik aan demone kan toeskryf. Hoewel iemand wat sê dat hy stemme hoor of wat ander ontstellende sensasies ondervind, dalk nie teistering deur demone heeltemal buite rekening wil laat nie, moet hy beslis aangemoedig word om uit te vind of daar nie ’n mediese verduideliking is vir wat hy ondervind nie.

[Voetnoot]

a Sien “Geestesiekte—die raaisel opgelos”, in die nommer van 8 September 1986 van die Ontwaak!, medetydskrif van Die Wagtoring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel