Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 8/15 bl. 2-4
  • ’n Epidemie van haat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Epidemie van haat
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Die enigste manier om haat uit te wis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Die oorsprong van haat
    Ontwaak!—2001
  • Hoekom is daar soveel haat? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • ’n Volk wat geleer word om lief te hê
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 8/15 bl. 2-4

’n Epidemie van haat

“Mense verstaan nooit diegene wat hulle haat nie.”—JAMES RUSSELL LOWELL, ESSAYIS EN DIPLOMAAT.

DIT lyk of haat vandag oral om ons is. Name soos Oos-Timor, Kosowo, Liberië, Littleton en Sarajevo—sowel as neo-Nazi, skinhead en voorstanders van wit oorheersing—is in ons verstand ingegrif, tesame met beelde wat by ’n mens spook van uitgebrande puinhope, massagrafte wat pas gegrawe is en lyke.

Drome van ’n toekoms vry van haat, konflik en geweld is verydel. Danielle Mitterand, die vrou van die oorlede Franse president, het van haar jeug gesê: “Mense het daarvan gedroom om in vryheid te lewe in ’n broederskap wat hulle kon vertrou; om gemoedsrus te hê terwyl hulle saam met ander lewe; hulle het daarvan gedroom om gesonde, vreedsame en waardige lewens te lei in ’n gevestigde en mededeelsame wêreld wat oor hulle waak.” Wat het van hierdie ideale geword? Sy het gesê: “’n Halwe eeu later moet ons erken dat ons droom bedreig word.”

Die herlewing van haat wat deesdae ondervind word, kan eenvoudig nie geïgnoreer word nie. Dit is algemener en kom al hoe meer onverbloemd voor. Die gevoel van individuele sekuriteit wat miljoene as vanselfsprekend aanvaar, word bedreig deur ’n vlaag van sinlose dade van haat, wat elk skynbaar afgrysliker is as die vorige daad. Selfs al is daar nie haat in ons huis of land nie, wag dit êrens anders op ons. Ons sien waarskynlik elke dag bewyse daarvan in die nuus op televisie en in programme oor aktuele sake. Van dit kan selfs op die Internet gesien word. Kyk na ’n paar voorbeelde.

In die laaste dekade was daar ’n ongeëwenaarde toename in nasionalisme. “Nasionalisme”, het Joseph S. Nye jr., die direkteur van die Harvard-sentrum vir Internasionale Aangeleenthede, gesê, “word in die grootste deel van die wêreld sterker, nie swakker nie. Pleks van een wêrelddorp te hê, is daar dorpe regoor die wêreld wat meer bewus is van mekaar. Dit vergroot weer die kanse op konflik.”

Ander vorme van haat is subtieler, nie so ooglopend in ’n land of selfs in ’n buurt nie. Toe vyf skinheads ’n bejaarde Sikh in Kanada vermoor het, het hierdie gebeurtenis “die aandag gevestig op wat party sien as ’n herlewing van haatmisdade in ’n land wat dikwels geprys is vir sy rasseverdraagsaamheid”. In Duitsland het rassistiese aanvalle deur ekstremiste, nadat dit in vorige jare geleidelik afgeneem het, in 1997 met 27 persent gestyg. “Dit is ’n ontmoedigende verwikkeling”, het die minister van binnelandse sake, Manfred Kanther, gesê.

In noordelike Albanië het ’n verslag getoon dat meer as 6 000 kinders feitlik gevangenes in hulle eie huise geword het omdat hulle vrees dat hulle deur vyande van hulle gesinne geskiet sal word. Hierdie kinders is die slagoffers van die vete-tradisie wat die “lewe van duisende gesinne ontwrig het”. In die Verenigde State “was rassevooroordeel die beweegrede vir meer as die helfte van die 7 755 haatmisdade wat in 1998 gepleeg is en by die FBI aangegee is”, sê die Amerikaanse federale speurdiens (FBI). Party van die beweegredes vir die res van die haatmisdade het vooroordeel met betrekking tot godsdiens, etniese herkoms of nasionaliteit en liggaamsgebreke ingesluit.

Daarbenewens vestig koerantopskrifte daagliks die aandag op ’n epidemie van xenofobie, wat hoofsaaklik gerig is teen vlugtelinge, waarvan daar nou meer as 21 miljoen is. Ongelukkig is dit meestal jongmense wat haat teenoor vreemdelinge openbaar, en hulle word aangehits deur onverantwoordelike politieke figure en ander wat iemand soek om te blameer. Minder sigbare tekens van dieselfde verskynsel sluit wantroue en onverdraagsaamheid in, asook om mense wat anders is oor een kam te skeer.

Wat is van die redes vir hierdie epidemie van haat? En wat kan gedoen word om haat uit te wis? Die volgende artikel sal hierdie vrae beantwoord.

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Voorblad, bo: UN PHOTO 186705/J. Isaac

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Daud/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel