Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 12/1 bl. 3-4
  • Die Bybel—Hooggeag en onderdruk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel—Hooggeag en onderdruk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die gety van sekulêre denke
  • Wanneer die ploegman hom in God se Woord verlustig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Desiderius Erasmus
    Ontwaak!—2016
  • Die Waldense—Van kettery tot Protestantisme
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 12/1 bl. 3-4

Die Bybel—Hooggeag en onderdruk

“Ek sou graag wou hê dat die heilige boeke in alle tale vertaal moet word”, het Desiderius Erasmus, ’n hoogaangeskrewe Nederlandse geleerde van die 16de eeu, geskryf.

ERASMUS se hartsbegeerte was dat almal die Skrif moet kan lees en verstaan. Maar die Bybel se teenstanders het hierdie idee met alle mag verwerp. Trouens, gedurende daardie tyd was Europa ’n uiters gevaarlike plek vir enigiemand wat selfs net ’n tikkie belangstelling in die Bybel getoon het. In Engeland het die regering ’n wet uitgevaardig wat gelas het dat “enigiemand wat die Skrif in Engels lees, grond, roerende goed, besittings en lewe moet inboet . . . en as hulle onversetlik voortgaan of dit weer hervat nadat hulle begenadig is, moet hulle eers gehang word vir verraad teen die koning en dan verbrand word vir kettery teen God”.

Op die Europese vasteland het die Katolieke Inkwisisie genadeloos jag gemaak op “ketterse” sektes, soos die Franse Waldense, en hulle die skyf van vervolging gemaak omdat dit hulle gewoonte was om ander “uit die evangelies en sendbriewe en ander heilige geskrifte [te leer], . . . aangesien die prediking en uitlegging van die heilige skrif vir leke heeltemal verbode [was]”. Tallose mans en vroue het verskriklike marteling verduur en is doodgemaak as gevolg van hulle liefde vir die Bybel. Hulle het gevaar geloop om die swaarste straf opgelê te word as hulle selfs net die Onse Vader of die Tien Gebooie opgesê en dit vir hulle kinders geleer het.

Sulke toegewydheid aan die Woord van God het voortgeleef in die harte van baie pelgrims wat per skip na Noord-Amerika gegaan het om dit te koloniseer. In die vroeë Amerika “was lees en godsdiens onlosmaaklik aan mekaar verbonde, ’n kenmerk van ’n kultuur wat heeltemal op vertroudheid met die Bybel gegrond is”, sê die boek A History of Private Life—Passions of the Renaissance. Trouens, ’n preek wat in 1767 in Boston gepubliseer is, het aanbeveel: “Wees ywerig om die heilige skrif te lees. Lees elke oggend en elke aand ’n hoofstuk in jou Bybel.”

Volgens die Barna-Navorsingsgroep in Ventura, Kalifornië, besit meer as 90 persent van Amerikaners gemiddeld drie Bybels. Hoewel die Bybel daar nog steeds hooggeag word, toon ’n onlangse studie egter dat “dit iets van die verlede is om tyd daaraan te bestee om dit te lees, te bestudeer en toe te pas”. Die meeste mense het net ’n oppervlakkige kennis daarvan. Een koerantrubriekskrywer het gesê: “Die gedagte dat [die Bybel] dalk nog ’n groot invloed op huidige probleme en sorge kan uitoefen, kom selde voor.”

Die gety van sekulêre denke

’n Gewilde opvatting is dat ons alleenlik deur rede en samewerking tussen mense vooruitgang in die lewe kan maak. Die Bybel word beskou as net een van baie boeke oor godsdiensmenings en persoonlike ondervindinge, nie as ’n boek van feite en waarheid nie.

Hoe bied die meeste mense dus die al hoe ingewikkelder en kwellende kwessies in die lewe die hoof? Hulle lewe in ’n geestelike leemte, met geen vaste sedelike en godsdienstige leiding en riglyne nie. Hulle het soos skepe sonder ’n roer geword, wat “heen en weer geslinger en deur elke windjie van menslike lering rondgewaai [is], . . . deur die bedrieëry en die listigheid van mense”.—Efesiërs 4:14, The Twentieth Century New Testament.

Ons moet dus vra: Is die Bybel net nog ’n godsdiensboek? Of is dit waarlik God se Woord, wat praktiese en noodsaaklike inligting bevat? (2 Timoteus 3:16, 17). Verdien die Bybel ons aandag? Die volgende artikel sal hierdie vrae bespreek.

[Prent op bladsy 3]

Desiderius Erasmus

[Erkenning]

Uit die boek Deutsche Kulturgeschichte

[Prent op bladsy 4]

Die Waldense is die skyf van vervolging gemaak omdat hulle ander uit die Skrif geleer het

[Erkenning]

Stichting Atlas van Stolk, Rotterdam

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel