Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 5/1 bl. 2-4
  • Wat sal jy God graag wil vra?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sal jy God graag wil vra?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • God, wie is u werklik?
  • Waarom is daar soveel lyding?
  • Waarom is ek hier? Wat is die doel van die lewe?
  • Hoe party antwoorde gekry het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Wat is die waarheid omtrent God?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wie is God?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat is God se naam?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 5/1 bl. 2-4

Wat sal jy God graag wil vra?

MENSE regoor die aarde het ernstige vrae oor die lewe. Het jy? Baie het godsdiensonderrigters met hulle vrae genader, maar het nie bevredigende antwoorde gekry nie. Ander het maar by hulleself oor hierdie vrae nagedink. Sommige het vir leiding gebid. Kan God werklik vir jou antwoorde gee op vrae oor dinge wat vir jou verwarrend is? Hier volg van die vrae wat baie mense al vir God wou vra.

God, wie is u werklik?

Mense se beskouing van God word beïnvloed deur hulle kultuur, die godsdiens van hulle ouers en moontlik deur hulle eie voorkeur. Party gebruik ’n naam vir die Godheid; ander noem hom bloot God. Maak dit werklik saak? Is daar net een ware God wat homself en sy naam aan ons openbaar?

Waarom is daar soveel lyding?

As iemand se roekelose of onsedelike lewenswyse sy gesondheid verwoes het of hom in armoede gedompel het, kla hy dalk. Maar hy weet moontlik goed waarom hy ly.

Daar is egter baie ander wat verskriklik ly sonder dat dit enigsins hulle skuld is. Sommige ly aan chroniese siektes. Ander voer ’n skynbaar onoorwinlike stryd om net ’n dak oor hulle kop en genoeg kos vir hulle gesin te voorsien. Miljoene is slagoffers van misdaad, oorlog, sinnelose geweld, natuurrampe of die onregverdigheid van mense in gesagsposisies.

Dit is te verstane dat baie vra: ‘Waarom het hierdie toestande so algemeen geword? Waarom laat God al hierdie lyding toe?’

Waarom is ek hier? Wat is die doel van die lewe?

Hierdie vrae ontstaan dikwels by iemand wat gefrustreerd voel omdat sy daaglikse aktiwiteite hom nie ware bevrediging verskaf nie—en dit is die geval met baie mense. Miljoene ander glo dat die lewensweg van elke mens op die een of ander manier deur God voorbestem is. Is dit waar? As God wel ’n spesiale doel vir jou het, sal jy ongetwyfeld wil weet wat dit is.

Net een uit al die boeke in die wêreld sê duidelik dat dit deur God geïnspireer is. Soos ’n mens sou verwag van ’n boodskap wat waarlik van God af kom en vir die hele mensdom bedoel is, is hierdie boek beskikbaar in baie meer tale as enige ander boek wat al ooit geskryf is. Dit is die Heilige Bybel. Daarin openbaar die Skepper van hemel en aarde, God self, wie hy is en wat sy naam is. Ken jy daardie naam? Weet jy wat die Bybel sê oor die soort Persoon wat God is? Weet jy wat dit sê oor wat God van jou vereis?

[Foto-erkenning op bladsy 2]

VOORBLAD: Chad Ehlers/Index Stock Photography

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Berg: Chad Ehlers/Index Stock Photography

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel