Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 3/1 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah is my deel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • “Ek sal die moeë siel verkwik”
    God se woord vir ons deur Jeremia
  • Bybelboek nommer 24—Jeremia
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • “Ek het my woorde in jou mond gelê”
    God se woord vir ons deur Jeremia
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 3/1 bl. 29

Vrae van lesers

Hoe kon die Leviet Hanamel ’n stuk grond aan sy Levitiese neef Jeremia verkoop, soos opgeteken in Jeremia 32:7, aangesien Leviete geen erfdeel in eertydse Israel gehad het nie?

Jehovah het aangaande die Leviete vir Aäron gesê: “Jy [sal] nie ’n erfdeel hê nie, en geen deel onder hulle [Israel] sal joune word nie” (Numeri 18:20). Daar is nietemin 48 stede, tesame met hulle weiveld, oral in die Beloofde Land aan die Leviete toegewys. Jeremia se tuisdorp was Anatot, een van die stede wat aan “die kinders van Aäron, die priesters”, toegewys is.—Josua 21:13-19; Numeri 35:1-8; 1 Kronieke 6:54, 60.

In Levitikus 25:32-34 vind ons dat Jehovah spesifieke instruksies gegee het oor “die terugkoopreg” ten opsigte van eiendom wat deur Leviete besit is. Blykbaar het individuele Levitiese families erfregte gehad met betrekking tot die besit, gebruik en oordrag van spesifieke toegemete dele. Dit sou natuurlik die verkoop en terugkoop van eiendom insluit.a In baie opsigte het die Leviete eiendom besit en gebruik op soortgelyke maniere as Israeliete van ander stamme.

Die grondreg van sulke Levitiese eiendom is waarskynlik deur familie-erfenis oorgedra. Maar wat “die terugkoopreg” betref, is transaksies net tussen Leviete toegelaat. En blykbaar het die verkoop en terugkoop van grond net vir eiendom in die stede gegeld, aangesien dit verbode was om “die weiveld van hulle stede” te verkoop, want dit was “’n besitting tot onbepaalde tyd”.—Levitikus 25:32, 34.

Die stuk grond wat Jeremia van Hanamel teruggekoop het, was dus die soort wat deur terugkoping oorgedra kon word. Dit het moontlik binne die grense van die stad gelê. Jehovah self het bevestig dat die betrokke “stuk grond” aan Hanamel behoort het en dat Jeremia “die terugkoopreg” gehad het (Jeremia 32:6, 7). Jehovah het hierdie transaksie simbolies gebruik om sy belofte te bekragtig dat die Israeliete ná ’n tydperk van ballingskap in Babilon sou terugkeer om hulle land as erfenis te herwin.—Jeremia 32:13-15.

Daar is geen aanduiding dat Hanamel eiendom in Anatot op onregmatige wyse bekom het nie. En daar is niks wat te kenne gee dat hy Jehovah se wet verbreek het deur Jeremia te nooi om hierdie stuk grond in Anatot te koop of dat Jeremia sy terugkoopreg op ongepaste wyse uitgeoefen het deur die stuk grond te koop nie.—Jeremia 32:8-15.

[Voetnoot]

a In die eerste eeu G.J. het die Leviet Barnabas ’n stuk grond wat aan hom behoort het, verkoop en die geld geskenk om behoeftige volgelinge van Christus in Jerusalem te help. Die eiendom was moontlik in Palestina of in Siprus. Of miskien was dit bloot ’n begraafplek wat Barnabas in die omgewing van Jerusalem bekom het.—Handelinge 4:34-37.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel