Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 4/15 bl. 27
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Vrede van Wesfale—’n keerpunt in Europa
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Hoe om die wilde dier en sy merk te identifiseer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Oorlog het ’n ander vorm aangeneem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Wat beteken 666?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 4/15 bl. 27

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Wat toon dat Jesus broers en susters gehad het?

Die Bybel sê so in Matteus 13:55, 56 en Markus 6:3. Die Griekse woord (adelphos) wat in hierdie verse gevind word, word gebruik om “’n fisiese of wetlike verhouding aan te dui [en] beteken . . . slegs vol- of halfbroer” (The Catholic Biblical Quarterly, Januarie 1992).—12/15, bladsy 3.

• Watter vorm van oorlog het baie algemeen geword, en wat is dikwels die grondoorsake hiervan?

In onlangse jare was die oorloë wat die mensdom geteister het, hoofsaaklik burgeroorloë—oorloë tussen vyandige groepe burgers van dieselfde land. Etniese en stamhaat, godsdiensverskille, ongeregtigheid en politieke onrus is bydraende faktore. Nog ’n faktor is gierigheid wat mag en geld betref.—1/1, bladsye 3-4.

• Hoe weet ons dat Jesus nie bedoel het dat Christene die modelgebed woord vir woord moet opsê nie?

Jesus het hierdie voorbeeld van gebed in sy Bergpredikasie gegee. Sowat 18 maande later het hy die belangrike punte van sy vroeëre onderrigting oor gebed herhaal (Matteus 6:9-13; Lukas 11:1-4). Dit is opmerkenswaardig dat hy dit nie woord vir woord herhaal het nie, wat toon dat hy nie ’n liturgiese gebed gegee het wat uit die hoof opgesê moet word nie.—2/1, bladsy 8.

• Waar het die duif ná die Vloed die olyfblaar gevind wat hy na die ark toe gebring het?

Ons weet nie wat die soutgehalte of temperatuur van die vloedwaters was nie. Maar dit is bekend dat olyfbome weer uitloop selfs nadat dit afgekap is. Daarom kon party die vloedwaters oorleef het en weer uitgeloop het.—2/15, bladsy 31.

• Hoe het Jehovah se Getuies gedurende die burgeroorlog in Nigerië, toe Biafra deur ’n blokkade afgesluit is, geestelike voedsel in daardie gebied ontvang?

’n Staatsamptenaar het ’n pos in Europa gekry en ’n ander het by die Biafraanse vliegveld gewerk. Albei was Getuies. Hulle het die gevaarlike taak aanvaar om geestelike voedsel in Biafra in te bring, en sodoende het hulle baie broers gehelp totdat die oorlog in 1970 geëindig het.—3/1, bladsy 27.

• Wat is deur die Vrede van Wesfale bereik, en hoe was godsdiens daarby betrokke?

Die Hervorming het die Heilige Romeinse Ryk verdeel in drie gelowe—Katolieke, Lutherane en Calviniste. Die Protestantse Unie en die Katolieke Liga is in die vroeë 17de eeu gestig. Toe het ’n godsdienskonflik in Boheme uitgebreek en tot ’n internasionale magstryd ontwikkel. Katolieke en Protestantse heersers het meegeding om politieke oorheersing en ekonomiese gewin. Uiteindelik is vredesamesprekings in die Duitse provinsie Wesfale gehou. Ná byna vyf jaar is die Verdrag van Wesfale in 1648 onderteken, wat die Dertigjarige Oorlog tot ’n einde gebring en die ontstaan van moderne Europa as ’n vasteland met soewereine state tot gevolg gehad het.—3/15, bladsye 20-3.

• Wat beteken die merk, of naam, van “die wilde dier”—die getal 666?

Hierdie merk word in Openbaring 13:16-18 genoem. Die dier verwys na menseheerskappy, en die feit dat die dier “’n mens se getal” het, dui daarop dat regerings die gevalle toestand van die mens weerspieël. Die 6 plus 60 plus 600 toon dat dit heeltemal gebrekkig in God se oë is. Diegene wat hierdie merk het, aanbid as ’t ware die politieke Staat, of stel hulle vertroue daarin vir redding.—4/1, bladsye 4-7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel