Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 3/15 bl. 3-4
  • Jesus se wêreldwye invloed

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus se wêreldwye invloed
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus Christus—Wie is hy?
    Jesus Christus—Wie is hy?
  • Die grootste mens wat nog geleef het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Het die Christelike godsdiens gefaal?
    Ontwaak!—2007
  • Die ware Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 3/15 bl. 3-4

Jesus se wêreldwye invloed

“ALLES wat die evangelies vertel van wat Jesus privaat en in die openbaar gesê het, kon hy in twee uur gesê het”, het die Bybelvertaler Edgar Goodspeed geskryf. “En tog was daardie bietjie onderrigting so treffend, so aangrypend en so deurdringend dat ’n mens met sekerheid kan sê dat niemand anders so ’n groot invloed op die wêreld gehad het nie.”

Toe Jesus Christus sy aardse bediening in die jaar 33 G.J. voltooi het, was daar ten minste 120 mans en vroue wat hom gevolg het (Handelinge 1:15). Vandag beweer meer as tweemiljard mense dat hulle Christene is. Honderdmiljoene ander erken Jesus as ’n profeet. Sy leringe het waarlik ’n buitengewone invloed op die mensdom gehad.

Jesus se wêreldwye invloed is al selfs deur nie-Christelike leiers erken. Die Joodse rabbi Hyman Enelow het byvoorbeeld geskryf: “Jesus het die gewildste, die mees bestudeerde, die invloedrykste figuur in die godsdiensgeskiedenis van die mensdom geword.” Enelow het ook gesê: “Wie kan bereken wat Jesus alles vir die mensdom beteken het? Die liefde wat hy aangewakker het, die vertroosting wat hy gegee het, die goeie wat hy teweeggebring het, die hoop en vreugde wat hy gewek het—dit alles is ongeëwenaard in die mensegeskiedenis. Onder die invloedryke en goeie mense wat die mensdom voortgebring het, het niemand selfs naby Jesus gekom ten opsigte van sy universele aantrekkingskrag en invloed nie. Hy het die fassinerendste figuur in die geskiedenis geword.” En die Hindoeleier Mohandas K. Gandhi het gesê: “Ek weet van niemand wat meer vir die mensdom gedoen het as Jesus nie. Trouens, daar is niks verkeerd met die Christelike godsdiens nie.” Maar hy het bygevoeg: “Die probleem lê by julle Christene. Julle leef glad nie julle eie leringe na nie.”

Die Christendom het ’n lang geskiedenis van mislukking wanneer dit kom by die nalewing van Jesus se leringe. Cecil John Cadoux, ’n geskiedkundige van die Christelike godsdiens, het gesê dat “die geleidelike en volgehoue verspreiding van ’n sekere sedelike laksheid regdeur die Kerk reeds in . . . 140 n.C. deur Christenleiers opgemerk is”. Hy het gesê: “Hierdie verslapping van die eertydse streng sedelike standaarde sou vanselfsprekend die proses van gelykvormigheid aan die weë van die wêreld bevorder.”

Hierdie proses het in die vierde eeu momentum gekry toe die Romeinse keiser Konstantyn die Christelike godsdiens aangeneem het. “Geskiedkundiges het die ontsaglike kompromis wat die Kerk moes aangaan weens sy bondgenootskap met Konstantinus, opgelet en in sommige gevalle betreur”, het Cadoux geskryf. Gedurende die eeue sedertdien het verklaarde Christene talle skandelike dinge beoefen wat die naam van Christus oneer aandoen.

Die belangrike vrae is dus: Wat het Jesus mense dan nou eintlik geleer? En hoe moet sy leringe ons beïnvloed?

[Prent op bladsy 3]

“Ek weet van niemand wat meer vir die mensdom gedoen het as Jesus nie.”—Mohandas K. Gandhi

[Prent op bladsy 3]

‘Niemand anders het so ’n groot invloed op die wêreld gehad nie.’—Edgar Goodspeed

[Erkenning]

Culver Pictures

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel