Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 4/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Simson seëvier in die krag van Jehovah!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Vertrou op Jehovah, net soos Simson
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Die sterkste man
    My boek met Bybelverhale
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 4/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Waarom is 25 Desember gekies as ’n datum om Jesus se geboorte te vier?

God se Woord gee nie ’n datum vir Jesus se geboorte aan nie. Die Enciclopedia Hispánica sê: “Die datum 25 Desember vir die viering van Kersfees is nie die gevolg van ’n streng chronologiese herdenking nie, maar eerder van die verchristeliking van die feeste van die wintersonstilstand.” Die eertydse Romeine het die opkoms van die son in die winterhemel gevier deur feesviering, oormatige etery en drinkery en die gee van geskenke.—12/15, bladsye 4-5.

• Gee Handelinge 7:59 te kenne dat Stefanus tot Jesus gebid het?

Nee. Die Bybel toon dat gebed net tot Jehovah God gerig moet word. Toe Stefanus Jesus in ’n visioen sien, het hy blykbaar gevoel dat hy sy versoek regstreeks tot hom kon rig en gesê: “Here Jesus, ontvang my gees.” Stefanus het geweet dat Jesus gesag gegee is om die dooies op te wek (Johannes 5:27-29). Stefanus het Jesus dus gevra, of gesmeek, om sy lewenskrag te bewaar totdat die opstanding plaasvind.—1/1, bladsy 31.

• Hoe weet ons dat ’n persoon se lotsbestemming nie vooraf bepaal is nie?

God het die mens keusevryheid gegee, iets wat voorbeskikking onmoontlik maak. Dit sou liefdeloos en onregverdig gewees het as Jehovah voorbestem het watter koers ons sal inslaan en ons dan verantwoordelik gehou het vir ons dade (Deuteronomium 32:4; 1 Johannes 4:8).—1/15, bladsye 4-5.

• Waarom sou dit onbeskeie wees om te sê dat wonderwerke onmoontlik is?

Aangesien party wetenskaplikes besef dat hulle bloot gedeeltelike kennis het van die wetenskaplike wonders in God se skeppingswerke, erken hulle dat hulle nie meer met sekerheid kan sê dat iets onmoontlik is nie. Hulle kan hoogstens sê dat dit onwaarskynlik is.—2/15, bladsye 5-6.

• Waarom het die rigter Simson vir sy ouers gesê dat hy ’n dogter van die Filistyne as vrou wou hê? (Rigters 14:2).

Dit was teen God se Wet om ’n aanbidder van heidense gode as vrou te neem (Eksodus 34:11-16). Nogtans was die Filistynse vrou “net reg” in Simson se oë. Simson het ‘’n geleentheid teen die Filistyne gesoek’, en die vrou was net reg vir daardie doel. God het Simson deur middel van Sy gees gesteun (Rigters 13:25; 14:3, 4, 6).—3/15, bladsy 26.

• Moet ’n Christen vir ’n staatsamptenaar ’n fooitjie of ’n geskenk vir sy diens gee?

Dit is verkeerd om ’n amptenaar om te koop deur hom iets waardevols te gee sodat hy die wet oortree, die reg verdraai of voorkeurbehandeling gee. Maar dit is nie omkopery om ’n staatsamptenaar ’n fooitjie of ’n geskenk te gee wanneer hy sy werk doen of om ’n wettige diens verrig te kry of om onregverdige behandeling te voorkom nie.—4/1, bladsy 29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel