Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 6/1 bl. 4-7
  • Waarop stuur die wêreld af?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarop stuur die wêreld af?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom is daar nie eenheid nie?
  • Wat is nodig?
  • Hoe wêreldeenheid teweeggebring sal word
  • Eenheid is ’n kenmerk van ware aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Wat het van wêreldeenheid geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Waar kan ons eenheid vind in hierdie wêreld vol tweedrag?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Sal die wêreld verenig?
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 6/1 bl. 4-7

Waarop stuur die wêreld af?

WÊRELDEENHEID. Dit klink so goed. Is dit nie wat almal wil hê nie? Ja, daar is al baie oor eenheid gepraat. Samesprekings van wêreldleiers het al keer op keer daaroor gehandel. In Augustus 2000 het meer as 1 000 godsdiensleiers by die Verenigde Nasies in New York byeengekom vir die Millennium-wêreldvredesberaad. Hulle het oplossings vir wêreldkonflikte bespreek. Maar die konferensie self was ’n weerspieëling van die wêreld se broeiende geskille. ’n Mohammedaanse wetsgeleerde van Jerusalem het geweier om dit by te woon omdat ’n Joodse rabbi daar was. Ander het aanstoot geneem omdat die Dalai Lama nie na die eerste twee dae genooi is nie uit vrees dat China nie daarvan sou hou nie.

In Oktober 2003 het lande om die Stille Oseaan wêreldveiligheidskwessies bespreek by die Asiaties-Pasifiese Ekonomiese Samewerkingsforum (APEC) se spitsberaad wat in Thailand gehou is. Die 21 nasies wat daar was, het hulle daartoe verbind om van terroristegroepe ontslae te raak en was dit eens oor maniere waarop die wêreld ’n veiliger plek gemaak kan word. Maar tydens die konferensie het ’n hele paar verteenwoordigers gekla oor ’n eerste minister se opmerkings, wat glo ’n venynige aanval op die Jode was.

Waarom is daar nie eenheid nie?

Hoewel daar baie oor die vereniging van die wêreld gepraat word, sien ons min tasbare resultate. Waarom het wêreldeenheid die mensdom tot in die 21ste eeu bly ontwyk ondanks die opregte pogings van baie mense?

Hierdie vraag word gedeeltelik beantwoord in die opmerkings van een van die eerste ministers wat die APEC-konferensie bygewoon het. Hy het gesê: “Daar is iets wat nasionale trots genoem word.” Ja, die mensegemeenskap is deurtrek van nasionalisme. Elke nasie en etniese groep word deur die begeerte na selfbeskikking aangedryf. Nasionale soewereiniteit tesame met wedywering en gierigheid het ’n plofbare situasie laat ontstaan. Wanneer nasionale belange met wêreldbelange bots, is dit dikwels nasionale belange wat die stryd wen.

Nasionalisme word goed beskryf deur die psalmis se woorde: “Die pes wat teëspoed veroorsaak” (Psalm 91:3). Dit is soos ’n plaag onder die mensdom en veroorsaak eindelose lyding. Nasionalisme en die gevolglike haat vir ander volke bestaan al eeue lank. Vandag blaas nasionalisme nog steeds die vuur van verdeeldheid aan, en menseheersers kon dit nie keer nie.

Baie gesaghebbendes erken dat nasionalisme en eiebelang die oorsaak van die wêreld se probleme is. ’n Voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, U Thant, het byvoorbeeld gesê: “Soveel van die probleme waarmee ons vandag te kampe het, is te wyte aan, of die gevolg van, verkeerde gesindhede . . . Een hiervan is kleingeestige nasionalisme—‘my land, reg of verkeerd’.” Tog dring hedendaagse nasies, wat met eiebelang behep is, al hoe meer aan op hulle eie soewereiniteit. Dié wat op hierdie gebied ’n voorsprong het, wil niks daarvan prysgee nie. Die International Herald Tribune het byvoorbeeld oor die Europese Unie gesê: “Wedywering en wantroue bly algemene kenmerke van die Europese politiek. Vir die meeste EU-lidlande is dit nog steeds onaanvaarbaar dat een lidland groter invloed verkry en die leiding neem.”

God se Woord, die Bybel, beskryf tereg wat die gevolg van alle menseheerskappy is waar dit sê dat “die mens oor die mens geheers het tot sy nadeel” (Prediker 8:9). Deur die wêreld in afsonderlike heerskappye te verdeel, het groepe mense sowel as individue die vervulling ondervind van hierdie Bybelbeginsel: “Wie hom afsonder, sal sy eie selfsugtige verlange soek; teen alle praktiese wysheid sal hy losbreek.”—Spreuke 18:1.

Dit was nooit die voorneme van ons Skepper, wat weet wat die beste vir ons is, dat mense hulle eie regerings tot stand bring en oor hulleself regeer nie. Deur dit te doen, het mense God se voorneme en die feit dat alles aan hom behoort, verontagsaam. Psalm 95:3-5 sê: “Jehovah is ’n groot God en ’n groot Koning bo alle ander gode, hy in wie se hand die diepste plekke van die aarde is en aan wie die pieke van die berge behoort; aan wie die see behoort, wat hy gemaak het, en wie se hande die droë land gevorm het.” God is die regmatige Soewerein wat deur almal as hulle heerser erken moet word. Deur hulle eie soewereiniteit na te jaag, tree die nasies in stryd met sy wil op.—Psalm 2:2.

Wat is nodig?

Die enigste manier waarop die wêreld verenig sal word, is deur een wêreldowerheid te hê wat in belang van alle mense werk. Baie denkende mense besef dat dit nodig is. Maar hulle soek dikwels op die verkeerde plek. Baie kommentators, wat godsdiensleiers insluit, het mense byvoorbeeld al aangespoor om op die Verenigde Nasies te vertrou vir wêreldeenheid. Maar menseorganisasies, ongeag hoe verhewe hulle ideale is, kon nog nooit die mensdom se internasionale probleme oplos nie. Die meeste van hierdie organisasies het eerder net ’n weerspieëling geword van die verdeeldheid wat onder verskillende nasies bestaan.

Die Bybel waarsku ons om nie op menslike instellings staat te maak vir die oplossing nie, waar dit sê: “Moenie julle vertroue in edeles stel nie, ook nie in die mensekind, aan wie geen redding behoort nie” (Psalm 146:3). Beteken dit dat ons ’n dooie punt bereik het wat wêreldvrede betref? Glad nie. Daar is ’n ander oplossing.

Baie mense weet nie dat God reeds ’n regering tot stand gebring het wat die wêreld kan verenig nie. Die Bybel sê oor Jehovah God: “Ek, ja ek, het my koning ingehuldig op Sion, my heilige berg. Vra my, sodat ek nasies as jou erfdeel kan gee en die eindes van die aarde as jou besitting” (Psalm 2:6, 8). Let op dat die teks sê dat Jehovah God ‘sy koning ingehuldig’ het, na wie hy in Ps 2 vers 7 as “my seun” verwys. Dit is niemand anders nie as God se vernaamste geesseun, Jesus Christus, wat gesag oor al die nasies gegee is.

Hoe wêreldeenheid teweeggebring sal word

Die meeste mense erken nie hierdie hemelse heerskappy wat God tot stand gebring het nie. Die nasies klou hardnekkig vas aan hulle vermeende reg op soewereiniteit. Maar God sal nie mense duld wat weier om sy soewereiniteit en die regering wat hy tot stand gebring het, te erken nie. Psalm 2:9 sê oor diegene wat weier om hierdie reëling te aanvaar: “Jy [die Seun, Jesus Christus] sal hulle met ’n ystersepter breek, asof hulle ’n pottebakkershouer is, sal jy hulle stukkend slaan.” Hetsy die nasies dit besef of nie, hulle stuur nou af op ’n botsing met God. Die laaste boek in die Bybel praat van “die konings van die hele bewoonde aarde” wat versamel word “vir die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” (Openbaring 16:14). Die nasies en hulle verdelende weë sal vernietig word. Dit sal die weg baan vir God se regering om sy werk ongehinderd te doen.

As die Universele Soewerein sal Jehovah God deur sy Seun sy krag wyslik uitoefen om die nodige veranderinge aan te bring om die wêreld te verenig. God se regering sal ware eenheid teweegbring en alle liefhebbers van regverdigheid seën. Neem gerus ’n paar minute om Psalm 72 in jou Bybel te lees. Daar word ’n profetiese beskrywing gegee van wat heerskappy onder God se Seun vir die mensdom sal beteken. Mense sal ware wêreldeenheid geniet, en al hulle probleme—onderdrukking, geweld, armoede, ensovoorts—sal tot die verlede behoort.

In vandag se verdeelde wêreld dink baie mense dat so ’n hoop onrealisties is. Maar dit sal ’n fout wees om so te dink. God se beloftes het nog nooit onvervuld gebly nie, en dit sal ook nooit (Jesaja 55:10, 11). Wil jy graag hierdie verandering sien? Jy kan. Trouens, daar is reeds ’n volk wat hulle vir daardie tyd voorberei. Hulle kom uit al die nasies, en tog voer hulle nie oorlog nie maar onderwerp hulle hulle nou eendragtig aan God se soewereiniteit (Jesaja 2:2-4). Wie is hulle? Hulle staan bekend as Jehovah se Getuies. Aanvaar gerus die uitnodiging om hulle vergaderplekke te besoek. Jy sal waarskynlik verkwikkende omgang geniet met mense wat jou kan help om jou aan God se soewereiniteit te onderwerp en eenheid te geniet wat nooit sal eindig nie.

[Prente op bladsy 7]

Mense uit al die nasies berei hulle voor vir die lewe in ’n verenigde wêreld

[Foto-erkenning op bladsy 4]

Saeed Khan/AFP/Getty Images

[Foto-erkennings op bladsy 5]

Bedroefde vrou: Igor Dutina/AFP/Getty Images; betogers: Said Khatib/AFP/Getty Images; pantserwaens: Joseph Barrak/AFP/Getty Images

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel