Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 8/15 bl. 8
  • Op die See van Galilea

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Op die See van Galilea
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Galilese boot—’n Skat uit Bybeltye
    Ontwaak!—2006
  • Jesus kan ons beskerm
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Gestrand op ’n eiland
    My boek met Bybelverhale
  • Jesus laat ’n storm op die see bedaar
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 8/15 bl. 8

Op die See van Galilea

’N VERSLAG wat in Markus 4:35-41 opgeteken is, sê dat Jesus en sy dissipels in ’n boot geklim het om na die oorkant van die See van Galilea te vaar. Ons lees: “En ’n baie groot windstorm het losgebars, en die golwe het aanhoudend by die boot ingeslaan, sodat die boot al byna vol was. Maar hy [Jesus] het in die agterstewe op [die] kussing geslaap.”

Dit is die enigste plek waar die Griekse woord vir “kussing” in die Bybel voorkom. Geleerdes weet dus nie wat die presiese betekenis is van die woord soos dit hier gebruik word nie. Die meeste Bybels vertaal die woord met “kussing”. Maar watter soort kussing was dit? Markus se gebruik van die bepaalde lidwoord, die kussing, gee te kenne dat dit deel van die boot se toerusting uitgemaak het. ’n Boot wat in 1986 naby die See van Galilea ontdek is, het ’n moontlike betekenis aan die lig gebring van hierdie Griekse woord wat deur Markus gebruik is.

Navorsing toon dat die agt meter lange boot deur ’n seil en roeispane aangedryf is. Dit is as ’n vissersboot gebruik en het ’n agterdek gehad waar die groot en swaar sleepnet gehou is. Die oorblyfsels van die boot dateer uit ’n tydperk tussen 100 v.G.J. en 70 G.J., en dit was moontlik dieselfde soort boot as wat Jesus en sy dissipels gebruik het. Shelley Wachsmann, wat by die opgrawing van die boot betrokke was, het die boek The Sea of Galilee Boat—An Extraordinary 2000 Year Old Discovery geskryf. Hy doen aan die hand dat die “kussing” waarop Jesus geslaap het, ’n sandsak was wat as ballas gebruik is. ’n Gesoute visserman van Joppe wat ervare is in sleepnetvisvangs, het gesê: “Toe ek jonk was, het die bote waarop ek in die Middellandse See gewerk het, altyd ’n sandsak of twee gehad. . . . Die sakke is as ballas aan boord gehou. Maar wanneer dit nie gebruik is nie, het ons dit onder die agterdek gebêre. As iemand moeg was, het hy dan onder die agterdek ingekruip, die sandsak as ’n kussing gebruik en gaan slaap.”

Talle geleerdes meen dat Markus se beskrywing beteken dat Jesus op ’n sak ballassand geslaap het onder die agterdek, die deel van die boot wat gedurende ’n storm die meeste beskerming gebied het. Ongeag wat daardie kussing presies was, wat daarna gebeur het, is belangriker. Met God se ondersteuning en krag het Jesus die stormagtige see laat bedaar. Selfs die dissipels het gevra: “Wie is hy tog, want selfs die wind en die see gehoorsaam hom?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel