Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 12/1 bl. 3
  • Armageddon—’n Rampspoedige einde?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Armageddon—’n Rampspoedige einde?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Armageddon—Wat sê party mense is dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Armageddon—Wat dit nie is nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Armageddon—wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wat is die oorlog van Armageddon?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 12/1 bl. 3

Armageddon—’n Rampspoedige einde?

ARMAGEDDON! Laat hierdie woord beelde van massavernietiging of ’n kosmiese ramp by jou opkom? Min Bybeluitdrukkings het so algemeen geword in die spreektaal as “Armageddon”. Die term word dikwels gebruik om die droewige vooruitsigte van die mensdom te beskryf. Die vermaaklikheidsbedryf het mense se verbeelding gevoed met gruwelike tonele van ’n komende “Armageddon”. Die woord is in geheimsinnigheid en wanopvattings gehul. Hoewel daar baie idees is oor die betekenis daarvan, stem die meeste nie ooreen met wat die Bybel—die bron van die uitdrukking—oor Armageddon leer nie.

Aangesien die Bybel Armageddon verbind met “die einde van hierdie wêreld”, sou jy nie saamstem dat dit lewensbelangrik is om ’n duidelike begrip te hê van wat die woord werklik beteken nie? (Matteus 24:3, Die Bybel, 1983). En sal dit nie redelik wees om jou te wend tot die beste bron van waarheid, God se Woord, om antwoorde te vind oor presies wat Armageddon is en wat dit vir jou en jou gesin sal beteken nie?

So ’n ondersoek sal toon dat Armageddon nie ’n rampspoedige einde sal meebring nie, maar ’n gelukkige begin sal beteken vir mense wat na ’n voorspoedige lewe in ’n regverdige nuwe wêreld verlang. Jy sal beloon word met ’n duidelike begrip van hierdie lewensbelangrike skriftuurlike waarheid wanneer jy die bespreking van wat Armageddon werklik beteken, in die volgende artikel lees.

[Venster/Prent op bladsy 3]

WAT DINK JY IS ARMAGEDDON?

• ’n Kernslagting

• ’n Omgewingsramp

• ’n Botsing tussen ’n hemelliggaam en die aarde

• God se vernietiging van die goddeloses

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel