Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 1/15 bl. 13-17
  • Dié met “die regte gesindheid” reageer gunstig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dié met “die regte gesindheid” reageer gunstig
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Preek met onpartydigheid
  • Seëninge wag op diegene wat “sonder ophou” preek
  • ’n Doeltreffende Bybelstudiehulp
  • ‘Laat ons nie ophou om te doen wat goed is nie’
  • Voor en ná—Sy het die krag gevind om te verander
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Ons bring “goeie nuus van iets beters”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • “Let voortdurend op die bediening wat jy in die Here aanvaar het”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die goeie nuus moet sonder ophou bekend gemaak word
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 1/15 bl. 13-17

Dié met “die regte gesindheid” reageer gunstig

“Almal wat die regte gesindheid vir die ewige lewe gehad het, het gelowiges geword.”—HAND. 13:48.

1, 2. Hoe het die vroeë Christene gereageer op Jesus se profesie dat die goeie nuus in die hele bewoonde aarde verkondig sou word?

DIE Bybelboek Handelinge bevat die opwindende verslag van hoe die vroeë Christene gereageer het op Jesus se profesie dat die goeie nuus van die Koninkryk regoor die bewoonde aarde verkondig sou word (Matt. 24:14). Ywerige verkondigers het die weg gebaan vir almal wat ná hulle sou kom. As gevolg van die ywerige getuieniswerk van Jesus se dissipels in Jerusalem het duisende mense, met inbegrip van “’n groot menigte priesters”, na die eerste-eeuse gemeente gestroom.—Hand. 2:41; 4:4; 6:7.

2 Vroeë sendelinge het nog baie meer gehelp om die Christelike geloof aan te neem. Filippus het byvoorbeeld na Samaria gegaan, waar ’n skare mense na sy woorde geluister het (Hand. 8:5-8). Paulus het wyd en syd met verskeie metgeselle gereis en die Christelike boodskap in Siprus, dele van Klein-Asië, Masedonië, Griekeland en Italië verkondig. In die stede waar hy gepreek het, het ’n menigte Jode sowel as Grieke gelowiges geword (Hand. 14:1; 16:5; 17:4). Titus het ’n bediening in Kreta uitgevoer (Tit. 1:5). Petrus was bedrywig in Babilon, en teen die tyd dat hy sy eerste brief geskryf het, omstreeks 62-64 G.J., was die werk van die Christene goed bekend in Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië (1 Pet. 1:1; 5:13). Watter opwindende tye was dit tog! Daardie eerste-eeuse Christenpredikers was so ywerig dat hulle vyande beweer het dat hulle “die bewoonde aarde omgekeer het”.—Hand. 17:6; 28:22.

3. Watter resultate word vandag deur Koninkryksverkondigers in hulle predikingsbedrywighede behaal, en hoe laat dit jou voel?

3 Ook in hedendaagse tye word die Christengemeente met merkwaardige groei geseën. Moedig dit jou nie aan wanneer jy die jaarverslag van Jehovah se Getuies lees en die resultate sien wat regoor die wêreld behaal word nie? Verbly dit nie jou hart om te weet dat Koninkryksverkondigers meer as sesmiljoen Bybelstudies gedurende die 2007-diensjaar gehou het nie? Verder toon verlede jaar se bywoningsyfers van die Herdenking van Jesus Christus se dood dat ongeveer tienmiljoen mense wat nie Getuies van Jehovah is nie, genoeg in die goeie nuus belanggestel het om hierdie belangrike herdenking by te woon. Dit toon dat daar nog baie werk is om te doen.

4. Wie reageer gunstig op die Koninkryksboodskap?

4 Vandag, net soos in die eerste eeu, reageer “almal wat die regte gesindheid vir die ewige lewe [het]”, gunstig op die boodskap van waarheid (Hand. 13:48). Jehovah trek hierdie mense na sy organisasie. (Lees Haggai 2:7.) Watter gesindheid moet ons teenoor die Christelike bediening behou om ons volle samewerking in hierdie insamelingswerk te gee?

Preek met onpartydigheid

5. Watter soort mense geniet Jehovah se guns?

5 Die eerste-eeuse Christene het geweet dat “God nie partydig is nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen, vir hom aanneemlik” (Hand. 10:34, 35). Of ’n persoon ’n goeie verhouding met Jehovah het of nie, hang daarvan af of hy geloof in Jesus se losprysoffer beoefen (Joh. 3:16, 36). En dit is Jehovah se wil dat “alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom”.—1 Tim. 2:3, 4.

6. Waarteen moet Koninkryksverkondigers waak, en waarom?

6 Dit sal verkeerd wees van verkondigers van die goeie nuus om mense vooraf te oordeel op grond van hulle ras, sosiale status, voorkoms, godsdiensagtergrond of enige ander karaktertrek. Dink net ’n bietjie: Is jy nie dankbaar dat die persoon wat aanvanklik met jou oor skriftuurlike waarhede gepraat het, nie bevooroordeeld teenoor jou was nie? Waarom sou jy dan versuim om ’n boodskap wat lewensreddend kan wees, oor te dra aan enigiemand wat moontlik daarna sal luister?—Lees Matteus 7:12.

7. Waarom moet ons nie diegene vir wie ons preek, oordeel nie?

7 Jehovah het Jesus as Regter aangestel; ons het dus nie die reg om enigiemand te oordeel nie. Dit is gepas, aangesien ons—in teenstelling met Jesus—net kan oordeel volgens “wat [ons] oë sien” of “wat [ons] ore hoor”, terwyl Jesus die diepste gedagtes en redenasies van die hart kan lees.—Jes. 11:1-5; 2 Tim. 4:1.

8, 9. (a) Watter soort persoon was Saulus voordat hy ’n Christen geword het? (b) Wat moet ons uit die apostel Paulus se ondervinding leer?

8 Mense uit feitlik elke agtergrond het al knegte van Jehovah geword. ’n Uitsonderlike voorbeeld is dié van Saulus van Tarsus, wat later as die apostel Paulus bekend geword het. Saulus, ’n Fariseër, het die Christene bitterlik teëgestaan. Sy opregte oortuiging dat hulle verkeerd was, het daartoe gelei dat hy die Christengemeente vervolg het (Gal. 1:13). Vanuit ’n menslike oogpunt het dit sekerlik gelyk of hy die laaste een sou wees om ’n Christen te word. Tog het Jesus iets goeds in Saulus se hart gesien en hom gekies om ’n spesiale opdrag uit te voer. Gevolglik het Saulus een van die bedrywigste en ywerigste lede van die eerste-eeuse Christengemeente geword.

9 Wat leer ons uit die ondervinding van die apostel Paulus? Daar is miskien groepe mense in ons gebied wat blykbaar vyandiggesind is teenoor die boodskap wat ons verkondig. Al lyk dit dalk onwaarskynlik dat enige van hulle ooit ware Christene sal word, moet ons nie ophou om met hulle te probeer redeneer nie. Soms is dit persone van wie ons dit die minste verwag wat ontvanklik is. Ons opdrag is om “sonder ophou” voort te gaan om vir almal te preek.—Lees Handelinge 5:42.

Seëninge wag op diegene wat “sonder ophou” preek

10. Waarom moet ons nie versuim om te preek vir mense wat intimiderend voorkom nie? Vertel plaaslike ondervindinge.

10 Die uiterlike kan bedrieglik wees. Ignacioa het die Bybel byvoorbeeld saam met Jehovah se Getuies begin studeer terwyl hy in ’n Suid-Amerikaanse land in die tronk was. Ander was bang vir hom omdat hy so gewelddadig was. Gevolglik het gevangenes wat artikels gemaak en aan medegevangenes verkoop het, vir Ignacio gebruik om skuld in te vorder van diegene wat gesloer het om te betaal. Maar namate Ignacio geestelik gevorder het en toegepas het wat hy geleer het, het hierdie eens gewelddadige bullebak in ’n vriendelike persoon verander. Niemand gebruik hom meer om skuld in te vorder nie, maar Ignacio is bly dat Bybelwaarhede en God se gees sy persoonlikheid verander het. Hy is ook dankbaar dat die Koninkryksverkondigers wat die moeite gedoen het om met hom te studeer, onbevooroordeeld was.

11. Waarom hou ons aan om mense te besoek?

11 Een van die redes waarom ons aanhou om mense te besoek met wie ons reeds oor die goeie nuus gepraat het, is dat hulle omstandighede en gesindheid kan verander en wel verander. Sedert ons laaste besoek is party moontlik geraak deur ernstige siekte, werkloosheid of die dood van ’n geliefde. (Lees Prediker 9:11.) Wêreldgebeure kan mense ernstig oor hulle toekoms laat dink. Sulke verwikkelinge kan veroorsaak dat iemand wat voorheen nie belanggestel het nie—of selfs gekant was—gunstig reageer. Ons moet dus nie versuim om by elke gepaste geleentheid vir ander van die goeie nuus te vertel nie.

12. Hoe moet ons die mense vir wie ons preek, beskou, en waarom?

12 Dit is blykbaar ’n menslike neiging om ander te klassifiseer en te oordeel. Maar Jehovah beskou mense as individue. Hy sien elkeen se potensiaal. (Lees 1 Samuel 16:7.) In ons bediening moet ons daarna streef om dieselfde te doen. Baie ondervindinge toon dat dit goeie resultate oplewer as ons ’n positiewe beskouing het van almal vir wie ons preek.

13, 14. (a) Waarom het ’n pionier negatief gevoel oor ’n vrou wat sy in die bediening ontmoet het? (b) Wat kan ons uit hierdie ondervinding leer?

13 Terwyl Sandra, ’n pioniersuster, op ’n Karibiese eiland aan die huis-tot-huis-bediening deelgeneem het, het sy vir Ruth ontmoet, wat diep betrokke was by karnavalfeeste. Ruth is twee keer as die nasionale karnavalkoningin gekroon. Sy het buitengewone belangstelling getoon in wat Sandra gesê het, en daarom is reëlings vir ’n Bybelstudie getref. Sandra vertel: “Toe ek by haar sitkamer inloop, het ek ’n groot foto van Ruth in haar volle karnavaluitrusting gesien, sowel as trofeë wat sy gewen het. Ek het verkeerdelik tot die slotsom gekom dat iemand wat so gewild is en so betrokke is by karnavalfeeste, nie in die waarheid sou belangstel nie. Ek het dus opgehou om haar te besoek.”

14 ’n Tydjie later het Ruth by die Koninkryksaal opgedaag, en ná die vergadering het sy vir Sandra gevra: “Waarom het jy opgehou om met my te studeer?” Sandra het verskoning gevra en gereël om die studie te hervat. Ruth het vinnig vooruitgang gemaak, haar karnavalfoto’s verwyder, aan alle gemeentelike bedrywighede begin deelneem en haar lewe aan Jehovah toegewy. Sandra het natuurlik besef dat haar aanvanklike reaksie verkeerd was.

15, 16. (a) Wat was die resultaat toe ’n verkondiger vir ’n familielid getuig het? (b) Waarom moet ’n familielid se agtergrond ons nie ontmoedig om vir hom of haar te getuig nie?

15 Baie wat vir ongelowige familielede getuig het, selfs toe dit onwaarskynlik gelyk het dat hulle gunstig sou reageer, het ook positiewe resultate gehad. Neem byvoorbeeld die geval van Joyce, ’n Christensuster in die Verenigde State. Haar swaer was sedert hy ’n tiener was kort-kort in die tronk. “Mense het gesê dat hy ’n nikswerd is”, vertel Joyce, “want hy was ’n dwelmsmous en ’n dief en het baie ander slegte dinge gedoen. Al het dit hopeloos gelyk, het ek 37 jaar lank vir hom van Bybelwaarheid vertel.” Haar geduldige pogings om haar familielid te help, is ryklik beloon toe hy uiteindelik die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer het en drastiese veranderinge in sy lewe aangebring het. Joyce se swaer is onlangs op die ouderdom van 50 by ’n streekbyeenkoms in Kalifornië, VSA, gedoop. Joyce sê: “Ek het gehuil van vreugde. Ek is baie bly dat ek nooit moed opgegee het met hom nie!”

16 Jy aarsel miskien om met sekere familielede oor Bybelwaarhede te praat weens hulle agtergrond. Joyce het egter geensins geaarsel om met haar swaer te praat nie. Hoe kan ’n mens immers weet wat in ’n ander persoon se hart is? Daardie persoon soek dalk in alle opregtheid na godsdienswaarheid. Moet dus nie versuim om hom of haar die geleentheid te gee om dit te vind nie.—Lees Spreuke 3:27.

’n Doeltreffende Bybelstudiehulp

17, 18. (a) Wat toon verslae uit alle wêrelddele oor die nut van die boek Wat leer die Bybel werklik? (b) Watter positiewe ondervindinge het jy gehad toe jy dié boek gebruik het?

17 Verslae uit lande regoor die wêreld toon dat baie opregtes van hart gunstig reageer op die Bybelstudiehulp Wat leer die Bybel werklik? Penni, ’n pioniersuster in die Verenigde State, het etlike studies met behulp van hierdie publikasie begin. Twee van die studies was met ouer mense wat vroom lidmate van hulle kerke was. Penni was nie seker hoe hulle op skriftuurlike waarhede in die Leer Bybel-boek sou reageer nie. Sy skryf egter: “Omdat die inligting op ’n duidelike, logiese en bondige manier aangebied word, het hulle die dinge wat hulle leer, geredelik as die waarheid aanvaar, sonder om te stry of ontsteld te raak.”

18 Pat, ’n verkondiger in Brittanje, het die Bybel met ’n vrou begin studeer wat ’n vlugteling uit ’n Asiatiese land was. Die vrou moes noodgedwonge uit haar land vlug nadat haar man en seuns deur rebellesoldate weggeneem is en nooit weer gesien is nie. Sy is met die dood gedreig, haar huis is afgebrand en sy is deur ’n groep mans verkrag. Al hierdie dinge het haar laat voel dat sy niks het om voor te lewe nie, en sy het dit ’n paar keer oorweeg om selfmoord te pleeg. Die Bybelstudie het haar egter hoop gegee. “Die eenvoudige verduidelikings en illustrasies in die Leer Bybel-boek het ’n dramatiese uitwerking op haar gehad”, skryf Pat. Die student het vinnig vooruitgang gemaak, aan die vereistes voldoen om ’n ongedoopte verkondiger te word en haar begeerte uitgespreek om by die volgende byeenkoms gedoop te word. Wat ’n vreugde is dit tog om opregte mense te help om die hoop wat die Skrif bied, te verstaan en te waardeer!

‘Laat ons nie ophou om te doen wat goed is nie’

19. Waarom is die predikingswerk so dringend?

19 Dit word elke dag dringender om ons predikingsopdrag uit te voer en dissipels te maak. Duisende persone wat die regte gesindheid het, reageer elke jaar gunstig op ons predikingswerk. Maar “die groot dag van Jehovah is naby”, wat beteken dat diegene wat nog in geestelike duisternis is, “na die slagting wankel”.—Sef. 1:14; Spr. 24:11.

20. Wat moet elkeen van ons vasbeslote wees om te doen?

20 Ons kan hierdie mense nog help. Maar om dit te doen, is dit noodsaaklik dat ons die eerste-eeuse Christene navolg, wat “sonder ophou voortgegaan [het] om te leer en die goeie nuus oor die Christus, Jesus, bekend te maak” (Hand. 5:42). Volg hulle voorbeeld na deur ten spyte van teëspoed te volhard, deur aan jou “onderrigkuns” aandag te skenk en deur onpartydig vir almal te preek! “Laat ons . . . nie ophou om te doen wat goed is nie”, want as ons volhard, sal ons die oorvloedige seëninge van goddelike guns maai.—2 Tim. 4:2; lees Galasiërs 6:9.

[Voetnoot]

a Van die name is verander.

Hoe sal jy antwoord?

• Wie reageer gunstig op die goeie nuus?

• Waarom moet ons diegene vir wie ons preek, nie vooraf oordeel nie?

• Watter resultate word behaal met die publikasie Wat leer die Bybel werklik?

[Prente op bladsy 13]

Duisende opregtes van hart reageer gunstig

[Prente op bladsy 15]

Wat kan ons leer uit die veranderinge wat die apostel Paulus gemaak het?

[Prent op bladsy 16]

Verkondigers van die goeie nuus oordeel mense nie vooraf nie

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel