Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 5/1 bl. 30
  • Gebruik God natuurrampe om mense te straf?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik God natuurrampe om mense te straf?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor natuurrampe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Natuurrampe—Waarom so algemeen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Gebruik God vandag natuurrampe om die mensdom te straf?
    Ontwaak!—2012
  • Natuurrampe—Is God daarvoor verantwoordelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 5/1 bl. 30

Ons lesers vra

Gebruik God natuurrampe om mense te straf?

God gebruik nie natuurrampe om onskuldige mense te straf nie. Hy het nog nooit nie en sal ook nooit nie. Waarom nie? Want “God is liefde”, sê die Bybel in 1 Johannes 4:8.

Liefde is die dryfkrag agter God se handelinge. Liefde bring nie onheil oor onskuldiges nie, want die Bybel sê dat ‘liefde die naaste geen kwaad aandoen nie’ (Romeine 13:10). In Job 34:12 sê die Bybel: “Waarlik, God handel nie goddeloos nie.”

Die Bybel het weliswaar rampe, soos “groot aardbewings”, vir ons dag voorspel (Lukas 21:11). Maar Jehovah is net so min verantwoordelik vir die vernietiging wat dit veroorsaak as wat ’n weervoorspeller verantwoordelik is vir die skade wat ’n tifoon aanrig wat hy voorspel het. As God nie verantwoordelik is vir die menselyding wat deur natuurrampe veroorsaak word nie, wat is dan die oorsaak daarvan?

“Die hele wêreld lê in die mag van die bose”, Satan die Duiwel, openbaar die Bybel (1 Johannes 5:19). Hy was ’n mensemoordenaar vanaf sy opstand aan die begin van die mensegeskiedenis tot nou toe (Johannes 8:44). Satan beskou menselewe as iets goedkoops. Hy word aangedryf deur selfsugtige ambisie; dit is dus geen wonder dat hy ’n wêreldstelsel tot stand gebring het wat op selfsugtigheid floreer nie. Vandag se wêreldstelsel vergoelik die uitbuiting van mense selfs tot die punt dat talle weerlose mense op gevaarlike plekke woon waar rampe wat deur die natuur of die mens veroorsaak word, heel waarskynlik sal plaasvind (Efesiërs 2:2; 1 Johannes 2:16). Gierige mense moet dus blameer word vir ’n mate van die ellende wat slagoffers ondervind (Prediker 8:9). Hoe so?

’n Verbasende aantal rampe word ten minste gedeeltelik deur die mens veroorsaak. Dink byvoorbeeld aan die lyding van die inwoners van die stad New Orleans, VSA, toe dit weens ’n orkaan oorstroom is, of van die bewoners van die huise wat platgevee is deur modderstortings by die berge aan die kus van Venezuela. In hierdie en ander gevalle het natuurverskynsels, soos wind en reën, katastrofiese gevolge gehad hoofsaaklik weens die mens se onkunde van die omgewing, swak ingenieurswerk, foutiewe beplanning, die verontagsaming van waarskuwings en burokratiese knoeiery.

Beskou ’n ramp in Bybeltye. In Jesus se dag het 18 mense hulle lewe verloor toe ’n toring skielik inmekaargestort het (Lukas 13:4). Hierdie ramp was dalk die gevolg van ’n menslike fout, “tyd en onvoorsiene gebeurtenisse” of albei—maar beslis nie die gevolg van God se oordeel nie.—Prediker 9:11.

Is enige rampe al ooit deur God veroorsaak? Ja, maar in teenstelling met rampe wat deur die natuur of die mens veroorsaak word, was dit selektief, het dit ’n doel gedien en het dit baie selde voorgekom. Die wêreldwye Vloed in die dae van die aartsvader Noag en die vernietiging van die stede Sodom en Gomorra in die dae van Lot is twee voorbeelde hiervan (Genesis 6:7-9, 13; 18:20-32; 19:24). Hierdie goddelike oordele het onberouvolle goddelose bevolkings uitgewis, maar mense wat regverdig was in God se oë, bewaar.

Trouens, Jehovah God het die vermoë, die begeerte en die krag om ’n einde te maak aan alle lyding en om verligting te bring van die gevolge van natuurrampe. Psalm 72:12 het aangaande God se aangestelde Koning, Jesus Christus, voorspel: “Hy sal die arme verlos wat om hulp roep, ook die geteisterde en elkeen wat geen helper het nie.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel