Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 12/1 bl. 3
  • Jesus—Wat mense oor hom sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus—Wat mense oor hom sê
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Was Jesus net ’n goeie mens?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die grootste mens wat nog geleef het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Die grootste mens van alle tye
    Ontwaak!—2006
  • Nasaret—tuiste van die profeet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 12/1 bl. 3

Jesus—Wat mense oor hom sê

“Jesus van Nasaret . . . is sonder twyfel die vernaamste figuur in die geskiedenis.”—H. G. Wells, Engelse geskiedskrywer.

“Christus staan . . . kop en skouers uit bo al die helde van die geskiedenis.”—Philip Schaff, Switsersgebore teoloog en geskiedskrywer.

WIE verdien om die grootste mens wat nog geleef het, genoem te word? Waaraan kan ’n mens se grootheid gemeet word? Aan sy militêre vernuf? Sy fisiese krag? Sy verstandelike vermoëns? Of moet dit gemeet word aan die mate waarin sy woorde en dade mense beïnvloed en aan die voorbeeld wat hy vir hulle stel?

Let op wat geskiedskrywers, wetenskaplikes, geleerdes, skrywers, politieke leiers en ander—in die hede en die verlede—oor die man van Nasaret, Jesus Christus, gesê het:

“’n Mens sal met baie vergesogte redenasies vorendag moet kom om te ontken dat die invloedrykste figuur—nie net in hierdie twee millenniums nie, maar in die hele mensegeskiedenis—Jesus van Nasaret is.”—Reynolds Price, Amerikaanse skrywer en Bybelgeleerde.

“’n Man wat heeltemal onskuldig was, het homself gegee as ’n offerande ten behoewe van ander, insluitende sy vyande, en die losprys vir die wêreld geword. Dit was ’n volmaakte daad.”—Mohandas K. Gandhi, politieke en geestelike leier van Indië.

“Ek is as kind uit die Bybel sowel as die Talmoed onderrig. Ek is ’n Jood, maar ek word betower deur die uitsonderlike voorbeeld van die Nasarener.”—Albert Einstein, Duitsgebore wetenskaplike.

“Vir my is Jesus Christus die voortreflikste persoon van alle tye, van die ganse geskiedenis, as die Seun van God en as die Seun van die Mens. Alles wat Hy ooit gesê of gedoen het, het vandag vir ons waarde, en dít is iets wat van geen ander mens, lewend of dood, gesê kan word nie.”—Sholem Asch, Poolsgebore skrywer, soos aangehaal in die Christian Herald; hulle kursiveer.

“Ek was vyf-en-dertig jaar lank in die ware sin van die woord ’n nihilis, ’n man wat aan niks geglo het nie. Vyf jaar gelede het ek ’n gelowige geword. Ek het in die lering van Jesus Christus begin glo, en my hele lewe het skielik verander.”—Graaf Leo Tolstoi, Russiese romanskrywer en filosoof.

“[Jesus se] lewe het die grootste invloed tot nog toe op hierdie planeet gehad, en die invloed daarvan word net al hoe groter.”—Kenneth Scott Latourette, Amerikaanse geskiedkundige en skrywer.

“Kan ons aanneem dat die evangeliegeskiedenis blote fiksie is? Nee, my vriend, dit dra beslis nie die kenmerke van fiksie nie. Inteendeel, die geskiedenis van Sokrates, wat deur niemand in twyfel getrek word nie, word nie so goed gestaaf soos dié van Jesus Christus nie.”—Jean-Jacques Rousseau, Franse filosoof.

Inderdaad, as enigiemand verdien om ons voorbeeld in die lewe te wees, is dit Jesus Christus. Paulus, ’n geleerde man van die eerste eeu wat deur Jesus gekies is om Sy volgeling te wees en om vir die nasies van Hom te getuig, spoor ons aan om “die blik stip gerig [te] hou” op Jesus (Hebreërs 12:2; Handelinge 9:3). Wat kan ons by Jesus leer oor hoe om te lewe? Hoe kan jy by sy lewe baat vind?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel