Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 5/1 bl. 22-25
  • Brooklynse Bethel—100 jaar se geskiedenis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Brooklynse Bethel—100 jaar se geskiedenis
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom na Brooklyn?
  • Waarom die naam Bethel?
  • Besoekers word hartlik verwelkom
  • Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Kan dit die beste loopbaan vir jou wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Beskou die “Huis van God” met waardering
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die Here se wederkoms word verkondig (1870-1914)
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 5/1 bl. 22-25

Die Brooklynse Bethel—100 Jaar se geskiedenis

Bethelhuis Columbia Heights 122-124

Hicksstraat 13-17 (1909-1918)

DIE jaar 1909 was ’n belangrike jaar vir die stad New York. Die Queensboro-brug is oopgestel, wat die stadswyk Queens met Manhattan verbind het, en die Manhattan-brug is oopgestel, wat nog ’n verbinding tussen Manhattan en Brooklyn gevorm het.

Dit was ook ’n belangrike jaar vir Jehovah se Getuies. Charles Taze Russell, die president van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap, die wetlike korporasie van Jehovah se Getuies, het vroeër die moontlikheid gesien dat die verkondiging van die goeie nuus van God se Koninkryk uitgebrei kon word (Matteus 24:14). Hy het geglo dat die verskuiwing van die Genootskap se hoofkwartier van Pittsburgh, Pennsilvanië, na Brooklyn, New York, ’n belangrike stap in dié rigting sou wees. In 1908 is daar begin met voorbereidings vir die verskuiwing, en dit is vroeg die volgende jaar uitgevoer.

Waarom na Brooklyn?

Diegene wat destyds die leiding in die predikingswerk geneem het, het geweet dat evangelisasie deur middel van preke wat in koerante gepubliseer word, ’n doeltreffende manier is om Bybelwaarheid te versprei. Trouens, teen 1908 het Russell se weeklikse Bybelpreke in 11 koerante met ’n gesamentlike sirkulasie van 402 000 verskyn.

Russell het egter geskryf: “Broeders wat vertroud is met koerantmetodes . . . , verseker ons dat die weeklikse preke, as dit van ’n [groter sentrum] afkomstig is, moontlik regoor die Verenigde State gepubliseer sal word; dat honderde koerante dit dalk binne ’n jaar gereeld sal publiseer.” Die soektog na die beste plek van waar die predikingswerk uitgebrei kon word, het dus begin.

Russell se koerantpreke

Waarom Brooklyn? Russell het gesê: “Nadat ons goddelike leiding gesoek het, het ons almal tot die slotsom gekom dat Brooklyn, N.Y., met ’n groot bevolking . . . en bekend as ‘Die stad van kerke’, om hierdie redes ons geskikste sentrum sal wees vir die oeswerk.” Die resultate spreek vanself. Binne ’n kort rukkie het 2 000 koerante Russell se preke gepubliseer.

Daar is nog ’n rede waarom New York ’n goeie keuse was. Teen 1909 is takkantore in Groot-Brittanje, Duitsland en Australië geopen, en nog ander sou weldra geopen word. Dit het dus sin gemaak om die wêreldhoofkwartier in ’n hawestad te hê wat ook goeie pad- en spoorwegverbindings met ander plekke gehad het.

Waarom die naam Bethel?

Concordstraat 18 (1922-1927)

Adamsstraat 117 (1927 tot vandag)

Die oorspronklike hoofkwartier van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap is in die 1880’s in Allegheny (nou deel van Pittsburgh), Pennsilvanië, geopen. Dit is destyds die Bybelhuis genoem. Teen 1896 het 12 persone daar gedien.

Met die verskuiwing na Brooklyn in 1909 is die nuwe woongebou vir die personeel egter Bethel genoem.a Waarom Bethel? Die eiendom by Hicksstraat 13-17 wat die Wagtoringgenootskap gekoop het, het aan die vooraanstaande geestelike Henry Ward Beecher behoort en het bekend gestaan as die Beecher-Bethel. Beecher se voormalige woning, by Columbia Heights 124, is ook gekoop. The Watchtower van 1 Maart 1909 het gesê: “Dit is werklik merkwaardig dat ons die ou Beecher-Bethel gekry het en toe per toeval sy voormalige woning. . . . Ons sal die nuwe woning ‘Bethel’ noem, en die nuwe kantoor en ouditorium, ‘Die Brooklyn-Tabernakel’; hierdie name sal die benaming ‘Bybelhuis’ vervang.”

Vandag word die baie groter fasiliteite in Brooklyn en op twee ander plekke in die staat New York, Wallkill en Patterson, insluitende die woongeboue, die drukkery en die kantore, Bethel genoem. Trouens, daar is nou Bethelhuise in 113 lande regoor die wêreld. Meer as 19 000 bedienaars, wat help om Bybelinligting te versprei, dien by hierdie fasiliteite.

Myrtlelaan 35 (1920-1922)

Besoekers word hartlik verwelkom

Die fasiliteite is op 31 Januarie 1909 toegewy. Maandag 6 September 1909 was Ontvangsdag by Bethel. Honderde Bybelstudente, soos Jehovah se Getuies destyds bekend gestaan het, het op ’n toer van die fasiliteit gegaan. Baie van hulle het direk van ’n Christelike byeenkoms in Saratoga Springs gekom, ongeveer 320 kilometer noord van die stad New York. Charles Taze Russell het die besoekers persoonlik verwelkom.b

Besoekers is nog steeds welkom by Bethel. Trouens, meer as 40 000 mense kom elke jaar op ’n toer deur die fasiliteite in Brooklyn. Die Brooklynse Bethel speel nog steeds ’n baie belangrike rol in die uitbreiding van Jehovah se Koninkryksbelange, tot seën van tallose miljoene.

Wallkill-drukkery

Onderrigsentrum in Patterson

a Die Hebreeuse woord vir “Bethel” beteken “Huis van God”. In die Bybel was Bet-El ’n prominente Israelitiese stad. Net die stad Jerusalem word meer dikwels gemeld.

b Vir bykomende geskiedkundige besonderhede, sien Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk, bladsye 718-723, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

Wat Weet jy Van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap?

Die korporasie wat nou bekend staan as die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania, is in 1884 as Zion’s Watch Tower Tract Society gestig. Die doel daarvan was om Bybelwaarheid regoor die aarde te versprei, veral in gedrukte vorm. Die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap is vandag nog steeds een van die regsliggame wat wêreldwyd deur Jehovah se Getuies gebruik word.c—Filippense 1:7.

Die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap gee Bybels en Bybelpublikasies in 473 tale uit. Dit het al meer as 150 miljoen eksemplare van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in sy geheel of gedeeltelik in 72 tale gedruk. Benewens die Nuwe Wêreld-vertaling het die Genootskap die volgende Bybelvertalings op sy eie perse gedruk of laat druk: die American Standard Version, The Bible in Living English, The Emphatic Diaglott, Holman se Linear Parallel Edition, die King James Version (insluitende die uitgawe vir Bybelstudente) en The New Testament Newly Translated and Critically Emphasized, tweede uitgawe.

Benewens Bybels het Jehovah se Getuies gedurende die afgelope tien jaar alleen meer as 20 miljard ander items gepubliseer, soos boeke, tydskrifte, traktate, CD’s, DVD’s en soortgelyke Bybelpublikasies.d Die meeste van hierdie items word gedruk, verpak en versend in Bethelhuise in lande soos Argentinië, Australië, Brasilië, Brittanje, Colombia, Duitsland, die Filippyne, Finland, Indië, Italië, Japan, Kanada, Korea, Mexiko, Mianmar, Nigerië, Spanje, Suid-Afrika en die Verenigde State.

1998-2008

PRODUKSIE VIR

Boeke

458 230 708

Tydskrifte

11 292 413 199

Traktate

7 996 906 376

Brosjures

862 050 233

CD’s/MP3’s

34 621 130

DVD’s

13 500 125

Ander

129 083 031

Totaal

20 786 804 802

c In 2008 was daar 7 124 443 Getuies van Jehovah in 236 lande. Hulle is in 103 267 gemeentes georganiseer.

d Hierdie publikasies word nie verkoop nie. Die Bybelonderrigtingswerk van Jehovah se Getuies word deur vrywillige bydraes ondersteun.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel