Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 10/15 bl. 32
  • Het jy tyd opsygesit vir Bybelstudie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy tyd opsygesit vir Bybelstudie?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulp vir gesinne
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Voor en ná—die krag van God se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Bestudeer God se Woord gereeld saam as ’n gesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Persoonlike en gesinsbybelstudie is onontbeerlik!
    Ons Koninkryksbediening—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 10/15 bl. 32

Het jy tyd opsygesit vir Bybelstudie?

VERLEDE jaar het die Bestuursliggaam aangekondig dat daar ’n verandering in ons rooster vir gemeentelike vergaderinge sal wees wat gesinne meer tyd sal gee om die Bybel saam te bestudeer en te bespreek. As jy ’n gesinshoof is, moet jy seker maak dat ’n betekenisvolle en gereelde gesinsbybelstudie met jou vrou en kinders gehou word. Getroude paartjies wat nie kinders het nie, sal hierdie tyd wil gebruik om die Bybel saam te bestudeer. Ongetroude broers en susters wat geen gesinsverantwoordelikhede het nie, sal hierdie tyd goed kan benut vir persoonlike Bybelstudie.

Baie het waardering uitgespreek vir die reëling om ’n aand vir Gesinsaanbidding te hê. Byvoorbeeld, Kevin, ’n ouer man, het geskryf: “Die woord ‘dankie’ kan eenvoudig nie ten volle beskryf hoe ons in die gemeente voel nie. Ons het as ouer manne bespreek hoe ons hierdie aand sal gebruik om presies te doen wat die Bestuursliggaam ons gevra het om te doen—om met ons gesin te studeer.”

Jodi, wie se man ’n ouer man is, het geskryf: “Ons het drie dogters, wat 15, 11 en 2 jaar oud is. Ons het onlangs by ’n gebaretaalgemeente aangesluit. Dit verg baie tyd en inspanning om vir al die vergaderinge voor te berei. Nou, met hierdie verandering, het ons ’n ekstra aand wat ons in staat stel om op gesinsaanbidding te konsentreer!”

John en JoAnn, ’n egpaar wat as gewone pioniers dien, het geskryf: “Ons gesinsbybelstudie was dikwels ongereeld omdat ons dit tussen verskillende gemeentelike bedrywighede moes inpas. Hierdie nuwe reëling is ’n gawe van Jehovah wat ons geestelik verkwik—mits ons die tyd gebruik soos ons veronderstel is om dit te gebruik.”

Tony, ’n ongetroude broer in sy middel-20’s, sit ’n Dinsdagaand opsy as sy aand vir persoonlike studie. Hy gebruik ander tye gedurende die week om vir gemeentelike vergaderinge voor te berei. Maar Tony sê: “Ek sien veral uit na ’n Dinsdag.” Waarom? “Daardie aand is my spesiale tyd saam met Jehovah.” Tony verduidelik: “Ek bestudeer omtrent twee uur lank onderwerpe wat my verhouding met Jehovah versterk. Omdat ek meer tyd vir studie het, kan ek peins oor die Bybelverse wat ek lees.” Die gevolg? “Jehovah se raad sink dieper in my hart in as ooit tevore.” Kan hy ’n voorbeeld hiervan gee? “In die Insight-boek het ek oor die vriendskap tussen Dawid en Jonatan gelees. Ek het baie uit Jonatan se onselfsugtige gesindheid geleer. Sy voorbeeld het my gehelp om beter te verstaan wat dit beteken om ’n ware vriend te wees. Ek sien regtig daarna uit om nog baie sulke juwele op ’n Dinsdagaand te ontdek!”

Al Jehovah se knegte sal ongetwyfeld grootliks daarby baat vind as hulle goed gebruik maak van die bykomende tyd wat nou beskikbaar is vir betekenisvolle Bybelstudie en gesinsaanbidding.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel