Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 1/15 bl. 8-9
  • Voor en ná—die krag van God se Woord

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voor en ná—die krag van God se Woord
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Ek wou nie doodgaan nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Het jy tyd opsygesit vir Bybelstudie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jehovah seën dié wat ander vergewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • “Nog net een drankie”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 1/15 bl. 8-9

“Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom”

Voor en ná—die krag van God se Woord

AS JY Tony in sy vroeë tienerjare ontmoet het, sou jy ’n rowwe, aggressiewe seun teëgekom het wat gereeld in die agterbuurte van Sydney, Australië, te sien was. Hy het onder andere bendelede as vriende gehad. Hulle was dikwels betrokke by inbrake, gevegte tussen bendes en skietery op straat.

Tony het begin rook toe hy nege was. Op 14 het hy dagga gerook en ’n onsedelike lewe gelei. Teen die ouderdom van 16 was hy verslaaf aan heroïen, en dit het gelei tot sy gebruik van kokaïen, LSD—“om die waarheid te sê, enigiets waarop ek ‘hoog’ kon raak”, soos Tony dit stel. Hy het toe saam met twee berugte misdaadsindikate begin werk om dwelms te verkoop. Kort voor lank het Tony bekend geword as een van die betroubaarste dwelmverskaffers aan die ooskus van Australië.

Tony se heroïen- en daggaverslawing het hom tussen $160 (VSA) en $320 (VSA) per dag gekos. Maar dit het sy gesin baie meer as dit gekos. “Ek en my vrou”, sê hy, “is dikwels met gewere en messe teen die kop gedreig deur misdadigers wat op soek was na die dwelms en geld wat ons by die huis gehad het.” Nadat Tony drie keer in die tronk was, het hy besluit om ernstig na sy lewe te kyk.

Hoewel hy voorheen kerk toe gegaan het, het hy ver verwyderd gevoel van ’n God wat sondaars blykbaar vir ewig in ’n hel brand om hulle te straf. Maar toe twee van Jehovah se Getuies hom besoek het, was hy verbaas om uit te vind dat God nie so iets sal doen nie. En hy was bly om te hoor dat hy wel sy lewe kon verander en God se seëninge kon ontvang. Die woorde van Jesus Christus het hom diep getref: “By God is alles moontlik” (Markus 10:27). Wat Tony veral geraak het, was die bemoedigende woorde: “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom.”—Jakobus 4:8.

Tony het nou voor die uitdaging te staan gekom om sy lewe in ooreenstemming met Bybelstandaarde te bring. Hy sê: “Ek het heel eerste opgehou rook, iets wat ek nooit voorheen kon regkry nie, al het ek baie keer probeer. Met Jehovah se krag kon ek heroïen en dagga opgee, dwelms waaraan ek 15 jaar lank verslaaf was. Ek het nooit gedink dat ek hierdie gewoontes sou kon opgee nie.”

Tony en sy vrou het nie meer ’n God gevrees wat mense vir ewig in ’n hel pynig nie—’n leerstelling wat nêrens in die Bybel gevind word nie—maar hulle het die hoop begin koester om vir ewig op ’n paradysaarde te lewe (Psalm 37:10, 11; Spreuke 2:21). “Dit het baie tyd en harde werk geverg om my lewe in ooreenstemming met God se standaarde te bring”, erken Tony, “maar met Jehovah se seën het ek daarin geslaag.”

Ja, hierdie man wat voorheen ’n dwelmverslaafde was, het ’n Christen geword. Hy en sy vrou bied hulle tyd en middele aan om Bybelonderrigtingswerk te doen, waaraan hulle reeds duisende ure bestee het. Hulle maak ook twee godvresende kinders groot. Hierdie dramatiese veranderinge is deur die onstuitbare krag van God se Woord, die Bybel, teweeggebring. Dit is inderdaad soos die apostel Paulus sê: “Die woord van God is lewend en oefen krag uit.”—Hebreërs 4:12.

Ten spyte van sulke positiewe voorbeelde maak party die ongegronde bewering dat die Bybelonderrigtingswerk van Jehovah se Getuies gesinne verwoes en heilsame waardes in jongmense afbreek. Tony se geval weerlê beslis daardie bewering.

Soos Tony het baie uitgevind dat dodelike verslawings oorkom kan word. Hoe? Deur geloof in God en vertroue op hom en sy Woord, asook deur die ondersteuning van besorgde en liefdevolle Christenmetgeselle. Ten slotte sê Tony met blydskap: “Ek het gesien hoe Bybelbeginsels my kinders beskerm. Bybelleringe het my huwelik gered. En my bure kan nou rustig slaap, want ek is nie meer ’n bedreiging vir hulle nie.”

[Lokteks op bladsy 9]

‘Met Jehovah se krag kon ek dwelms opgee waaraan ek 15 jaar lank verslaaf was’

[Venster op bladsy 9]

Die krag van Bybelbeginsels

Verskeie Bybelbeginsels het al menige dwelmverslaafde gehelp om van hierdie vernietigende gewoonte weg te breek. Van hierdie beginsels is:

“Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees en die gees reinig en heiligheid in die vrees van God tot volmaaktheid bring” (2 Korintiërs 7:1). Dit is strydig met God se wet om dwelms te gebruik.

“Die vrees van Jehovah is die begin van wysheid, en die kennis van die Allerheiligste is verstand” (Spreuke 9:10). Ontsag vir Jehovah wat op juiste kennis van hom en sy weë gegrond is, het baie al gehelp om hulle te bevry van die invloed van dwelms.

“Vertrou op Jehovah met jou hele hart en moenie op jou eie begrip steun nie. Slaan ag op hom in al jou weë, en hy sal jou paaie reguit maak” (Spreuke 3:5, 6). ’n Mens kan verwoestende gewoontes oorkom as jy met jou hele hart op God vertrou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel