Vir ons jongmense
Hoe die mens die Paradys verloor het
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES GENESIS 3:1-24.
Wat dink jy was Eva se eerste reaksie toe die slang met haar begin praat het?
․․․․․
Hoe dink jy het Adam en Eva gevoel, volgens verse 7-10, aangesien hulle opsetlik gesondig het?
․․․․․
Hoe stel jy jou voor is Adam en Eva uit die tuin van Eden gedryf, soos in verse 22-24 beskryf word?
․․․․․
DELF DIEPER.
Watter rol het Eva se oë in haar ondergang gespeel? (Lees weer vers 6.)
․․․․․
Waarom het die vrugte vir Eva “’n lus vir die oë” geword? (Lees weer verse 4 en 5.)
․․․․․
Wat het Adam dalk beweeg om saam met Eva te sondig? (Lees weer vers 6.)
․․․․․
Watter nadelige uitwerking sou sonde in toekomstige geslagte op die verhouding tussen mans en vroue hê? (Lees weer vers 16.)
․․․․․
Hoe was dit duidelik dat die verhouding tussen Adam en Eva gespanne geraak het as gevolg van sonde? (Lees weer vers 12.)
․․․․․
Hoe het Jehovah onmiddellik ’n oplossing vir die probleem gevind sodat sy voorneme verwesenlik sou word? (Lees weer vers 15.)
․․․․․
PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Die gevare van ’n onafhanklike gees.
․․․․․
Hoe die oë verkeerde begeertes kan voed.
․․․․․
Hoe vergeefs dit is om ander vir ons foute te blameer.
․․․․․
WATTER ASPEK VAN HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․