Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 4/1 bl. 15
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Het Jesus werklik bestaan?
    Ontwaak!—2016
  • Die fassinerende kronieke van Josephus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • ’n Boek wat jy kan vertrou—Deel 6
    Ontwaak!—2011
  • Jesus Christus—Getuienis dat hy wel op die aarde was
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 4/1 bl. 15

Het jy geweet?

Watter bewyse is daar buiten dié in die Bybel dat Jesus ’n werklike geskiedkundige persoon was?

▪ ’n Aantal sekulêre skrywers wat na aan die tyd van Jesus geleef het, het hom spesifiek gemeld. Een van hulle was Cornelius Tacitus wat die geskiedenis van Rome onder die keisers opgeteken het. Volgens Tacitus het ’n gerug die rondte gedoen dat keiser Nero verantwoordelik was vir ’n brand wat Rome in 64 HJ verwoes het. Nero, sê Tacitus, het die skuld probeer pak op ’n groep wat deur die mense Christene genoem is. Tacitus skryf: “Christus, van wie hulle naam afgelei is, is gedurende die bewind van Tiberius deur die prokurator Pontius Pilatus tereggestel.”—Annals, XV, 44.

Die Joodse geskiedskrywer Flavius Josefus verwys ook na Jesus. In ’n bespreking van gebeure wat plaasgevind het tussen die dood van Festus, die Romeinse goewerneur van Judea, in ongeveer 62 HJ, en die koms van sy opvolger, Albinus, sê Josefus dat die hoëpriester Ananus (Annas) “die regters van die Sanhedrin byeengeroep het en ’n man voor hulle gebring het met die naam Jakobus, die broer van Jesus wat die Christus genoem is, asook sekere ander”.—Jewish Antiquities, XX, 200 (ix, 1).

Waarom is Jesus die Christus genoem?

▪ Die Evangelieverslae vertel dat die engel Gabriël, toe hy aan Maria verskyn het om aan te kondig dat sy swanger sou word, vir haar gesê het dat sy haar seun Jesus moet noem (Lukas 1:31). In Bybeltye was dit ’n redelik algemene naam onder die Jode. Die Joodse geskiedskrywer Josefus het van 12 mense geskryf, buiten dié wat in die Skrif gemeld word, wat daardie naam gehad het. Maria se seun is “die Nasarener” genoem, wat hom geïdentifiseer het as die Jesus wat van Nasaret gekom het (Markus 10:47). Hy het ook bekend geword as “die Christus”, of Jesus Christus (Matteus 16:16). Wat beteken dit?

Die Afrikaanse woord “Christus” kom van die Griekse Chri·stosʹ, die ekwivalent van die Hebreeuse Ma·sjiʹach (Messias). Albei woorde beteken “Gesalfde”. Hierdie woord is tereg op ander mense voor Jesus toegepas. Daar is byvoorbeeld van Moses, Aäron en koning Dawid gesê dat hulle gesalf is, wat beteken dat hulle in godgegewe posisies van verantwoordelikheid en gesag aangestel is (Levitikus 4:3; 8:12; 2 Samuel 22:51; Hebreërs 11:24-26). Jesus, die voorspelde Messias, was die vernaamste verteenwoordiger van Jehovah. Dit is dus gepas dat Jesus die titel “Christus, die Seun van die lewende God” ontvang het.—Matteus 16:16; Daniël 9:25.

[Prent op bladsy 15]

Kunstenaarsvoorstelling van flavius josefus

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel