Waar is God?
11 September 2001: Om 08:46 tref ’n passasiersvliegtuig die noordelike toring van die World Trade Center in die stad New York—dit is die begin van ’n terreuraanval op verskeie teikens. Gedurende die volgende 102 minute sterf omtrent 3 000 mense.
26 Desember 2004
’n Aardbewing in die Indiese Oseaan wat 9,0 op die Richterskaal registreer, het reusegolwe tot gevolg wat 11 lande tref, insluitende lande van Afrika—sowat 5 000 kilometer daarvandaan. Binne een dag is 150 000 mense dood of vermis, en meer as ’n miljoen is dakloos gelaat.
1 Augustus 2009: ’n Twee-en-veertigjarige man en sy vyfjarige seun ry met ’n waterponie en bots teen ’n houtkaai. Die pa sterf. Sy seun veg om sy lewe maar sterf die volgende dag. “Ons het gehoop dat hy dit sou oorleef en dat daar ’n wonderwerk sal wees”, het ’n ontstelde familielid gesê.
Wanneer jy van terreuraanvalle of natuurrampe lees of ’n persoonlike tragedie ondervind, wonder jy of God sien wat gebeur? Wonder jy of hy ons verlaat het? Die Bybel voorsien ’n vertroostende antwoord, soos ons sal sien.
[Foto-erkennings op bladsy 3]
© Dieter Telemans/Panos Pictures
PRAKASH SINGH/AFP/Getty Images
© Dieter Telemans/Panos Pictures