Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 11/1 bl. 15
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrystede—God se barmhartige voorsiening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Maak jy Jehovah jou toevlug?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Bly in die “vrystad” en lewe!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • ‘Soek toevlug by die naam van Jehovah’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 11/1 bl. 15

Het jy geweet?

Waarna het die apostel Paulus verwys toe hy gesê het dat hy “die brandmerke van ’n slaaf van Jesus” aan sy liggaam dra?—Galasiërs 6:17.

▪ Paulus se woorde kon ’n aantal moontlike betekenisse in die gedagtes van sy eerste-eeuse gehoor laat opkom het. Byvoorbeeld, ’n rooiwarm yster is in die ou tyd gebruik om krygsgevangenes, tempelrowers en voortvlugtige slawe te identifiseer. Wanneer dit so op mense gebruik is, is die brandmerk as oneerbaar beskou.

Maar brandmerke is nie altyd in ’n negatiewe lig beskou nie. Baie eertydse volke het dit gebruik om aan te dui dat iemand aan ’n spesifieke stam of godsdiens behoort. Byvoorbeeld, volgens die Theological Dictionary of the New Testament “het die Siriërs hulle deur tekens wat op die gewrig of nek gebrand is, aan die gode Hadad en Atargatis gewy . . . ’n Aanbidder van Dionisus is met die teken van ’n klimopblaar gebrandmerk.”

Talle hedendaagse kommentators neem aan dat Paulus verwys het na littekens wat hy gedurende verskillende voorvalle van fisiese mishandeling tydens sy Christelike sendingwerk opgedoen het (2 Korintiërs 11:23-27). Maar dalk het Paulus bedoel dat sy lewenswyse—nie enige letterlike merke nie—hom as ’n Christen geïdentifiseer het.

Het die vrystede in eertydse Israel toevlugsoorde vir misdadigers geword?

▪ In die ou heidenwêreld het baie tempels as skuilplekke vir voortvlugtiges of misdadigers gedien. In die Middeleeuse Christendom het kloosters en kerke dieselfde funksie vervul. Die reëls in verband met eertydse Israel se vrystede het egter verseker dat hulle nie toevlugsoorde vir misdadigers word nie.

Volgens die Mosaïese Wet het vrystede net persone beskerm wat iemand onopsetlik doodgemaak het (Deuteronomium 19:4, 5). Hy kon vlug na die naaste vrystad, buite bereik van die slagoffer se naaste manlike bloedverwant, wat andersins die vergote bloed kon wreek. Nadat hy sy saak aan die stad se ouer manne gestel het, is die voortvlugtige geneem om verhoor te word in die stad wat jurisdiksie gehad het oor die plek waar die dood plaasgevind het. Daar het hy die geleentheid gehad om sy onskuld te bewys. Die ouer manne het die verhouding tussen die voortvlugtige en die slagoffer ondersoek om te sien of hy hom gehaat het.—Numeri 35:20-24; Deuteronomium 19:6, 7; Josua 20:4, 5.

As hy onskuldig bevind is, het die voortvlugtige na die vrystad teruggekeer en moes hy in die onmiddellike omgewing daarvan bly. Hierdie stede was nie tronke nie. Die vlugteling het gewerk en was ’n nuttige lid van die gemeenskap. Ná die dood van die hoëpriester kon al die vlugtelinge die vrystede in veiligheid verlaat.—Numeri 35:6, 25-28.

[Kaart op bladsy 15]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

VRYSTEDE

1 KEDES

2 GOLAN

3 RAMOT-GILEAD

4 SIGEM

5 BESER

6 HEBRON

Jordaanrivier

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel