Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 6/1 bl. 12
  • Gaan alle getroue Christene hemel toe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan alle getroue Christene hemel toe?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie gaan hemel toe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Gaan alle goeie mense hemel toe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 6/1 bl. 12

Ons lesers vra . . .

Gaan alle getroue Christene hemel toe?

▪ Baie het al Jesus se vertroostende woorde gelees: “God het die wêreld so liefgehad dat hy sy enigverwekte Seun gegee het, sodat elkeen wat geloof in hom beoefen, nie vernietig sal word nie maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). Het Jesus bedoel dat alle getroue aanbidders van sy Vader, Jehovah God, hemel toe sal gaan om ewige lewe in ware geluk te geniet?

Let op Jesus se gedagteprikkelende woorde: “Geen mens het in die hemel opgevaar nie, behalwe hy wat uit die hemel neergedaal het, die Seun van die mens” (Johannes 3:13). Dit gee te kenne dat getroue aanbidders van die verlede, soos Noag, Abraham, Moses en Dawid, nie hemel toe gegaan het nie (Handelinge 2:34). Waar het hulle almal dan heen gegaan? Kortom: Die getroues van die ou tyd is in die graf, hulle slaap in die dood, hulle is in ’n toestand van onbewustheid en wag op ’n opstanding.—Prediker 9:5, 6; Handelinge 24:15.

Dit was ook Jesus wat die eerste keer in die Bybel verwys het na hemelse lewe ná die dood. Hy het vir sy apostels gesê dat hy vir hulle ’n plek in die hemel gaan berei (Johannes 14:2, 3). Dit was iets nuuts vir God se knegte. Die apostel Paulus het later verduidelik dat Jesus, ná sy dood en opstanding tot hemelse lewe, ‘vir sy dissipels ’n nuwe en lewende weg ingewy’ het—’n weg waarop geen ander mens voorheen gereis het nie.—Hebreërs 10:19, 20.

Beteken dit dat alle getroues van toe af hemel toe sou gaan? Nee, want die opstanding tot hemelse lewe hou ten nouste verband met ’n toewysing wat slegs aan party mense gegee word. Op hulle laaste aand saam, het Jesus vir sy apostels gesê dat hulle in sy hemelse Koninkryk ‘op trone sal sit om te oordeel’. Dit sou dus hulle toewysing wees om saam met Jesus in die hemel te regeer.—Lukas 22:28-30.

Buiten die apostels sou ander mense ook hierdie wonderlike toewysing gegee word. In ’n visioen het die apostel Johannes Jesus saam met ’n groep verresenes in die hemel gesien, en hulle is beskryf as ‘’n koninkryk en priesters om oor die aarde te heers’ (Openbaring 3:21; 5:10). Hoeveel van hulle was daar? Soos met enige regering die geval is, is daar slegs ’n beperkte aantal wat regeer. Dieselfde geld vir hierdie hemelse Koninkryk. Jesus, die Lam van God, regeer saam met 144 000 medeheersers wat “uit die mensdom gekoop” is.—Openbaring 14:1, 4, 5.

Toegegee, 144 000 is ’n klein getal in vergelyking met die aantal getroues van die hede en die verlede. Maar dit is te verstane, want die 144 000 word tot lewe in die hemel opgewek om ’n spesifieke, heilige werkstoewysing uit te voer. As jy ’n huis wou bou, sou jy die werk aan al die gekwalifiseerde bouers in jou gebied gee? Nee. Jy sou net soveel bouers nodig hê as wat die projek vereis. Net so word nie alle getroues deur God gekies vir die unieke voorreg om saam met Christus in die hemel te regeer nie.

Hierdie hemelse regering sal God se oorspronklike voorneme met die mens verwesenlik. Jesus en sy 144 000 medeheersers sal toesig hou oor die werk om die hele aarde te omskep in ’n paradys, waar tallose getroues vir ewig gelukkig sal lewe (Jesaja 45:18; Openbaring 21:3, 4). Dit sal diegene in God se geheue insluit, wat opgewek sal word.—Johannes 5:28, 29.

Elke getroue aanbidder van Jehovah—van die hede of die verlede—kan die wonderlike gawe van die ewige lewe ontvang (Romeine 6:23). ’n Paar sal hemelse lewe ontvang om ’n spesiale toewysing uit te voer, en die oorgrote meerderheid sal lewe op ’n aardse paradys ontvang.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel