Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 11/1 bl. 30-31
  • Uit ’n vuuroond gered!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Uit ’n vuuroond gered!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vernietiging van Sodom en Gomorra
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • ’n Moorddadige komplot boemerang!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus weerstaan versoekings
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hoe die mens die Paradys verloor het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 11/1 bl. 30-31

Vir jongmense

Uit ’n vuuroond gered!

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.

Hoofkarakters: Sadrag, Mesag, Abednego en Nebukadnesar

Opsomming: Die geloof van drie jong Hebreërs word op die proef gestel.

1 ONTLEED DIE TONEEL.—LEES DANIËL 3:1-30.

Beskryf die geluide wat jy “gehoor” het toe jy verse 3-7 gelees het.

․․․․․

Beskryf hoe jy dink die vuuroond gelyk het.

․․․․․

Watter emosies kan jy in Nebukadnesar se stem hoor toe hy beveel dat die vuuroond sewe keer warmer gemaak moet word as gewoonlik? (Lees weer verse 19 en 20.)

․․․․․

Beskryf hoe jy dink die vierde man in die vuuroond gelyk het. (Lees weer verse 24 en 25.)

․․․․․

Watter eienskappe sien jy in Sadrag, Mesag en Abednego toe hulle Nebukadnesar in verse 16-18 antwoord?

․․․․․

2 DELF DIEPER.

Gebruik die navorsingshulpe wat tot jou beskikking is om uit te vind hoe lank ’n el is, en werk dan uit hoe groot die beeld was wat Nebukadnesar laat maak het. (Lees weer vers 1.)

․․․․․

Watter soort persoon dink jy was Nebukadnesar wanneer jy verse 19 en 20 met verse 28 en 29 vergelyk?

․․․․․

3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . . 

Die betoning van respek teenoor diegene in gesagsposisies.

․․․․․

Die belangrikheid daarvan om op te kom vir wat jy glo.

․․․․․

Jehovah se steun wanneer jy beproef word.

․․․․․

VIR VERDERE TOEPASSING.

Onder watter omstandighede sal jou geloof waarskynlik getoets word?

․․․․․

Hoe sal die verslag van Sadrag, Mesag en Abednego jou help om getrou te bly?

․․․․․

4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

․․․․․

As jy nie ’n Bybel het nie, kan jy Jehovah se Getuies vir een vra of dit aanlyn lees by www.watchtower.org

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel