Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w13 6/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware vrede—Uit watter bron?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Wie sal die mensdom na vrede lei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Goddelike vrede vir die wat deur Jehovah geleer word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
w13 6/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Waarom is dit so moeilik om wêreldvrede tot stand te bring?

Slegs ’n regering wat mense se hart kan verander, sal wêreldvrede tot stand bring

Die Bybel gee twee hoofredes. Eerstens, hoewel die mens al wonderlike dinge bereik het, is hy nie geskep met die vermoë om sy eie voetstappe te rig nie. Tweedens, mensepogings misluk, want “die hele wêreld lê in die mag van die bose”, Satan die Duiwel. Daarom kon die mens nie daarin slaag om wêreldvrede tot stand te bring nie.—Lees Jeremia 10:23; 1 Johannes 5:19.

Die mens se eiebelang en ambisie het dit ook moeilik gemaak om wêreldvrede tot stand te bring. Slegs ’n wêreldregering wat mense kan leer om lief te wees vir wat reg is en om vir mekaar om te gee, sal wêreldvrede ’n werklikheid laat word.—Lees Jesaja 32:17; 48:18, 22.

Wie sal vrede op die aarde tot stand bring?

God die Almagtige het belowe om een regering daar te stel wat oor die hele mensdom heers. Dit sal menseregerings vervang (Daniël 2:44). God se Seun, Jesus, sal as die Vredevors regeer. Hy sal boosheid van die hele aarde af verwyder en mense die weg van vrede leer.—Lees Jesaja 9:6, 7; 11:4, 9. 

Onder Jesus se leiding gebruik miljoene regoor die wêreld reeds God se Woord, die Bybel, om mense te leer hoe om in vrede met ander te lewe. Wêreldvrede sal binnekort ’n werklikheid wees.—Lees Jesaja 2:3, 4; 54:13.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 3 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel