Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 10/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Gevangenes van armoede
    Ontwaak!—1998
  • Pogings om armoede te beëindig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Die einde van armoede kom nader
    Ontwaak!—1998
  • Goeie nuus vir die armes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 10/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

’n Wêreld sonder armoede—Is dit moontlik?

’n Vrou hou ’n leë bakkie vas en sit haar arm om ’n dogtertjie

Hoe sal god ’n wêreld sonder armoede tot stand bring?​—Matteus 6:9, 10.

Volslae armoede eis elke jaar miljoene lewens as gevolg van die wanvoeding en siekte wat dit meebring. Hoewel party dele van die wêreld welvarend is, lewe ’n groot deel van die mensdom nog steeds in volslae armoede. Die Bybel toon dat armoede ’n voortdurende probleem onder die mensdom is.—Lees Johannes 12:8.

Om armoede tot ’n einde te bring, het ons ’n wêreldregering nodig. So ’n regering sal die mag moet hê om die aarde se hulpbronne regverdig te verdeel en om ’n einde te maak aan oorloë, wat ’n vername oorsaak van armoede is. God het so ’n wêreldregering belowe.—Lees Daniël 2:44.

Wie kan armoede uit die weg ruim?

God het sy Seun, Jesus, aangestel om oor die hele mensdom te regeer (Psalm 2:4-8). Jesus sal die armes red en ’n einde aan onderdrukking en geweld maak.—Lees Psalm 72:8, 12-14.

As die voorspelde “Vredevors”, sal Jesus wêreldwye vrede en veiligheid tot stand bring. Dan sal almal op die aarde in hulle eie huis woon, bevredigende werk geniet en oorgenoeg hê om te eet.—Lees Jesaja 9:6, 7; 65:21-23.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 8 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar by www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel