Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp17 nr. 4 bl. 16
  • Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die Bybel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan die Bybel jou help om stres te hanteer?
  • Sal stres ooit iets van die verlede wees?
  • Werp al julle bekommernis op Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Werp al julle sorge op Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Angstigheid
    Ontwaak!—2016
  • Mans wat angstig is – Hoe die Bybel kan help
    Nog onderwerpe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
wp17 nr. 4 bl. 16
’n Gesin in die Paradys

Onder God se Koninkryk sal mense “hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede”.—Psalm 37:11

Wat sê die Bybel?

Kan die Bybel jou help om stres te hanteer?

Wat sou jy sê?

  • Ja

  • Nee

  • Miskien

Wat die Bybel sê

‘Werp al julle sorge op [God], want hy sorg vir julle’ (1 Petrus 5:7). Die Bybel verseker jou daarvan dat God jou kan help om minder stres te hê.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

  • Wanneer jy bid, kan jy “die vrede van God” verkry wat jou stres sal verminder. —Filippense 4:6, 7.

  • Wanneer jy God se Woord lees, kan dit jou ook help om stres beter te hanteer. —Matteus 11:28-30.

Sal stres ooit iets van die verlede wees?

Party glo . . . dat stres en bekommernisse deel van die lewe is. Ander glo weer dat dit eers sal verdwyn in die lewe ná die dood. Wat dink jy?

Wat die Bybel sê

God sal die oorsake van stres wegvat. “Die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:4.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

  • Onder God se Koninkryk sal daar kalm en vreedsame toestande wees.—Jesaja 32:18.

  • Ons sal nie meer stres of aan die slegte dinge van voorheen dink nie.—Jesaja 65:17.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 3 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar op www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel