Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w18 Desember bl. 9
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Soortgelyke materiaal
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Jehovah is bedagsaam
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • ”Ek het hom van aangesig tot aangesig teëgestaan”
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Wees wys wanneer jy jou huweliksmaat kies
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
w18 Desember bl. 9

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring goed deurgelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Watter skriftuurlike bewyse is daar dat God meegevoel met ons het?

Toe die eertydse Israeliete slawe in Egipte was, was God bewus van hulle benoudheid en het hy hulle pyn gevoel (Eks. 3:7; Jes. 63:9). Ons is na God se beeld gemaak, en ons kan meegevoel met ander hê. Hy het meegevoel met ons, al voel ons dalk dat ons nie sy liefde verdien nie. — wp18.3, bl. 8-9.

Hoe het Jesus se leringe mense gehelp om vooroordeel te oorkom?

Baie Jode in Jesus se tyd het mense met vooroordeel behandel. Christus het beklemtoon hoe belangrik dit is om nederig te wees en het gesê dat rassetrots verkeerd is. Hy het sy volgelinge aangespoor om mekaar as broers en susters te beskou. — w18.06, bl. 9-10.

Wat leer ons uit die feit dat God Moses nie toegelaat het om die Beloofde Land binne te gaan nie?

Moses het ’n sterk verhouding met Jehovah gehad (Deut. 34:10). Toe die Israeliete se 40 jaar lange reis deur die wildernis amper verby was, het hulle weer gekla omdat daar nie genoeg water was nie. God het vir Moses gesê om met die rots te praat. Maar Moses het eerder die rots geslaan. Jehovah was dalk kwaad omdat Moses nie Sy instruksies gevolg het nie of omdat Moses nie vir God die heerlikheid vir die wonderwerk gegee het nie (Num. 20:6-12). Dit leer ons hoe belangrik dit is om gehoorsaam aan Jehovah te wees en om die heerlikheid aan hom te gee. — w18.07, bl. 13-14.

Hoe kan ons maklik ’n fout maak as ons mense oordeel volgens wat ons sien?

Baie mense word op die volgende drie gebiede beïnvloed deur wat hulle sien: ras of etniese groep, rykdom en ouderdom. Dit is belangrik dat ons probeer om ander deur God se onpartydige oë te sien! (Hand. 10:34, 35). — w18.08, bl. 8-12.

Wat is party van die maniere waarop ouer Christene ander kan help?

’n Ouer Christen wat ’n ander toewysing gekry het, is nog steeds kosbaar vir Jehovah en kan baie doen om ander te help. Hy kan dalk ongelowige huweliksmaats van mede-Christene help, dié help wat onaktief geraak het, Bybelstudies hou en meer in sy bediening doen. — w18.09, bl. 8-11.

Watter items het Christene in hulle Gereedskapskissie vir Onderrigting?

Daar is kontakkaartjies, uitnodigings, agt pamflette wat goed ontwerp is, sowel as die tydskrifte: Die Wagtoring en Ontwaak! Die gereedskapskissie bevat ook ’n paar brosjures, twee boeke om te studeer en vier video’s, insluitende Waarom moet jy die Bybel studeer? — w18.10, bl. 16.

Hoe kan ’n Christen ‘waarheid koop’, soos Spreuke 23:23 ons aanspoor om te doen?

Ons koop nie waarheid met geld nie. Maar ons moet tyd spandeer en moeite doen om dit te verkry. — w18.11, bl. 4.

Wat kan ons leer uit hoe Hosea sy vrou Gomer behandel het?

Gomer het meer as een keer egbreuk gepleeg, maar Hosea het haar vergewe en nie van haar geskei nie. As ’n Christen se maat seksuele sonde gepleeg het, kan die onskuldige maat sy of haar maat vergewe. Wanneer hy of sy weer seksuele omgang met die skuldige maat het, sal daar nie meer ’n skriftuurlike grondslag vir egskeiding wees nie. — w18.12, bl. 13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel