Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp19 nr. 2 bl. 8-9
  • Wanneer ’n huweliksmaat ontrou is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ’n huweliksmaat ontrou is
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BYBELVERSE WAT KAN HELP
  • Bied terugslae die hoof deur doelwitte te stel
    Ontwaak!—2001
  • Vertroosting in moeilike tye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Is versoening moontlik?
    Ontwaak!—1999
  • Ek het die regte loopbaan gekies
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
wp19 nr. 2 bl. 8-9
’n Vrou bid

Wanneer ’n huweliksmaat ontrou is

“Ek wou sterf toe my man vir my sê dat hy my los vir ’n jonger vrou. Dit het so onregverdig gevoel, veral toe ek gedink het aan die opofferings wat ek vir hom gemaak het.” – Maria, Spanje.

“Toe my vrou my skielik verlaat het, het dit gevoel asof iets binne-in my gesterf het. Ons drome, ons verwagtinge en ons planne was skielik weg. Party dae het ek gedink dat ek besig is om daaroor te kom, maar soms het ek kort daarna weer heeltemal moedeloos gevoel.” – Bill, Spanje.

ONTROUHEID in die huwelik kan ’n mens verpletter. Dit is wel vir party huweliksmaats moontlik om ’n berouvolle maat te vergewe en hulle verhouding weer te versterk.a Maar ongeag of die huwelik voortgaan of beëindig word, dié wat uitvind dat hulle huweliksmaat ontrou was, ondervind altyd intense pyn. Hoe kan hulle hierdie emosionele pyn verwerk?

BYBELVERSE WAT KAN HELP

Al is dit vir die onskuldige huweliksmaat moeilik om die hartseer te verwerk, het baie al vertroosting in die Bybel gevind. Hulle het geleer dat God hulle trane sien en hulle pyn voel. – Maleagi 2:13-16.

“Toe my verontrustende gedagtes binne-in my baie geword het, het u vertroostinge my siel begin streel.” – Psalm 94:19.

“Terwyl ek hierdie vers gelees het, het ek my voorgestel hoe Jehovah my pyn saggies wegstreel, soos ’n liefdevolle pa”, sê Bill.

“Met iemand wat lojaal is, sal u lojaal handel.” – Psalm 18:25.

“My man was nie lojaal nie”, vertel Carmen, wie se man maande lank ontrou was. “Maar ek het geweet dat Jehovah altyd lojaal sal wees. Hy sal my nooit in die steek laat nie.”

“Moet julle oor niks kwel nie, maar laat julle versoeke in alles deur gebed en smeking . . . by God bekend word; en die vrede van God wat alle denke te bowe gaan, sal julle harte . . . bewaak.” – Filippense 4:6, 7.

“Ek het hierdie vers oor en oor gelees”, sê Sasha. “Ek het al hoe meer gebid, en God het my vrede gegee.”

Almal wat hierbo aangehaal word, wou soms moed opgee. Maar hulle het op Jehovah God vertrou en toegelaat dat sy Woord hulle versterk. Bill sê: “My geloof het my lewe betekenisvol gemaak toe dit gevoel het asof my wêreld uitmekaargeval het. Al was ek ’n tyd lank ‘in die vallei van diep skaduwee’, was God met my.” – Psalm 23:4.

a Vir ’n bespreking oor vergifnis wanneer ’n huweliksmaat ontrou is, sien die reeks “Wanneer ’n huweliksmaat ontrou is”, in die Ontwaak! van 22 April 1999.

Wat party gehelp het

Dink na oor vertroostende Bybeltekste.

“Ek het die boek Job en toe die Psalms gelees en elke gedeelte onderstreep wat ek gedink het by my situasie pas”, sê Bill. “Ek het besef dat hierdie Bybelskrywers die pyn en angstigheid ondervind het wat ek ondervind.”

Vind vertroosting in musiek.

“Wanneer ek saans nie kon slaap nie, het ek na musiek geluister”, vertel Carmen. “Dit het my baie vertroos.” Daniel sê: “Ek het kitaar leer speel en gevind dat die musiek my gehelp het om innerlike vrede te hê.”

Praat oor jou gevoelens.

“Ek was nie daaraan gewoond om oor my gevoelens te praat nie”, sê Daniel. “Maar ek het ’n paar goeie vriende gehad, en ek het elke dag met hulle gekommunikeer. Ek het aan hulle geskryf oor hoe ek voel, en ek het ook persoonlik met hulle gepraat. Dit het my baie gehelp.” Sasha sê: “Die hulp wat ek van my familie ontvang het, was verskriklik belangrik. My ma was altyd daar vir my. Wanneer ek wou praat, het sy na my geluister. My pa het my ook geliefd en veilig laat voel, en hy het my gehelp om teen my eie pas te herstel.”

Volhard in gebed.

“Ek het heeltyd gebid”, sê Carmen. “Ek het gevoel dat God na aan my is, na my luister en my help. Gedurende hierdie verskriklike tyd het ek nader aan God gekom.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel