Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/85 bl. 1-3
  • Die seëninge van Jehovah se diens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die seëninge van Jehovah se diens
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SEËNINGE
  • PERSOONLIKE DOELWITTE
  • Toon waardering vir die pionierdiens
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Sal jy in April as ’n hulppionier dien?
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 2/85 bl. 1-3

Die seëninge van Jehovah se diens

1 “Kyk! hoe goed en hoe aangenaam is dit as broers in eenheid saamwoon!” (Ps. 133:1, NW). Is dit nie hoe diegene voel wat Jehovah se organisasie en die bedrywighede daarvan getrou ondersteun nie? Daar is talle redes om aan hierdie woorde van die psalmis uiting te gee. Kom ons hersien ’n paar.

SEËNINGE

2 Die “Koninkryksvermeerdering”-Streekbyeenkomsprogram het ons waardering vergroot vir die voorreg wat ons geniet om gedurende hierdie tyd van Koninkryksvermeerdering te lewe. Dit is duidelik dat Jehovah nou ’n groot werk gedoen kry, en ons is aangemoedig om ’n volle aandeel daaraan te hê (Neh. 6:16). Dit is nou die tyd om al die goeie voorstelle rakende ons Christelike leefwyse en aktiwiteite toe te pas. Dit sal ons versterk vir die moeilike tye wat voorlê.

3 Velddiensrapporte toon ook dat daar ’n groter toename is onder diegene wat aan die Koninkrykspredikingswerk deelneem as onder mense wat gedoop word. Dit dui blykbaar daarop dat talle weer bedrywig geword het, en dat ander die noodsaaklikheid daarvan besef het om gereelder aan die velddiens deel te neem. Weet jy van ander wat ook nog aangemoedig kan word om ’n groter aandeel te hê? Kan jy help? Dan stel ons voor dat jy dit met jou boekstudiehouer of ’n ander ouere man bespreek.

PERSOONLIKE DOELWITTE

4 Jehovah bespoedig dinge tot ’n klimaks voordat die groot verdrukking uitbreek. Dit gee dringendheid aan ons werk, en die weg wat vir ons afgebaken is, is duidelik. Sou dit nie goed wees as ons in die lig hiervan ons eie situasie ondersoek en sinvolle persoonlike doelwitte vir komende maande stel nie? Baie het dit nuttig gevind omdat dit hulle help om hulle aandag gevestig te hou op die dinge wat hulle graag wil doen.

5 Die Gedenkmaal van ons Here se dood is nou oor minder as twee maande. Kan jy reël dat jy gedurende Maart of April of albei maande hulppionierdiens doen? Hoe bemoedigend was dit verlede jaar toe 1 273 in Maart en 4 934 in April dit in Suid-Afrika gedoen het! Kom gerus as ’n gesin bymekaar en bespreek biddend watter reëlings getref kan word sodat soveel moontlik weer hierdie wonderlike diensvoorreg gedurende daardie twee maande kan smaak. Die hele gesin sal miskien nie aan die pionierdiens kan deelneem nie, maar as almal saamwerk, sal dit vir party in die gesin moontlik wees. Die hele gesin sal dus voel dat hulle ’n “lofoffer” aan Jehovah God bring (Hebr. 13:15; Ps. 44:9). Jehovah seën inspanning! Een van die grootste seëninge wat ons sal geniet as ons ‘volop saai’, sal ’n daadwerklike deelname aan die insameling van opregte persone gedurende hierdie tyd van die einde wees (2 Kor. 9:6; Matt. 9:37). Dit sal aanleiding gee tot ’n ander verdienstelike doel: om ’n nuwe Bybelstudie te begin!

6 Hou jy ’n Bybelstudie buiten jou gesinstudie? Bid daaroor en beywer jou daarvoor, en spits jou veral toe op intekenaars of persone wat andersins belangstelling getoon het. Rig hierdie nuwe belangstellendes dadelik na Jehovah se organisasie wanneer jy ’n Bybelstudie begin. Daar is ’n paar baie goeie wenke hieroor in die Ons bediening-boek, bladsye 91 en 92.

7 Het jy ’n goeie rooster vir persoonlike studie? Dit is noodsaaklik ten einde Satan se aanslae om ons geloof te vernietig te weerstaan. Party vind dat dit help as hulle vroeg in die oggend opstaan en lees terwyl dit stil en hulle wawyd wakker is. Ander het sekere aande gedurende die week vir studie opsygesit. Wat jou rooster ook al is, moenie dat ander belange of bedrywighede daarop inbreuk maak.

8 Dit sal opoffering verg as jy die doelwitte wil bereik wat jy vir jouself gestel het, maar as ons in ag neem dat die dinge van hierdie wêreld ‘verbygaan’, moet teokratiese sake die voorkeur in ons lewens geniet (1 Joh. 2:17). “Laat ons in elk geval, in die mate waarin ons vordering gemaak het, voortgaan om in dieselfde roetine ordelik te wandel.” ​—Filip. 3:16, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel